Vlakvark tande vir 'n hef?

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Burries
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Fri Jun 07, 2013 10:16 pm

Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by Burries »

More Mes-Manne!

Ek wil gou hoor, by die wat meer weet as ek. Kan mens vark tande gebreuk? Ek het twee reuse tande, maar het hulle uit die skedel getrek toe ek jonger was en nou sit ek net met hulle. Sal graag iets daarvan wil laat maak indien dit moontlik is?

Aangeheg is 'n foto van die tande, hulle is goed behandel en het nie baie krakies op nie. Die .308 doppies is maar net vir skaal. Ek hoor graag!

Groete
Burries
IMG_0253 copy.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 CZ 513
.243 Sako 85 Hunter
.270 wsm Tikka Super Varmint (oppad)
leonstrauss
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Mon Jun 09, 2014 4:17 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by leonstrauss »

Hi daar. Jy kan messe laat maak vir hulle, een mes per tand vir die groot tande. Sal vir nou gou fotos post van n stel wat ek jare terug vir n oom gemaak het. Dit is dan wel nie werks messe nie, maar 'skou' messe. Jy kan ook die tand opsny vir kleiner hanvatsels of 'inlays'. Die tande is n rapsie klein, so op die oog af, om vol grote handvatsels uit te kry, maar niks is onmoontlik nie. Groete
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by henried »

https://fbcdn-sphotos-h-a.akamaihd.net/hphotos-ak-xpf1/v/t34.0-12/p417x417/10388263_648422898574873_920049142_n.jpg?oh=9772a8b65ff888faeadda7ad2154d931&oe=539E9B39&__gda__=1402900422_58cf08729cdb36eeac4a381dd914401b

https://www.facebook.com/lyonscustom.kn ... riends_tab
leonstrauss
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Mon Jun 09, 2014 4:17 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by leonstrauss »

Foto nie baie duidelik nie. Sal kyk vir n ander een
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Burries
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Fri Jun 07, 2013 10:16 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by Burries »

Leon

Baie dankie vir die terugvoer. Ja dit sal seker nou en dan 'n biltong happie sny maar dis omtrent dit. Wat is die koste verbonde aan so iets?

Dankie
.22 CZ 513
.243 Sako 85 Hunter
.270 wsm Tikka Super Varmint (oppad)
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by Dries101 »

Tande is nie baie prakties nie. Genoeg materiaal gewoonlik vir inlays.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
leonstrauss
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Mon Jun 09, 2014 4:17 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by leonstrauss »

Hi. Gewoonlik so in die omgewing van R900 stuk, afhangende van die afwerking ens. Pm my jou details dan gesels ons
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by Stefan Fourie »

Die dun onder-tande breek of bars soos hy droog word, split soms regdeur in 2. Hou hulle in 'n plastiek sakkie tot hulle klaar droog geword het, dit hou die splinters bymekaar. Ek het al vir mense wat olifant beelde van hout of klei het daarvan geggee, dit lyk baie mooi.
bakoor
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Sun Jul 31, 2011 9:40 am

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by bakoor »

Vul die holtes van jou tande aan die agterkant met kerswas. Smelt sommer 'n kers in 'n houer en gooi agter in. Daai tande sal vir jare hou sonder om te bars.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by Stefan Fourie »

Bakoor, werk dit met die dun onder tande ook so?
bakoor
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Sun Jul 31, 2011 9:40 am

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by bakoor »

Stefan

Ja beslis, ek het van die klein ondertande wat gemonteer is en al jare staan. Het nie tekens van kraak nie. Het dieselfde met olifanttande gedoen.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by Stefan Fourie »

Dankie, sal dit onthou
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by johan1 »

n groot deel van die tande gaan verlore omrede die deel van die tandwortel weggesaag moet word en dan word die tand nog dunner vorentoe ook. As die tande regtig groot is kan jy mooi vol messe maak wat gbruik kan word vir alledaagse gebruik het al sulke messe gemaak met groot sukses. gee my n lui, kan help as jy wil. 082 857 vier nul 5 sewe
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by johan1 »

onthou ook dat die tande ook effens skeef uitbuig na n kant toe, as jy die tand op n tafel laat plat le sal jy sien dat dit nie oral aan die tafel raak nie. die punt krul effens weg en daarom gebeur dit dat as jy die tand deursaag, die twee heltes nie ewe is nie . die een het meet tan as die ander deel omdat dit wegbuig as dit groei
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Vlakvark tande vir 'n hef?

Post by johan1 »

messe wat ek maak met tand of kameelprdbeen smeer ek ook so nou en dan bietjie vasiline
Post Reply