Weerlig beskerming vir dompel pomp
- Willie
- Sr. Member

- Posts: 460
- Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Weerlig beskerming vir dompel pomp
Wat kan julle voor stel vir fase en weerlig beskerming vir 'n 3 fase dompel pomp ?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp
Sal ook graag wil weet. Het laasjaar weer 'n 5,5kW motor verloor, a.g.v. weerlig, wat die F-kom 11kV lyn getref het. Die dompelpomp was afgeskakel, met "lightning arrestors" voor en na die skakeltuig. Daar was ook ander beskerming (spanning, fasehoek, ens.) op die toevoer...
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp
Ek dink nie daar is veel meer wat mens kan doen as wat jy hierbo gedoen het nie. Ek dink nie daar is regtig iets wat weerligskade kan keer nie. Al wat hierdie produkte (hierbo genoem) doen is om die bewyslas aan die versekering te lewer dat jy voorsorg geneem het en dus jou versekeringseis sal uitbetaal. As jy nie versekereing uitgeneem het nie, is die 'Wet van Transvaal' jou voorland. Dieselfde waar jy skade kan kry (3 fase) wanneer Eskom te min krag lewer en jou pomp skade kry of wanneer 'n fase onklaar raak. Hierdie skoolgeld het ek al betaal.338LM wrote:Sal ook graag wil weet. Het laasjaar weer 'n 5,5kW motor verloor, a.g.v. weerlig, wat die F-kom 11kV lyn getref het. Die dompelpomp was afgeskakel, met "lightning arrestors" voor en na die skakeltuig. Daar was ook ander beskerming (spanning, fasehoek, ens.) op die toevoer...
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp
Ek het altyd net die coil van die contacter, wat van die floatswitch afkom verloor, maar deesdae kry jy nie meer net die coil nie, jy moet die contacter vervang, Toe maar n toring langs die tenk geplant wat dat die die weerlig opvang , sover werk dit. Ek het n overload plus n phase angle wat keer dat die pomp brand as die krag of n fase awol.
Daai arrestoers sit nog net so van dag een!.
Daai arrestoers sit nog net so van dag een!.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp
Enkelfase-beskerming en lae- en hoëspanningsbeskerming is beskikbaar. Maar dit oorleef ook nie altyd die weerlig nie.Johan Nel wrote:Ek dink nie daar is veel meer wat mens kan doen as wat jy hierbo gedoen het nie. Ek dink nie daar is regtig iets wat weerligskade kan keer nie. Al wat hierdie produkte (hierbo genoem) doen is om die bewyslas aan die versekering te lewer dat jy voorsorg geneem het en dus jou versekeringseis sal uitbetaal. As jy nie versekereing uitgeneem het nie, is die 'Wet van Transvaal' jou voorland. Dieselfde waar jy skade kan kry (3 fase) wanneer Eskom te min krag lewer en jou pomp skade kry of wanneer 'n fase onklaar raak. Hierdie skoolgeld het ek al betaal.338LM wrote:Sal ook graag wil weet. Het laasjaar weer 'n 5,5kW motor verloor, a.g.v. weerlig, wat die F-kom 11kV lyn getref het. Die dompelpomp was afgeskakel, met "lightning arrestors" voor en na die skakeltuig. Daar was ook ander beskerming (spanning, fasehoek, ens.) op die toevoer...
'n Direkte treffer op die pomp is nog hanteerbaar. Goeie aardkonneksies ens help nogal baie. Ek ook sit altyd 'n koper-aardkabel in die gat af, tot by die pomp, as die pomp met 'n HDPE-pyp toegerus is. Maar 'n weerlig op die F-kom lyn, anderkant die transformator, is heeltemal buite my beheer...
Wat ek al gesien het, is dat mense 'n 3-fase "sweismasjien prop" op die kabel van die skakeltuig, na die boorgat sit. Dan moet jy net onthou, om die ding uit te prop, VOOR die storm opsteek. En dis waar die probleem gewoonlik weer kop uitsteek. Daai eerste, (onverwagte), middernagtelike storm na die winter...
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp
Daars n produk op die mark, DeHngaurd, jy kan klas 1 en klas 2 koop. Klas 1 is DeHnventill, gaan jou so R15k uit die sak jaag, dit kan die primere spanning van die straal hanteer, dan het jy klas 2 nodig stroom af om die sekondere spanning te keer, hy sal in jou boorgat se DB moet wees, jy sal ook n aard ring met n aard pen kort om die stroom aarde toe te force, weerlig beveiling sonder behoorlike beaarding beteken niks.
Vir die fase drop en swak spanning wat eskom gee (quality of supply) kan jy n over under voltage relay koop asook n phase monitor relay koop, sodra daar n fase drop dan maak die relay oop en beskerm jou pomp, kompressors van yskaste en koelkamera ook. Die over under relay kan jy stel van 5volt tot 25volt, as die spanning 5v onder jou supply (deesdae 400volt, ou transformers 380v) van 400vollt drop, soos byvoorbeeld 394volt sal die relay afsit en jou pomp is beskerm.
Deesdae kan jy n inprop unit koop by Builders wat jy in die muur prop en jou yskas in hom inprop.
Vir die fase drop en swak spanning wat eskom gee (quality of supply) kan jy n over under voltage relay koop asook n phase monitor relay koop, sodra daar n fase drop dan maak die relay oop en beskerm jou pomp, kompressors van yskaste en koelkamera ook. Die over under relay kan jy stel van 5volt tot 25volt, as die spanning 5v onder jou supply (deesdae 400volt, ou transformers 380v) van 400vollt drop, soos byvoorbeeld 394volt sal die relay afsit en jou pomp is beskerm.
Deesdae kan jy n inprop unit koop by Builders wat jy in die muur prop en jou yskas in hom inprop.
-
JohanM
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Wed Aug 28, 2013 7:37 am
Re: Weerlig beskerming vir dompel pomp
'n Goeie aard pen is al 'n begin soos Hugo verduidelik. Ons sit gewoonlik ordentlike surge protection in ons panels en dit help darm die meeste van die tyd, maar soos my een dosent eens gesê het, as 'n weerlig straal paar km kan spring, wat gaan jou 5cm plastiek ding in 'n panel help. Ek dink die grootse probleem kom in as hy die F-kom lyn self raak slaan. Daar is soms ook maar die bad luck faktor, goeie earth design en als en ons het 'n incomer op ons panel verloor met 'n surge rating van 600 000A...

