Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Jis manne
Ek soek so min of meer 'n indikasie waarmee ek met die 100gr sierra matchkings kan begin.
Die volgende werk klaar heel goed.
85gr Nossler ballistic tip
OAL 80.8mm (max. 81.3)
52.5gr S365 (lot72)
3360 ft/s
Fiocchi primers
Nossler dope
en
75gr Vmax
OAL 78.2mm (max. 78.
53gr S355 (lot10)
3650 ft/s
Fiocchi primers
Nossler doppe
Die informasie van die sierras is as volg.
Max oal 82.5
Loop lengte 600mm
1:10 loop twist
nossler doppe H2O 68.7gr
Fiocchi primers
Hoop dis alle inligting.
Enige van bogenoemde kruite sal werk.
S365 sal beter met die swaarder koeël werk. Uit vorige kalibrasies weet ek dat Lot 72 baie mak is. Jou kombinasie in jou geweer gee egter bykans 170vps meer as wat ek verwag het. Hoe seker is jy dat die koeël nie in die lande is nie? Dit veroorsaak gewoonlik hierdie groot toename in spoed. Hoe het jy die TPL gemeet?
Jis
Het punt in loop gesit, en saggies met stokkie daar gehou, dan met die skoon maak stok gebruik, daardie metode. Watter een is dit wat pla, die 75gr, of die85gr. Het gou altwee in die geweer gesit, om seker te maak, hulle kan dalk naby wees, maar nie een het merke op nie. Sal ook nou nie my kop op 'n blok sit vir die akuraatheid van chroni nie, was maar 'n cheepy.