More forum Vriende
Graag deel ek met julle my jag
Ek was genooi gewees om die af geloope naweek saam met n vriend van my op sy kliente jag tegan te Wilton Valley Hunting Safari’s!!
Wat n JAG!!!
Die reeling was dat ons om so 11uur in Brits sal ontmoet om van daar af verder noord tegaan, Min het ons geweet dat die man wat alles reel se water pype by die huis iets anders in gedagte het vir sy jag naweek. Na n paar foon oproepe en lang wag is ek en die maat van my se broer so teen 3uur Woensdag middag noord om die kliente tegan ontmoet op die plaas, net om seker temaak dat die manne nie droog maak nie, nou om vir my en Baps so iets tevra is om vir wolf skaap water temaak……
So net na 6 aan gekom op die plaas, die plaas bestuurder gan groet en af kamp toe om tegan aan sluit by die res van die manne en n rustige aand tegeniet voor ons die volgende oggend die bos in vaar!! Alles het goed af geloop en niemand het hulle self wangedra of in die vuur geval nie.
Donderdag oggend vroeg uit die bed koppie boere troos in die lyf vir die koue en daar gaan ons! Die reel op die plaas werk so: 7uur by die plaas huis en van daar af word jy uit gevat veld toe met jou gids en so teen 11uur se kant word jy weer op gelaai, en dan weer van 2uur tot 5:30.
Nie eers om die 2de draai nie en daar kry ons n groot troppie Blou wilde beeste eerste man klim af en daar gan hulle. So teen 7:45 was almal af gelaai in die veld en dit was nie kort voor lank nie toe begin die skoote klap. Ek het 2 mooi Rooibok ramme geskiet, terwyl van die ander manne ook mooi geskiet het en ander nie so mooi nie…
Trug kamp toe vir een helse brunch en om tewag vir die res van die gesls kap wat eers Donderdag oggend weg is uit die Wes Rand as gevolg van die water pype….
Donderdag middag was egter minder sukses vol my soeke na n Vlakvark . Hulle het egter die memo erens gekry en was skoon veld!!!
Donderdag aand om die vuur het almal hulle stories van die dag se jag uit geruil en lekker gelag!!
Vrydag oggend was dit weer vark soek tyd en ek en my gids is some voor 7 al weg met die plaas bakkie na die verste hoek van die plaas, daar aan gekom bakkie onder n boom gestop en n toon geklap! Ons het so 3 bloke deur gewerk toe to vat ons n reguit pad lyn draad toe om weer teprobeur met die wind wat kort kort draai. Met ons aankoms by die lyn draad toe sien ons hoe al die varke uit die plaas hardloop, die pad oor steek en in die bierman se grond gan staan en tong uit steek….
Ek het maar my moed by mekaar gemaak en aan hou soek n ou varkie. So net na 10 gryp die gids my an my baadjie en trek my af grond toe.. loer om die bos en daar staan n trop BWB ek wys vir hom dis reg en ons beweeg bietjie nader, ons het hulle seke so 5min dop gehou te deweeg daar n mooi koei in die skoot vlak in met geen tyd om temors trek ek haar toe plat. Ek en die gids haal toe die pens uit en sleep haar onder n skadie kol in en gan haal toe die bakie dat ons haar kan laai.
Vrydag middag na weer eens n helse brunch en natuurlik n middag slaapie is dit trug bos toe opsoek na n Vlakvark….. na so uur en n half in die veld toe stop my gids en se vir my hy weet nou nie meer so mooi oor die Vlakvark storie nie en stel voor ons maak ons pad trug bakkie toe en gan soek op n ander gedeelte van die plaas… ek stem toe in en daar gan ons heel rustig oppad bakkie toe en so hier en daar gesels ons onder langs met mekaar toe hy in sy spore vas steek en agter n bos in beweeg… wragtag toe staan hulle daar 3 vark..ies., Hulle mooi deur gekyk en toe die grootse een van die 3 varkies links draai toe is dit verby met haar. Heel in my skuk is ons trug kamp toe met Varkie en al!
Saterdag oggend is ek saam met een van die ander manne uit veld tou om n kwes bok te gan soek, na ampe so 45min in die veld het ons die kwes bok gekry waar hy deur die nag onder n bos gan le het en bokveld toe is. Helfte van die manne het nog gejag Saterdag en die res van ons was lekker ly gewees!!
Vir die naweek se total tussen al die manne:
Vlakvarke 2
Bosbok 1
Rooiboke 9
BWB 6
Waterbok 1
P.S Fotos is oppad...
Wilton Valley Jag Naweek
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Wilton Valley Jag Naweek
So paar fotos...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Wilton Valley Jag Naweek
Dankie vir deel Alwyn, Lyk sommer baie lekker.
PS. Sien jou Vrydag
PS. Sien jou Vrydag
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Wilton Valley Jag Naweek
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Wilton Valley Jag Naweek
ek het nog net daar verby gery maar ek het baie goeie goed van die plaas gehoor
geluk met n lekker jag
geluk met n lekker jag
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Re: Wilton Valley Jag Naweek
Ek jag al vir baie jare daar by oorlede oom Hennie en Adri-hulle op Wilton Valley en Twee Riviere, dit was altyd klop-disselboom !
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Wilton Valley Jag Naweek
Dit was my eerste keur daar, EEN DING IS VERSEKE Adri het n verm hand oor daai plaas!! Daar was geen hak pleke nie, die kos was lekker alles was 110% almal het gekry wat op hulle jag memos was!!bush hat wrote:Ek jag al vir baie jare daar by oorlede oom Hennie en Adri-hulle op Wilton Valley en Twee Riviere, dit was altyd klop-disselboom !
En net gisteraand toe kry ek n oproep van die man wat alles vir ons reel om volgende jaar se datems vas temaak
Hier is nog n fototjie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.