Groepering Dame 375 H&H

Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Groepering Dame 375 H&H

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse Manne,

So 7 jaar terug het ek n 375 H&H vir my suster laat bou wat besig was om natuurbewaring te swat aangesien sy in die groot 5 rigting wou beweeg, Truvelo het daai tyd n netjiese roertjie aanmekaar gesit en het toe so in die kluis beland en het seker so 3 maande terug vir die eerste keer die skietbaan gesien. Lang storie kort nou is dit om my sus te kry om die oudjie goed te skiet, ek laai toe Impala se 270gr koele teen die lading van 60gr S335 soos voorgestel deur oom Kobus. Laas naweek is ons op die baan na ek n Timney laat insit het met groot verwagting. Eerste 2 skote mis die tyken totaal en gebruik toe bietjie die boresight boere manier en siedaar ons is op. Ek sit vir haar n tyken op 100 en hoop vir die beste......eeerste ......twede.....derde skoot klap en sy se sy sien geen gatjie nie. So by myself sit ek en dink die gaan n lang dag wees.......en toe ek da kom verstaan ek hoekom ons nie die gate kan sien nie

http://i1241.photobucket.com/albums/gg502/79071651/ria375HampH270grImpala60grS335DSC_0009_zps0123edce.jpg


Kyk ek was so trots en van die manne op die baan het effe stil geword. Nou so bietjie uit die vuis oefen en sy is reg vir haar eerste wildebeest!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by tripodmvr »

Moerlandspan, dit is 'n baie mooi groep daardie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 201
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by DiscoBiscuit »

Daai groep lieg nie........ek het al paar manne gesien wat die teiken mis "flinch" met 'n 375 H&H . Ek ken ook 'n dame wat gereeld die biltong huis toe bring. Sy word gewoontlik op die laaste dag van die jag saam gevat as die oes skraal lyk . ;D Gewoontlik praat niemand dan oor die jag nie ++>:
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by Frederik »

Lekker Kobus, daardie 270gr impala's is maar lekker lekker akuuraat ek laai myne bietjie warmer moet nog probeer met S355 vorentoe. Jou spoed behoort met daardie lading van jou so by 2350fps te draai oor genoeg vir die goed met groot voete.
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by Beer (Christo) »

Bliksis! Dit wil gedoen wees. Sal graag die ander manne se gesigte wou sien
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by JAGTERSREG-JRM »

Die man langsaan se tyken het so n 2 duim groepering gehaat........gelyk of van die manne wou maak soos skillies.En dit is ha 2de keer op die baan met die 375 en die vorige keer was net om te voel hoe skop die geweer.

Ek vaar darm nie te sleg met die 375 Ruger nie
http://i1241.photobucket.com/albums/gg502/79071651/DSC_0941_zps336f3814.jpg
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Rappie
Full Member
Full Member
Posts: 166
Joined: Mon Jul 14, 2014 4:03 pm

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by Rappie »

Nog so klein bietjie oefen dan kan jy saam met haar gesels. ;D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by PWV »

Verseker nie 'n katjie om sonder handskoene aan te pak nie! ::)
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by JAGTERSREG-JRM »

Rappie wrote:Nog so klein bietjie oefen dan kan jy saam met haar gesels. ;D

Jong op n bench gee sy my dalk bietjie pak maar uit die vuis uit en veldkondisies moet sy nog baie leer. Ek sal haar daar kry hierdie is n uitstekende beginpunt
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by matewis »

Aitsa!

Jy moet maar altyd saam haar skietbaan toe gaan, en laat weet die ander manne sy kom. Dan gaan dit lekker stil dag wees!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by NEGE3 »

Baie goed gedoen Kobus. Ek ken 'n dametjie wat met 'n 338WM jag en skiet die rook uit die manne. Sy het hierdie jaar al 2 rooibokke, 'n Rowland wit blesbok en swartwildebees huis toe gebring. Ons onderskat soms die skoner geslag se pyndrempel.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Groepering Dame 375 H&H

Post by JAGTERSREG-JRM »

NEGE3 wrote:Baie goed gedoen Kobus. Ek ken 'n dametjie wat met 'n 338WM jag en skiet die rook uit die manne. Sy het hierdie jaar al 2 rooibokke, 'n Rowland wit blesbok en swartwildebees huis toe gebring. Ons onderskat soms die skoner geslag se pyndrempel.

ja is definitief so....nou net vir vroulief n roer kry wat ha pas en dan glo ek sy gaan dieselfde reg kry
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply