Op soek na spreader

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Op soek na spreader

Post by dehacked »

Goeie dag manne.

'n Vriend van my het onlangs plaas gekoop. Hy het nou brand paaie oral om die plaas geskraap. Hy wil nou een of ander korrels op die grond gooi om te verhoed dat bosse weer in die paaie groei. Hy is op soek na 'n tipe spreader wat op of agter 'n bakkie kan gaan om die korrels te sprei. Kan enige iemand my in die regte rigting wys asseblief.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Op soek na spreader

Post by Johnnie De Wet »

Hoekom nie n gifspuit?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Op soek na spreader

Post by Capt. Yoda »

Het hy klaar die korrels? Hulle word gewoonlik maar met n vliegtuig gegooi om n groot area te dek as jy met lelike bos sukkel. Maklikste sal wees om n firefighter te vat en iets soos Bayer se brush killer of Roundup te spuit

As hy regtig korrels wil gooi kan hy maar vir Sipho een van daai kunsmis trollies by n hardware plek kry en hom op en af laai stap
http://ww2.justanswer.com/uploads/MsAM/2011-12-15_042637_spreader1.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Op soek na spreader

Post by jamalley »

Ek het een gebou met 'n 1400 Nissan se diff wat ek omgedraai het en waaarmee ek kunsmis gegooi het - die ding staan nou by 'n pel en dit werk soos 'n bom.

A framevoor aan die diff, waarvan die propshaft gedeelte na bo wys, gesweis, kunsmis bak gebuig en met arms bo-op diff vasgesweis (op die propshaft kant) 'n ronde plaat met 'n strooi plaat aan die propshaft kant vasgeboud en 'n gaatjie in die bak wat kan verstel en waar die kunsmis uit die bak op die strooiplaat val, sodra jy beweeg versprei dit die korrels - onthou om 'n off-centre stukkie kabel deur 'n gaatjie in die kunsmisbak na bo op te sit (ongeveer 20cm lank met 'n gewig bo, werk as roerder om die kunsmis/korrels te roer.

Hy kan gaan kyk op die webblad van Landbou weekblad onder Boer maak 'n plan", as ek reg onthou het ek dit daar opgespoor - hy kan dieselfde manier gebruik om ook 'n snyer te maak wat jy agter jou bakkie sleep om die middelman van die plaas paaie skoon te hou.
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Re: Op soek na spreader

Post by muismaree »

http://www.stocks-ag.co.uk/fanjet.html
Ons gebruik so spreadertjie op ons spuit om lokaas vir springhaasrotte te strooi. Ons saai ook gras met hom. Jy kan sy spoed en hoek stel uit die cab uit. Jou vriend wat die grond het weet seker dat die bushwacker korrels wat hy wil strooi moerse gekonsentreerd is. Die aanbeveelde dosis vir doringbome is 5kg/ha, wat bitter min is. 'n Teelepel vol maak 'n katbos dood, daar groei vir 3 jaar nie weer iets nie.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Op soek na spreader

Post by dehacked »

Muis. Ek dink dit is die ding waarna hy opsoek is. Kry mens hulle in SA of moet jy invoer?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Re: Op soek na spreader

Post by muismaree »

http://www.terrapro.co.za
Dit is die maatskappy wat die goed invoer. Ek kan nie nou onthou waar hulle is nie, dink in die kaap. Hoop jou vriend kom reg!
Post Reply