Swart rooibokke

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
MDT
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Jul 16, 2013 1:23 pm

Swart rooibokke

Post by MDT »

Wat dink julle ouens van die mark vir swart rooibokke, is dit nog 'n goeie idee om nou hiermee te begin gegewe die feit dat dit jou 'n paar jaar vat (en ook heelwat kapitaal) om so 'n boerdery op die been te bring? Wanneer sal die mark versadig wees?

Ek het 'n interessante artikel gelees wat beweer dat dit in 'n sekere mate met piramideskemas vergelyk kan word omrede die vraag na die bokke slegs onder wildtelers is en dat daar nie regtig 'n wesenlike mark vir sulke kleurvariasies bestaan buite die wildtelers nie. Hulle beweer dat daar nie genoegsame vraag onder oorsese jagters is om die pryse te handhaaf nie. As dit die geval is moet hierdie mark een of ander tyd versadig wees en dan is daar dus 'n risiko dat pryse skielik (en drasties) sal val.

Sal interessant wees om verskeie opinies te hoor en miskien veral van manne wat reeds met swart rooibokke boer.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Swart rooibokke

Post by Capt. Yoda »

MDT dit is al baie hier op die forum bespreek en meeste ouens voel ook ma dit is n skema.Ek het die laaste week of 2 met seker 6 manne gepraat wat ook nou net wil swart rooibokke koop en groot boer so dit lyk of die vraag na daai bokke en veral vroulike rooibokke groot kan word of die prys kan dalk lelik val as almal nou swartbokke aanhou.

Hier is so paar threads

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=59&t=33330
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=59&t=34131
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=34249
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Swart rooibokke

Post by NicoSmit »

Hulle sukkel nog om trofee horing lengtes te kry op die ramme
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Swart rooibokke

Post by 375fanatic »

as jy met gewone ooie begin loop jy risiko maar jou start up koste is laer .

ander ou wat lankal met hulle boer se as jy met swart ooie en ram begin is jou risiko minder omdat jy in jou eerste jaar swart lamer sal he

ongelukkig het niemand n Kristal bal nie en die ouens wat al lank in die game is het klaar hulle geld gemaak so as die prys oornag met 50% val is hulle nogsteeds gecover en hulle weet daai dag is oppad die vraag is hoe lank kan hulle die mark met die hoe pryse aan die gang hou
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Swart rooibokke

Post by Hugo »

NicoSmit wrote:Hulle sukkel nog om trofee horing lengtes te kry op die ramme

Nico

Daai feit is nie baie akkuraat nie.

Daar is heelwat swart ramme oor 24" ek weet tot van n ram op 25,5".

Dis die "drekke" wat die swak horings het wat elke ou met R250k in sy sak loop koop en agter op sy plot laat teel met n "split" wat agter in n ander man se plot ingeteel is...
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Swart rooibokke

Post by NicoSmit »

Ek sal nou nie sê dat die manne by wie ek dit gehoor het sit met " drekke" nie hulle speel saam in Cyril Ramaphosa se liga nou ja ek is nie 'n kenner nie ek eet net die biltong
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Swart rooibokke

Post by Stefan764 »

Hierdie ding gaan nie net val nie, hy gaan sommer hard neerdonner. Nietemin glo ek persoonlik daar is nog n paar jaar oor in die game. Net hartseer dat die laaste ouens wat gaan inklim baie seer gaan kry, en dit gaan gebeur, kan nie meer anders nie.

Al hoekom ek voel daars n paar jaar oor gaan ook oor die horinglengte ding. Vat Sables. Daar is sekere boere wat oor die 200x stuks sables het. As mens die opnames vat van die huidige sable getalle skiet ons sable bulle eersdaags vir selfde prys as koedoe bulle (Sables klaar R25k en koedoes al hier by R15k rond)

Maar as jy na sables se pryse kyk op veilings hou dit nog (koeie wissel tussen R400k en R500k in Mei verkoop met pryse so hoog as R850k). Maar dis nie Jan Alleman wat daai pryse behaal op die veilings nie. Dis manne wat al jaaaaarre in die bedryf is en top genetika bymekaar gemaak het. En wie betaal daai pryse? manne wat ook eendag n 55" bul wil teel en vir hom R10bar op n veiling wil verkoop, waarmee die volgende ou n 56" wil teel.

Ek sien wel net buffels en sables in die game vir die langtermyn (15 of wat jaar), die ander bokke geen waarde onder die jag mark nie, en dis net die jagters wat wild se pryse bepaal in elk geval...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply