algemene jakkals vra

Post Reply
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Daai aand wat die jakkals aan die bakkie hang, Cassie. Nee, dink dis 'n heeljaar tipe roep daai, maar ek hou daarvan om hom te spaar vir Jan - Apr.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Kan hom in neste-tyd probeer vir locator ook.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Ek is nou weer so gelukkig soos 'n vark in (sal nou nie die land se naam sê nie) my roeper is nou na 3 weke se gesukkel weer reg en ek kan een van die dae weer uitgaan 'n 50c se komponent het die roep uit my roeper gehaal
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Ek wil graag raad hê van die kenners ivm staanplek .Die plek waar ek beplan om een van die dae te gaan skiet is in 'n land wat heeltemal omhein is die wind waai gewoonlik uit die weste aan die anderkant van die heinings is dit baie bebos waar is die beste plek om te staan teen die
1) Noordelike heining
2)Suidelike heining
3)Oostelike heining
4)In die middel van die land waar jy 360 grade het
5) of is daar 'n ander staanplek wat beter gaan wees tov sien en jou reuk verberg vir die jakkals
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Vraag 1
Is die stuk land in die kern gebied?

Vraag 2
Hoe groot is die land?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Ek ken glad nie van op lande jag nie, weet ook nie hoe groot die land is nie. Hier is maar 'n oor die duim manier hoe ek 'n "oopte" probeer gebruik:

Roeper in die wind-op derde van die oopte en die bakkie skuins windaf. Grootste oop gedeelte dus windaf.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Die lande is groot maar sal dit nie beter wees om van die skuiling teen die draad te gebruik waar dit baie bebos is as om in die middel van die land te staan waar jy maklik gesien kan word nou dat die maan ook weer groei
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Ek weet nie of ek jou verduideliking vd land mooi verstaan nie....lyk dit soos die skets???
Kyk maar waar staan die jakke (sterre) vir jou en jou roeper en kyk, jy sal nie een skoot inkry nie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Ja lyk so sal jy dan voorstel dat 'n mens meer in die middel van die land gaan staan?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

as dit klei is maak soos Louis sê
as dit GROOT is, 160ha en meer, kom so 3e wind in, en skuif 2e stand weer so 3e wind in...dan maak jy 2 stands....
Ek haat naby bome/bosse staan want LF reflekteer terug, en my trillende hare sê vir my daar 'n jak in elke skaduwee...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Ek voel altyd so kaalgat as ek in die oopte staan
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Nico, as jy nie die jakkals kan sien nie, hoe wil jy hom skiet? Die gemiddelde jakkals gaan jou probeer ruik, al kan hy jou "sien" of nie. Jakkalse "kyk"baie, baie meer met hul neuse as hul oe. Hulle glo ook baie eerder hul neuse as hul oe.

Jakkals gaan maar min met sy "kyk-ogies" sien as die gedimde lightforce in sy ogies skyn. Maar geen jagter kan homself wegsteek vir jakkals se "ruik-ogies" nie, behalwe as hy onderkant die jakkals se wind is. So as die jakkals probeer windaf kant toe beweeg, moet jy die beste kans he om hom te skiet.

As die maan jou pla, bly by die huis tot die maan reg is, maar maak seker jy kan so goed moontlik op jou windaf kant sien. Ek sal selfs so ver gaan om te se gaan staan op 'n knop of kontoer wal om nog beter te kan sien, want dan gun jy jouself 'n beter kans om te skiet.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Dankie vir die raad sal dit ingedagte hou as ek gaan maar so bietjie van die topic af ek het die naweek die laaitie gevat om te gaan visvang by die Vaaldam daar tussen Villiers en Vereeniging Sondag oggend vroeg het die jakkalse daar begin skree en dit het aangehou tot na agt die oggend ons het later so draai gaan loop en gekyk vir spore en ek was verbaas om al die spore daar langs die dam te sien in die sagte klam grond ,van jakkals spore tot baie vars groot rooikat spore. Ongelukkig sal die manne daar jou knolle uitsny as jy daar skiet maar ek gaan volgende keer die roeper en spotlight saam vat en kyk wat loop daar in die nag
Groukat
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Groukat »

Naand Nico,

Ek roep die tyd van die jaar baie in die sojaboon lande, ek bly weg van die mielie lande tot die beeste skoon geeet het of as jakkalse daar vang.

Dit is baie lekker om in lande te roep omrede jy ver het om te sien. Ek sal eerder wag vir die maan se siklus om te draai en dan daar gaan roep. Maak jou bakkie mooi toe en bly weg van die bome af, ek waarborg jou hulle sal jou nie sien nie, gee jou net genoeg skiet ruimte aan dai bome se kant want ek sal verwag dat hulle van daar af sal kom.

groete
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Watse raad het julle manne vir die jakkalse die week ?" Weers toestande ens?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Geno »

NicoSmit wrote:Watse raad het julle manne vir die jakkalse die week ?" Weers toestande ens?
Ek is gebook waar hierdie man loop.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/IMG-20140525-WA0028.jpg

Ek weet dat daar slegs 3 jakkalse op die plaas oor is.
'n Reun wie se teef ek die 3de Junie gestamp het, en nog 'n stel.

Hierdie voorspelling (Warmer aand as gewoonlik) maak dat ek more-aand daar gaan draai. (Tip wat ek by Louis102 opgetel het)

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Weer.JPG

Die reun sal ek met kos en nuuskierigheid teiken, en die stel (redelik seker waar hulle kerngebied is) sal ek try met Jakkalshuil...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Ek wil Woensdag aand 'n draai gaan ry Ek het die naweek daar in Warmbad se wereld gaan ry Donderdag toe ek op die plaas aangekom het het dit soos die Drakensbergse seuns koor geklink soos hulle gesing het Vrydag aand en Saterdag aand was dit tjoepstil nie eers 'n geluid nie die koue front Vrydag aand daar oor gekom het het daai jakkalse in hulle gate laat bly Dit was op die ou end net mors van ernstige kuier tyd
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Wayne »

Geno, everyone makes a mistake now and then, and it is easier to beg for forgiveness, than it is to beg for permission.....
enjoy
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Geno »

Wayne,
The camp with that blesbok is totally clean from predators (Touch wood)

The rest of the farm has 3 jackal that I know of, and the farm (cattle ) on the western boundary is absolutely full of jackal.
I want to go that side in November.

This is what it looks like there:

Good stands are difficult to find, because the thatching grass on the oulande is taller than my bakkie's bonnet.
Rest of the farm is bushveld.
(Click for bigger pic)

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Boesman.JPG

Cheers,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Hugo »

Geno

Die weer hierbo?

Vir watse area is dit? Jy kan wattsapp as jy nie hier wil se nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Geno »

Hugo,
Dis, daar om die draai van jou. Jy weet by wie...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Hugo »

Shap. dankie.
Groukat
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Groukat »

Hi taffie,

hoop dit gaan goed.

wat is jou gunsteling enkel jakkals geluid vir die maand en sal dit dalk verander voor die sosiale tyd? Waarmee sal jy nou afsluit, mooihuil?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

dagse manne!
tye draai mos nou weer so bietjie.
wat stel julle voor? begin nogsteeds met enkel jakkals? of werk julle al meer mooihuil, vlekkie E, en meer sosiale roepe in?
HOU HOM DAAI DIKTE
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Danie01 »

Cassie,

Ek sal ook graag wil saam luister. Reeds gisteraand oor hierdie onderwerp so bietjie gelees. Sien die manne se groep of sosiale roepe soos ky se van November af en dis tog nou waar ons is. Ek wil die naweek weer m bietjie uitgaan en sal ook wil luister
Post Reply