Nuwe Ammo versamelaar, help asb.

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
Post Reply
Klopper
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Feb 17, 2012 7:19 am

Nuwe Ammo versamelaar, help asb.

Post by Klopper »

Hi,

Ek wil graag ammo versamel, jag geweer ammunisie primer as ook hand geweer en bietjie heal geweer. SAPS wil he ek moet by n' oganisasie aansluit. Watse organisasie sal julle voorstel en wat is die koste ongeveer, en wat behels dit alles?

Ek is in Centurion/PTA area.

Groete,

Klopper
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 696
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Nuwe Ammo versamelaar, help asb.

Post by Jaco vdW »

Hi Klopper

Kontak vir Will Reuter by die RSACCA (wlreuter at global.co.za). Hy is baie behulpsaam, en kan jou help met al die papierwerk.

Ek het seker so twee jaar gelede my permit gekry. Dit neem bietjie tyd, maar dis oor en oor die moeite werd.
Klopper
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Feb 17, 2012 7:19 am

Re: Nuwe Ammo versamelaar, help asb.

Post by Klopper »

Dankie Jaco.
mustangsa
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am

Re: Nuwe Ammo versamelaar, help asb.

Post by mustangsa »

Hi Klopper/Jaco

Ek het in 2002 deur 'n kennis te hoor gekom van Will-hulle en so paar keer by hulle gaan kuier op Donderdag-aande as hulle vergader. Ek het toe ook by hulle aangesluit. 'n Paar jaar het verbygegaan en ek het nou onlangs weer begin bywoon. Ek trek binnekort en gaan dan my aansoek deurstuur om ook lisensie te probeer kry.

Jaco - het jy baie nonsens gehad met alarms en dinge wat jy moes bewys om lisensie te kry? Dit lyk my die SAPS vereis 'n kluis binne 'n kamer met alarm en diefwering?

Klopper - WIll sal jou help met al die info, die motiferinsgbrief en die SAPS520C-vorm.

Sterkte en geniet!
Sako 30-06
Mauser .22LR
Klopper
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Feb 17, 2012 7:19 am

Re: Nuwe Ammo versamelaar, help asb.

Post by Klopper »

Hi,

Ek het toe by Will reg gekom, hy was regtig baie hulpvaardig, ek het my aansoek reeds ingedien, en nou wag mens..

Groete,

Klopper
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 696
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Nuwe Ammo versamelaar, help asb.

Post by Jaco vdW »

More Mustangsa

Nee, baie min moeite gehad.
Ek het n foto, beskrywing en SAPS inspeksiesertifikaat van my kluis aangeheg by die aansoek. 'n Baie vriendelike dame van die CFR het my geskakel en gevra waar in die huis die kluis staan. Ek het verduidelik - in motorhuis, deur sluit deeglik met twee slotte en daar is infra-rooi beams voor die motorhuis. Sy het dankie gesê, en kort daarna is die permit uitgereik.

Groete
Jaco
Post Reply