9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Wouter Roets »

Hallo Forumlede

Ek plaas hierdie namens Org Hamman wat dit op homself geneem het om n 110 jaar gedenksfees te reel vir die beminde 9,3x62. Hierdie volg op die baie suksesvolle 100 jaar gedenksfees wat hy ook voor verantwoordelik was.

Die beplanning is dat die fees gaan afskop met n skietdag cum gesellige geleentheid op n skietbaan wat naby Johannesburg gelee is. Hier sal die groot kompitisie dan ook onthul word in die vorm van 100 x R500 kaartjies wat dan 5 wenners tot gevolg sal he. Die prys sal dan 1 x Blouwildebees, 1 x Blesbok, en 1 x slagskaap uitmaak. Verblyf sowel as die kos en n verdere R1000 branstoftoelaag sal ook ingesluit wees hierin.

Die fees sal ongelukkig net oop wees vir 9,3x62 eienaars waarvan hier n hele paar op die forum natuurlik is.

Org Hamman kan gekontak word op 082 867 6566 of mede organiseerder Hendrik van der Schyff op 073 649 6014.

Datums sowel as waar die verrigtinge gaan plaasvind sal aangekondig word soos dit beskikbaar word. Hierdie blyk n heerlike fees te wees vir diegene wat so goed bedien is deur die ou strydos van die jagwereld.

Groetnis
Wouter
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Frederik »

Kan ek my 375 aflaai na 9.3 spesifikasies toe en dan deelneem ? >:D

Klink soos 'n lekker dag en daar is darem baie lede met 9.3's
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Flip Nel »

Ja en natuurlik sit ek hier aan die gatkant van die wereld :o
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Jakkie 321 »

Ja nee en ek sit aan die kant ai man

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Nickvn »

Dankie sal definitief plan maak om dit mee te maak.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Wouter Roets »

Manne

Wat gaan aan met julle 9,3 manne dat die draad nie veel aftrek kry nie? Kom nou Deon & Kie julle is dan altyd so vokaal as dit by die kaliber kom. Hierdie klink na helse lekker dag met n great kompitisie om alles te kroon. Soos wat ek vir Org-hulle ken gaan hier bitter baie moeite in die feesvieringe so julle kan gerus die manne ondersteun.

Groetnis
Wouter
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by NEGE3 »

Ek dink as daar datums beskikbaar is wanneer dit gaan plaasvind sal dit makliker wees vir die manne om te besluit of dit moontlik is om dit by te woon.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by DWB »

Die organiseerders praat met my via sms :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Wouter Roets »

Koos

Ek sal bietjie met Org kontak maak en hoor of daar al meer informasie is. Sal julle laat weet hier sodra ek dit kry.

Groetnis
Wouter
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Hilux01 »

Ek is verseker in
Laat weet bietjie oor datums en ander inligting asb
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by vriell »

Flip nel wrote:Ja en natuurlik sit ek hier aan die gatkant van die wereld :o
Flip,Kan ek jou 9,3 leen vir daai kompetisie ? ++>:
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Marius Botha 10
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Mon Oct 24, 2011 3:20 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Marius Botha 10 »

Ek is verseker ook in. Ek kan nie wag nie. Laat weet asb van datums ens sodat ons die nodige reëlings kan tref.
M Botha
.22 LR Anschutz
.222 Krico
.243 Brno
6.5 x 55 Howa
.308 Brno
.9,3x62 CZ 550
9mm Luger
410 Boito
12 GA Beretta
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by NEGE3 »

vriell wrote:
Flip nel wrote:Ja en natuurlik sit ek hier aan die gatkant van die wereld :o
Flip,Kan ek jou 9,3 leen vir daai kompetisie ? ++>:
:laugh: :laugh:
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Vlakvark Soldaat »

Flip, jy noem dit gatkant, ons noem dit droom wereld!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne en Maninne

Hiermee dan die nuutste inligting soos gekry vanaf die bestuurspan van die 9,3x62 gedenksfees.

Die datum vir die fees is die 28ste Maart 2015 wat aangebied sal word op die Krokkodilspruit skietbaan. Hierdie sal n bring en braai ook insluit en inskrywingsgelde beloop R100 per skut. Soos reeds genoem mag daar net deelgeneem word met n 9,3x62. Daar is goeie pryse te wen. 30 rondtes sal benodig word vir die skiet.

Dan sal daar slegs 100 kaartjies beskikbaar wees teen R500 per kaartjie vir die groot jagkompetisie. Daar sal dan 5 wenners aangekondig word.

Org Hamman kan nog steeds gekontak word vir verdere onligting en besprekings op 082 631 7661.

Groetnis
Wouter
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Nickvn »

Die datum is nog ver in die toekoms maar ek sal julle daar sien DV. Waar is Krokkodilspruit?
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Hilux01 »

Dankie Wouter

As ons gespaar bly is ek VERSEKER daar!
Ek skakel nog vandag vir Org of Hendrik om vas te maak.
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Jakkie 321 »

Wie wil graag na die geleentheid gaan Ek sal die lysie begin.

1) Jakkie 321 - Mosselbaai
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Hilux01 »

Ek het klaar met Org gesels, hy het ook oor die naweek die datum bevestig en dit gaan by Krokodilspruit wees klink my
Kan nie wag nie
Weet ook Marius gaan saam so ek gaan sy naam ook bysit

1) Jakkie 321 - Mosselbaai
2) Hilux01 - Secunda
3) Marius Botha10 -Witbank
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by NEGE3 »

Wouter baie dankie vir die inligting. Dit kan net lekker wees.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by DWB »

Hallo Manne,

Hier is die eerste 2 nuusbriewe:
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Nickvn »

1) Jakkie 321 - Mosselbaai
2) Hilux01 - Secunda
3) Marius Botha10 -Witbank
4) Nick van Noordwyk - Belfast
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by kopskoot »

Frederik wrote:Kan ek my 375 aflaai na 9.3 spesifikasies toe en dan deelneem ? >:D

Nee jy mag nie! Maar jy mag wel 1gr extra 365 in jou 30-06 laai, dan is jy daar! ;D

groete.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Fanta300 »

Goeie rede om 'n 9,3 by my arsenaal te voeg! ++>:
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 9,3x62 110 Bestaansjaar Fees/kompitisie

Post by Apie »

Ek moet eintlik daai naweek al by die see wees maar ek gaan kyk of ek n plan kan maak
Post Reply