Vra raad asd.

Post Reply
Slicktrick
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Tue Aug 05, 2014 7:29 pm

Vra raad asd.

Post by Slicktrick »

Ek het Saterdag aand gaan jakkals soek.
Ek was seker so 3 ure in die veld om te jag.
Nou my vraag.
By die plaas huis aangekom, vra die eienaar my hoe werk die ding, die roeper, hy wil jakkalse hoor hoe skree hulle, toe speel ek jakkals mooi huil en daar antwoord hulle 'n ent agter die huis.
Die oom verduidelik toe n pad soontoe. Maak bakkie reg en daar gaan ek.
Ek het 'n mooi oop kol gekry wat mooi oop is, vir seker so 120 meter reg rondom my.
Ek het die roeper so 80 meter ver geplaas, en vir 15 min doodstil gesit en so elke minuut gedraai en scan.

Toe het ek hop haas gespeel en dan stilte vir 2min dan weer hop haas vir so 25min. Nog steeds niks nie.
Ek het so 20 min doodstil gesit en toe weer hop haas met stilte gespeel vir 15min. nog niks nie.
Ek het weer vir 15 doodstil gesit en scan.

Toe speel ek jakkals alleen net toe hy klaar speel, staan daar een teen die roeper en so 30 meter weg staan
daar twee en op 120 meter twee wind af.

Waar hulle vandaan gekom het weet ek nie.
Ek soek toe die verste een en skiet toe, mors dood. Scan rond en soek die ander, niks nie nie eers 'n oog nie.
Niks nie die veld is mors dood het vir 5 min gesit en scan en speel toe. jakkals kerm, maar niks gesien nie.

Ek het so 20 min doodstil gesit en scan maar niks gesien nie.
Toe is dit huiswaarts om te gaan help met die kinders, twee dogtertjies 9maande en 2 jaar albei lekker siek.

Die een wat ek geskiet het was 'n ou teef.

Ek wil asb weet wat het ek reg gedoen of verkeerd gedoen.

Baie dankie
9mm cz 75
223 Howa
303 lee enfield
308 mauser
Hoyt crx 32 75#
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Vra raad asd.

Post by Arno Pienaar »

Dit kon miskien die keuse gewees het van klanke....maar ek dink staanplek kon ook n baie groot rol in jou suksess gespeel het...dit wat ek agter gekom het met hophaas[Die een van Jason] is hy werk lekker vir my as ek n oog optel terwyl ek verskuif van staanplekke..nog nie regtig iets met hom gekry op n staanplek nie maar glo hy sal daar ook sy kant bring...as daardie jakkalse my wind af geantw het sou ek eerdeer van staanplek verskuif het as wat ek daar sou bly en hulle roep...die gaan maar nie altyd oor die een of tien wat mens doodkry nie maar die een of twee wat agter bly wat nog n kopseer los......my 2c vir die dag.
Hoop jy kan hulle pak gee

Groete Doons
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Vra raad asd.

Post by johans »

as jy net 120m om jou kon sien sou ek se jy moes meer gelig het,so elke 30/40 sekondes.dis n klein area en hulle het jou onverwags betrap
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Vra raad asd.

Post by pieter h »

Slicktrick,5 jakkelse gekyktydig daar,dink dis altyd moelik.As jy in daai geval 2 geklop het sou ek se jy het n goeie aand.Glo nie jy het veel verkeerd gedoen nie.Groete
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Vra raad asd.

Post by Suidwes »

Slicktrick,

Ek glo nie jy het iets ernstig verkeerd gedoen nie, maar n paar dinge wat by opkom is die volgende:

1. Toe jy die staanplek gekies het was die onder die wind van waar die jakkalse geskree het toe jy by die huis mooihuil gespeel het?
2. My areas is ook klein waarin ek roep, ek swaai elke 10s my lig. Ek draai ook baie vinnig die lig in die rondte.
3. Probeer om by sulke digte areas hoogte te kry met jou staanplek, n rantjie of koppie of iets dergliks, gee jou so ekstra sig.
4. Toe jy die eerste een geskiet het, wat het jy met die lig gemaak? Gedim of dalk afgesit? Swaai maar vinnig rond met die lig op n gemiddlede sterkte, jy kan weer die lig dim as jy die oge kry.

Dit is egter hoe ek dit doen, die ervare manne kan jou beter uithelp. Moet egter nie jou hare uittrek oor die wat weggekom het in so bebosde area nie, dit gebeur gereeld by my. Jy het die 1 geskiet en dit was n doodskoot, dit is belangrik. Ek is seker jy sal die ander weer in die hande kry.

As ek nie die 2de of 3de een kan sien om te skiet na die 1ste een nie, dan probeer ek gewoonlik nie om hom terug te roep van daardie staanplek nie, my area is net te ruig en die kere wat ek probeer het was onsusksesvol. Ek wag 30-40 min, lig nogsteeds en dan skuif ek n ent weg en probeer van daar om die oorblewenes in te roep.

Sterkte
Suidwes
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Vra raad asd.

Post by prohunt »

My 1c is ook dat ek op 'n plek waar ek net 120m sig het baie meer gereeld met 'n dowwe lig sou gelig het (sodat jy net mooi oë op die verste sigafstand kan waarneem). Meeste van die ander kommentaar is natuurlik ook in die kol. So 'n jakkalsroepie of 'n vreet/bakleiklankie vroeër in die sessie (hierdie tyd van die jaar) kon ook dalk net die sake draai.

Groete
Johan
Slicktrick
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Tue Aug 05, 2014 7:29 pm

Re: Vra raad asd.

Post by Slicktrick »

Dankie julle vir die raad.
Ek sal dit toepas Vrydag as ek weer gaan.

Suidwes
Ek het al die pad in die wind gery tot op die staanplek, die wind was reg van voor.
Die eerste 3 het saam met die wind ingekom die ander 2 het van agter af gekom.
Die plek waar ek geskiet het het baie springhase, jy sien sommer die gatte van die bakkie af.
Dis hoekom ek gedink het aan hop haas.

Wat sal julle voorstel om so in die bosveld te speel en hoe.
9mm cz 75
223 Howa
303 lee enfield
308 mauser
Hoyt crx 32 75#
Post Reply