selfde kaliber

Post Reply
lucas
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Wed Feb 05, 2014 7:36 pm

selfde kaliber

Post by lucas »

Naand

wil graag by julle manne hoor.
Ek het my eerste aansoek in gedien vir n 303 lee enfield, ek wou hom sporty maak maar daar teen besluit dits n 1918
no1 mk3 smle. Nou dink ek om n Howa 308 te koop.
Nou sal ek die 308 op my naam kan kry? Ek hoor ek mag dalk dit nie reg kan kry nie.

Dankie
Lucas
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: selfde kaliber

Post by Pappabeer »

Hallo Lukas,

Ek neem aan jy is nie n toegeweide jagter of sportskut nie, die dat die vraag jou kwel?

Die toestaan lê maar alles in n sinvolle motivering, en jy kan drie wapens hê vir sport of jag.

Bv. Jy gebruik jou oorspronklike .303, met yster visiere vir .303 kompitiesies by jou klub, en vir die af en toe jag van n bosveld spesie op naby afstand, waar die yster visiere nie lang skote toe hoef te laat nie.
Daar teenoor gaan jy jaarliks Vrystaat/Noordkaap toe, waar vlakte wild gejag word, en die skote wissel van 150-300m, en n akkurate geweer met n kwaliteit teleskoop noodsaaklik is vir jou suksesvolle jag van genoemde vlakte wild.

Indien jy skepties is oor jou vermoëe om die CFR ander te oortuig, kontak gerus vir JagtersregMotivering (Kobus) of Landy (Daan) op die forum, hulle doen wapen motiverings teen n baie bilike fooi, met n uitstekende sukses syfer.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: selfde kaliber

Post by henning »

Hello Lucas

Pappabeer gee goeie raad.

Net as voorbeeld, ek het n 303, 30-06 en n 300wsm ter selfde tyd op my naam gehad. Dit gaan net oor hoe jy dit motiveer. En ek is nie n toegeweide jagter nie.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply