Neil Schutte

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Rommel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 251
Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm

Neil Schutte

Post by Rommel »

Na n m@erse gespook om n ordentlike mes te kry het ek besluit om maar ene te laat maak. Hier is n mes wat Neil Schutte 4jaar terug vir my gemaak het. Ek het vir hom n skets met mates gestuur en hy het die mes daarvolgens gemaak. Invergelyking met die 404 rondtes kan mens sien dat dit n kleinerige mes is, ek slag lekker met n kleiner mes oor ek met my wys vinger op die rug van die lem slag, gee my beter beheer en ek kan voel wat ek doen. Daai outjie het al hard gewerk, moenie dat sy size jou laat frons nie, hy dop n buffel nou uit sy jas uit en n krokodil, wat vrek hard op n mes is, le gou gou spierwit en rondkriewel soder sy pantserpakkie!(foto is geneem toe hy redelik nuut was). Hout is Tambotie, tambotie het n natuurlike olie en al is daai hef heeltyd in bloed en water droog hy nie uit nie en het boonop n lekker reuk. Hef kan hy maak van wat jy ookal wil, jy kan self hout of ivoor ook verskaf as jy wil. Ek kan sy werk beslis aan beveel! Ek het ongelukkig nie meer Neil se besonderhede nie maar sal dit kry, het juis n stel seekoei tande wat kan vorm vat in n netjiese hef of 2!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Neil Schutte

Post by DWB »

Quinton, baie mooi man!

Ek is maar 'n sucker vir 'n mooi mes, en hier is paar manne op die forum wat KAN!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Neil Schutte

Post by theedge »

Baie mooi - netjiese mes
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Neil Schutte

Post by johan1 »

mooi mes Neil, ek hou self van n klein mes, werk net makliker met dit
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Neil Schutte

Post by johan1 »

lekker bree lem, hollow lekker hoog opgevat
mogodu
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Thu Jul 12, 2012 3:50 pm

Re: Neil Schutte

Post by mogodu »

Regtig 'n baie mooi mes. Kan ek maar vir my mesmaker die foto aanstuur?
Hy moet presies so een vir my maak
Hoe lank is die mes en hoe breed op sy breedste punt
Dankie
Groete
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Neil Schutte

Post by DWB »

Rommel is ongelukkig in Mosambiek waar ek twyfel of hy selfoon kommunikasie het
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply