Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koeëls?
- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Dagsê,
Ek moet een van die dae my Tikka Sporter .260 se loop inbreek. Ek wonder nou net, wat die beste sal wees. Ek het paar 160gr RN punte en 100 gr BT wat ek kan gebruik. Sal dit enige verskil maak aan die inbreek of is dit 'n geval van 6 van die een en 'n half doesyn van die ander?
Ek luister graag.

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Dink nie spoed maak saak nie, maar Howa se by hulle loop inbreek brosjure dat jy konvensionele koele moet gebruik maw lood kern en koper mantel koele. Hoekom weet ek nie.
-
hanz
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Sat Jan 10, 2009 11:02 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
As jy die antwoord op daai vraag kry post dit want ek sit in die selfde bootjie. ek het 120gr ballistic tips van nosler.
Wat die metode aanbetref is ek ook nou al onseker want elke tweede ou vir wie jy vra stel n ander metode voor.

henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Die swaarder koeels sal beter werk om doppe te fireform terwyl jy loop inbreek.
Groete
henning
Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Ek het ook al so baie gelees van die en daai metode, dan is daar ook nog die wat sê, loop inbreek is 'n foefie.
Die Tikka het 'n 20 duim loop. Wat ek kan uitvind is dat hulle nie maklik inbreek nie. My grootste vrees is dat daai lang 160gr perde die loop gaan smeer met koper, en ek dan redelik moet sukkel om dit uit te kry. Wil nie 'n pynlike inbreek proses vir myself maak nie. Swaar is punte is glo beter vir die doppe se "fireform", dit het meer met die lengte te doen.
Ek sal die loop redelik vinnig met 'n langer een vervang. Die .260 sal nie tot sy reg kom in daai kort lopie nie. Plan is om sommer dan na 6,5x55 te gaan met die regte kamer profiel. Wie weet, dalk gaan ek vir .284. Die tikka het 'n lang aksie, moet net die "bolt stop" korter maak, weet nog nie oor "bolt face" nie. Sal daai brug oorsteek as ek by hom staan.
Die 120 gr sal seker goed wees, dis mos darem in die middel van die .260 se koeël gewig "range". Gee hom 'n lekker lang TPL en laai hulle nie uit die magesyn nie, dit is nou as jou aksie dit toelaat.
Groete!
Die Tikka het 'n 20 duim loop. Wat ek kan uitvind is dat hulle nie maklik inbreek nie. My grootste vrees is dat daai lang 160gr perde die loop gaan smeer met koper, en ek dan redelik moet sukkel om dit uit te kry. Wil nie 'n pynlike inbreek proses vir myself maak nie. Swaar is punte is glo beter vir die doppe se "fireform", dit het meer met die lengte te doen.
Ek sal die loop redelik vinnig met 'n langer een vervang. Die .260 sal nie tot sy reg kom in daai kort lopie nie. Plan is om sommer dan na 6,5x55 te gaan met die regte kamer profiel. Wie weet, dalk gaan ek vir .284. Die tikka het 'n lang aksie, moet net die "bolt stop" korter maak, weet nog nie oor "bolt face" nie. Sal daai brug oorsteek as ek by hom staan.
Die 120 gr sal seker goed wees, dis mos darem in die middel van die .260 se koeël gewig "range". Gee hom 'n lekker lang TPL en laai hulle nie uit die magesyn nie, dit is nou as jou aksie dit toelaat.
Groete!
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
My grootste vrees is dat daai lang 160gr perde die loop gaan smeer met koper, en ek dan redelik moet sukkel om dit uit te kry. Wil nie 'n pynlike inbreek proses vir myself maak nie. [Quote]
Ek twyfel dat daar enige waarheid kan wees in jou stelling dat langer koeels gaan jou laat sukkel om die loop skoon te kry.
In teendeel dink ek dat hoe meer koeel jy deur die loop sit, hoe gouer gaan dit ingeskiet raak.
Groete
Henning
Ek twyfel dat daar enige waarheid kan wees in jou stelling dat langer koeels gaan jou laat sukkel om die loop skoon te kry.
In teendeel dink ek dat hoe meer koeel jy deur die loop sit, hoe gouer gaan dit ingeskiet raak.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Druk n koper borsel in n goed ingebreekde loop en een wat glad nie ingebreek is nie en besluit dan of dit n foefie is.
Hoe beter die loop uitborsel word met n koper borsel hoe minder sal julle sukkel met die inbreek van die lope.
N koper borsel kan nie skade maak aan die loop nie, maar gebruik n bore-guide dat die stok nie vang nie.
Hoe skurwer die loop is hoe meer koper neerslag sal jy he met die inskiet

knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Ek verstaan nie die bekommernis oor te veel koper in die loop tydens die inbreek prosses, want die inbreek prosedure vereis juis dat die loop baie skoon gemaak word omdat die loop grof is en meer koper gaan opbou of die koeels langer of korter is dit gaan gebeur.
Een van die vinnige maniere om loop in te breek is: een skoot maak skoon, twee skote maak skoon, drie skote maak skoon, vier skote maak skoon, vyf skote maak skoon. Hierna sal die skoonmaak nog steeds n bietjie meer as normaal nodig wees tot rofweg ongeveer 30 skote.
Groete
Henning
Een van die vinnige maniere om loop in te breek is: een skoot maak skoon, twee skote maak skoon, drie skote maak skoon, vier skote maak skoon, vyf skote maak skoon. Hierna sal die skoonmaak nog steeds n bietjie meer as normaal nodig wees tot rofweg ongeveer 30 skote.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
@Henning- Is ek korrek by die aanname dat daar dus met koperverwyderaar skoongemaak moet word (forrest foam, M98, Boretec Eliminator ect) gedurende bog proses?henning wrote:Ek verstaan nie die bekommernis oor te veel koper in die loop tydens die inbreek prosses, want die inbreek prosedure vereis juis dat die loop baie skoon gemaak word omdat die loop grof is en meer koper gaan opbou of die koeels langer of korter is dit gaan gebeur.
Een van die vinnige maniere om loop in te breek is: een skoot maak skoon, twee skote maak skoon, drie skote maak skoon, vier skote maak skoon, vyf skote maak skoon. Hierna sal die skoonmaak nog steeds n bietjie meer as normaal nodig wees tot rofweg ongeveer 30 skote.
Groete
Henning
@ Longwolf- As ek Henning se metode van bo gebruik, moet daar telkens ook met die koperborsel geskrop word, nie net met lappies alleen nie? Sal die koper solvent nie die koperborsel opvreet nie?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Dagsê almal,
Ek het al lope ingebreek en gebruik 'n weergawe van die Howa/Legacy Sports en dié metode:
http://www.kriegerbarrels.com/Break_In_ ... wp2558.htm
Ek het 2 Howa lope onlangs ingebreek, die een was pynloos en vinnig (30-06, 165gr Sierra), die ander een staan seker al op 120 skote en die loop maak nog nie waffers skoon nie(.243, 100gr Sierra plus 'n paar Nosler BT 90gr en 80gr).
Die enigste rede vir my aanvanklike vraag, is om te hoor of daar 'n wesenlike verskil sal wees tussen veskillende gewig koeëls, as dit net oor inbreek van die loop gaan, nie oor doppe "fire form" nie.
Die doel is tog nou om alle "tool burrs" en merke ontslae te raak. Sal die vinige koeël se warm ontbrandings gasse die "reamer burr" in die "throat" area sommer weg brand, of sal dit beter wees om dit plat te druk/uit te druk met stadige lang koeëls.
Soos oom Chris van Niekerk dit vir my verduidelik het, is die loop se binne kant aan die begin soos hare wat regop staan. Dit moet in die rigting van die koeël om gebuig word om die oppervlak glad te kry. As daar koper tydens die fase onder die die hare beland, maw onder die loop se metaal, kry jy probleme. Dit is hoekom jy die koper aan die begin moet uitkry, sodat dit nie daar vasgevang word nie.
Ek hoop dit maak sin.
Nou na al daai waffel:
Ek wil die 'hare' ombuig, met die minste koper in die loop. Watter Koeël?

As jy dan die minste koper in die loop wil he, gebruik Impala koeels, geen koper.
Ek dink jy verstaan nie die koper ding reg nie. Jy kry nie koper onder die loop se metaal nie maar dit bou wel op op die hoogte punte, tot die hoogte punte plat gestoot is.
Groete
Henning
Ek dink jy verstaan nie die koper ding reg nie. Jy kry nie koper onder die loop se metaal nie maar dit bou wel op op die hoogte punte, tot die hoogte punte plat gestoot is.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Hoe langer die skuurpapier hoe meer gaan hy vryf met een beweging. Gebruik die lang koeëls. Maak net deeglik skoon na elke skoot - asetoon is die maklikste om die olie te verwyder.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Ek stem hiermee saam. Loop inbreek is in ieder geval 'n redelike stadige proses en is nooit pynloos nie. Neem ander gewere saam skietbaan toe om te skiet. Gee die skoonmaakmiddels tyd om te werk.henning wrote:Ek verstaan nie die bekommernis oor te veel koper in die loop tydens die inbreek prosses, want die inbreek prosedure vereis juis dat die loop baie skoon gemaak word omdat die loop grof is en meer koper gaan opbou of die koeels langer of korter is dit gaan gebeur.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Baie interessante video. Ek het my eerste .243 se loop met die hulp van JB bore paste ingebreek en daai loop het na 'n skoonmaak sessie tussen 10 en 15 skote gevat om weer op teiken te kom. Ek het hom ook nie so baie skoongemaak nie, het ook net Hoppes nitro solvent gebruik en dan met bietjie olie gestoor. Die loop het lank gehou, was 'n 1-14 twist rate en hy het net viinnige ligte punte geken.
Die Howa .243 loop het nie daai probleem nie. Ek het basies die Howa voorgestelde metode gebruik vir inbreek. Ek is egter bang om geen koper te verwyder tydens die inbreek. Dit gaan so half teen wat die norm is. Ek wonder wie op die forum al daai 2de metode gebruik het en wat die resultaat is.
Baie dankie aan almal vir die insette.
Groete.

deon762
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Tue Jun 17, 2014 7:17 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
As ek hier mag in chip. Hierdie loop inbreek is vir my interesant. Maar nerens meld iemand dat jy terwyl die loop ingebreek word sommer jou ladings kan toets nie. Of skiet die geweer dan so rond en bont in die begin? sal jy dan ook nie jou teleskoop kan instel nie? en op water afstand sal jy dan jou teikenmoet sit? Dit is maar van die vrae wat by my net op kom.
Sal graag wou weet
Sal graag wou weet
Groete Deon
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Het met my Howa 223 groepe en spoed geneem tydens die inskiet op 100m. Tydens skoonmaak het ek die koper verwyder met Forrest Bore foam en M98. Daarna asetoon gebruik om alle olie te verwyder. My geweer pak nou bitter min koper aan en maak baie maklik skoon.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
deon762 wrote: Of skiet die geweer dan so rond en bont in die begin? sal jy dan ook nie jou teleskoop kan instel nie? en op water afstand sal jy dan jou teikenmoet sit? Dit is maar van die vrae wat by my net op kom.
Sal graag wou weet
ek die scope reg gestel het. Seker een van die lekkerste dae in my lewe! Jy kom by die baan en
weet nie wat om te verwag nie en dan gaan jy met so teiken huis toe.
Dit was sommer net 'n lading in die middel van die Somchem info.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Darm lekker as dinge so loop
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Ek het geen spesiale prosedure gevolg met my nuwe geweer nie en skiet darem 7mm groepe so af en toe.
Hierdie artikel het my oortuig om nie my geld of tyd te mors nie
http://www.6mmbr.com/gailmcmbreakin.html
Elke ou soen wel sy vrou op sy eie manier.
Hierdie artikel het my oortuig om nie my geld of tyd te mors nie
http://www.6mmbr.com/gailmcmbreakin.html
Elke ou soen wel sy vrou op sy eie manier.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
My redenasie was - 'n geweer is gemaak om te skiet. Ek wil graag die nuwe geweer uitprobeer - een pakkie patrone moet ek uitskiet met die Howa prosedure. Ek skiet dan tegelyk groepe en kry die spoed van die koeëls. Niks was dus onnodig gedoen nie en as dit help in die toekoms (beter groepe of makliker skoonmaak) dan is dit 'n bonus. Ek het nou ook doppe om te herlaai en het my geweer se snaaksighede leer ken.Plaashaas wrote:Ek het geen spesiale prosedure gevolg met my nuwe geweer nie en skiet darem 7mm groepe so af en toe.
Hierdie artikel het my oortuig om nie my geld of tyd te mors nie
http://www.6mmbr.com/gailmcmbreakin.html
Elke ou soen wel sy vrou op sy eie manier.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Enige verskoning om te skiet is reg met my oom Tripod.
Ek sien oom gebruik acetone om die olie uit te haal, ek hoor Windowlene (Spelling?) werk ook baie lekker.
Ek het die skote om scope te zero as "inbreek" gesien en dadelik met load development begin. Ek het wel die loop behoorlik skoon gemaak voor ek begin skiet het maar ek glo almal spoeg en polish hul nuwe skietgoed as hul dit daai eerste dag by die huis aanbring.
Ek sien oom gebruik acetone om die olie uit te haal, ek hoor Windowlene (Spelling?) werk ook baie lekker.
Ek het die skote om scope te zero as "inbreek" gesien en dadelik met load development begin. Ek het wel die loop behoorlik skoon gemaak voor ek begin skiet het maar ek glo almal spoeg en polish hul nuwe skietgoed as hul dit daai eerste dag by die huis aanbring.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Loop inbreek, swaar stadige koeëls, of ligte vinigge koe
Windowlene het 'n waterbasis - daarom my voorkeur vir asetoon.
Met die skiet van die eerste 10 skote gewaar mens dat die koper aanpakking verminder met die aanstap van die proses. Dit dui op ooreenstemming met hul redenasie in hul inskietprosedure.