Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Die volgende foto is van 'n Afrino ooi wat 'n rooikat aanval oorleef het. Eers so bietjie ivm die kat. Hierdie einste rooikat het nou al 4 lammers van die begin van die jaar gevang. Hierdie ooi het ook geaborteer as 'n resultaat van die hele palava, dus kyk ons na 5 lammers en moontlik een ooi sou sy dit nie maak nie. Al die lammers is binne 100m van die plaas huis gevang. Die tweede laaste lam was 'n hanslam wat ons net vir een aand nie gekraal het nie en het binne 70m van die huis gesneuwel. Dieselfde aand het ek gaan roep naby die lam en na so 15min kom die kat in en sit en kyk vir my. Ek vat toe mooi dooie rus en skiet net so mooi mis . En nou so paar maande later 'n ooi lam naby die huis, en hierdie ooi.
Dit is vir my opvallend dat die bytplek drie gate het aan die een kant van die keel. Die ander kant is oopgeskeur seker maar agv die ooi se gespartel. Ek reken die kat moes hervat het en dalk net een slagtand kon insink met een van die twee byte? Die wond is al so week of wat oud (het nie daaraan gedink om 'n foto te neem toe ek haar gekry het nie) en die gate het al rowe gevorm te danke aan behandeling. Verskoon maar die herkousel wat aan die ander kant van die keel uitkom, ek was die naweek laas op die plaas om dit skoon te maak. Hoe reken julle, is ek dalk verkeerd? Of is so bytplek meer algemeen as wat ek dink?
Last edited by JopieFourie on Wed Sep 21, 2011 9:05 pm, edited 1 time in total.
Ek hoop nie so nie, dan gaan hy ERG slim wees. Ek het sy krap boom gekry die naweek en slagysters daar gestel. Hoop ek kry die wetter, dan kan ek kyk vir die tand
Nou ja. ek was baie lanklaas op die forum. As julle die boonste poste weer deurlees sal julle sien dat ek vermoed díe kat het net een slagtand of iets soortgelyk. Ek het Sondag middag 'n hok gestel en vanoggend toe sit die kat. Hierdie is 'n ou kat, een voorbeen het 'n ou letsel van 'n slagyster of draad strik. En raai wat? Sy het net een slagtand!!! ek kan seker verkeerd wees, maar ek vermoed dis die kat van hierbo. Is in dieselfde rant gevang van waar die ooi gebyt is.
Sal moet gaan kyk, maar nog redelik baie. dan moet ek ook se, ons het intussen 'n groot mannetjies kat ook daar geskiet laat verlede jaar. Die het ons goed laat les opse met sommer 4 lammers hier, en 5 dan weer daar. Die laaste skade was so twee maande terug met een lam in daardie area.
Het twee jong katte in die omtrek geskiet so van die begin van die jaar af en 'n ander al twee keer op af gekom in plaas pad. ek dink die is daardie se ma.
Het verlede week 'n kat in die teerpad gesien hol (groot kat!) vermoed dis 'n mannetjies kat. Die was so 800m van waar hierdie een gevang is.