Beginner met jaghonde soek raad

Post Reply
User avatar
TINK
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Thu Aug 18, 2011 5:30 pm

Beginner met jaghonde soek raad

Post by TINK »

Het 2 Blue Ticks aangeskaf- so 8 weke oud. Kry oor n maand of twee 4 Boerwindhondjies by. Ek moet als van  a-z leer oor jag en spoorhonde. Wil graag meer weet oor wat/hoeveel julle voer, hoeveel honde per pak, ideale pakgrote/samestelling, grote van hondehokke, parasiet beheer, skok halsbande wat regtig werk en waar koop julle, gps opsporings, opleiding van die hanteerder. Deel met my julle slim idees en praktiese ervarings en sit sommer fotos op.
FJS

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by FJS »

Jou grootste uitdaging gaan wees die opleiding van die honde, om jong honde te leer saam met opgeleide honde is makliker. Kry vir jou twee reeds opgeleide honde en gebruik hul om jou jong honde te leer.
User avatar
Turfjakkals
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by Turfjakkals »

Hallo Tink
Jy se nie wat jy beoog om met jou honde te jag nie en of jy net op een plaas wil jag of beplan om uit te jag nie aangesien dit n groot verskil maak tov die samestelling van n pak
My jakkals pak waarmee ek op n gereelde basis uitjag is as volg saamgestel:
2 x koue neus spoorhonde
4 x meduim neus spoorhonde
4 x Windhond/spoorhond kruise
2 x windhonde (vir voorsit jagte)
2 x gat brakke
Die beste skok halsbande wat ek al gebruik het word deur tritronics en sportdog vervaardig
GPS opsporings halsbande werk goed vir voel en bosvark jagters maar vir jakkalsjag sal ek eerder die analoog tiepe aanbeveel. Kyk na die meer bekendes wat deur Trackerradio ,Marshallradio of Wildlife Materials gemaak word
Vir die beginner is dit n lang en moeilike pad maar as jy vasbyt en nie langs die pad met sy baie frustasies en slaggate tou opgooi nie wag daar groot gevoel van satisfaksie en genoegdoening voor wat min mense in ons land die voorreg het om te smaak
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by Jassie »

Turfie

Vertel ons bietjie meer hoe die storie met die honde werk - wat is jou metode en wanneer doen jy wat?

Ek sal ook graag oor die voorbereiding en die verloop van die jag wil hoor asb?

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by PWV »

Turfjakkals
Ek wil ook vra dat jy, interessantheidsonthalwe, vertel van jou jagstorie met honde.
Lyk my dit sit nie in elke ou se broek nie!
Groetnis.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by James Wilson »

Turfjak, ekweet jy het 100 jakke in die eerste 7 maande van die jaar net op 1 plaas gedood, wat ek egter nuuskierig oor is die verhouding tuseen die getal wat met die honde gevang is en die wat jy met die 308 geskiet het?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Turfjakkals
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by Turfjakkals »

Die persentasie is so 60% 308 en 40% honde
Die gemiddelde afstand waarop ek die jakkies skiet is so 87 tree
Die gemiddelde afstand wat ek die jakkalse met die honde jaag is so 5km maar het al van hulle gekry wat lus is vir hol en het die honde hom net duskant die 14km gejaag voor hy n gat gesoek het
Vir kort tydjies van die jaar as die lande oop is gebruik ek windhonde.
Ek probeer soveel moontlik my jagmetodes en tye wissel. Die beste en suksesvolste manier is voorsit jagte maar leen die terrein by ons hom nie daartoe nie . Ek gebruik gewoonlik een of twee geleerde spoorhonde wat net jakkals spore vat om voor die bakkie te draf. As hulle n vars jakkals spoor optel en hom begin hardloop voer ek die jonger spoories en halfkruise. In die meeste gevalle duik hy vir n gat as die honde hom hard begin druk. Ek volg hulle met die tracking collars tot by die gat en dan moet die gatbrakke hulle kant bring. Die tipe jag is nie net tot die dag beperk nie en het ek al redelike sukses in die aand gehad veral van n beeskarkas af. Die jakkies hou nie daarvan om ver te hardloop met n vol gevrete pens nie en soek gouer n gat
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by James Wilson »

Turf, hoeveel jaar is jy al met die honde doenig?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Turfjakkals
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Wed Aug 14, 2013 1:18 pm

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by Turfjakkals »

More James
Ek jag al van kleintyd af met honde maar was redelik onsuksesvol tot ek op 12 jarige ouderdom my eerste opregte boerwindhond kon koop . Ek het eers heelwat later (26jaar gelede) met spoorhonde in die Waterberge begin jag. Ek het vir die 13jaar wat ek daar woonagtig was my meer toegespits op die jag van bosvarke en probleem luiperds . Ek het later op aanvraag van verskeie safari ondernemings luiperds gejag vir buitelandse trofee jagters en was bevoorreg om nie net in SA te jag nnie maar het ook in ander lande soos Namibie ,Botswana en Mosambiek n draai gemaak. Buiten n paar gekweste luiperds wat ek vankant moes maak het ek nog nooit vir myself n luiperd geskiet nie. Ek het daarna Vrystaat toe verhuis en moes toe noodgedwonge vinniger spoorhonde begin teel aangesien my Bluetick,s nie idiaal geskik was vir jakkalsjag nie .
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by Stefan764 »

Baie interessant!

Welkom oom Jakkals, mag jy die forum geniet en mag ons lekker by jou leer.

Wes Transvaal groete,
Stefan
User avatar
TINK
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Thu Aug 18, 2011 5:30 pm

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by TINK »

My hondepak werk nou al baie lekker. Ek dink egter hulle verdryf meer ongediertes as om te vang. Ek het 5windhonde (2tewe), 4 spoorhonde en twee gathonde. Ek sien man moet maar altyd 1/2 honde in opleiding hê, dis 'n harde lewe en ek verloor maar jaarliks 'n hond of wat. Ek gebruik shock collar (6band), maar mens moet dit nie baie gebruik nie- dan raak die honde sku. Die laaste paar maande was baie droog en dan sukkel die honde om spoor te vat. Hulle moet amper op die ongedierte afloop! Ek vind dat met nagskiet (wanneer daar vangste is) en Jagpakke wat mekaar aanvul, die ongediertes redelik in bedwang bly. Ek begin nou my nagskiet toerusting in orde kry, maar wat 'n mision! Het al goeie ligte en geweer. Soek nou stoel en roeper. Sover het die rooikat baie slae geky, die jakkals is redelik stil, maar ek wil reg wees.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by 222 Sako »

Tink kan jy foto's van jou windhonde opsit en waar kom hulle vandaan?
Ek het self een van my beter honde gister verloor. Dit bly maar baie sleg.

Groete Eddie
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Beginner met jaghonde soek raad

Post by JK »

FJS wrote:Jou grootste uitdaging gaan wees die opleiding van die honde, om jong honde te leer saam met opgeleide honde is makliker. Kry vir jou twee reeds opgeleide honde en gebruik hul om jou jong honde te leer.
Is jy fiks genoeg om agter hulle aan te hardloop :laugh:
Post Reply