Boerderygebiede waar Jakkalse Nog Nie Voorkom Nie

Post Reply
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Boerderygebiede waar Jakkalse Nog Nie Voorkom Nie

Post by prohunt »

Goeiemore,

Na aanleiding van 'n ervaring wat ek Maandagaand gehad het (post onder "Hoeveel") wat ek weer hieronder sal plaas vir duidelikheid, het ek gewonder waar in die land is daar nog boerderygebiede waar jakkalse nog nie voorkom nie. Maw waar het hulle nog nie inbeweeg het nie en nog nie 'n probleem is nie??

Dit sal net interessant wees om dit te lys en miskien dan so elke 6 maande of 'n jaar te vergelyk watter van daardie gebiede nog kan spog dat hulle jakkalsvry is. Dit kan dalk ook 'n aanduiding gee van hoe die jakkalse in nuwe gebiede inbeweeg.

Aanhaling uit "Hoeveel"
"Ek het gisteraand 2 rooikatte en 'n jakkalsteef gekry. Wat interessant was is toe die boer vir my noem hoeveel lammers hy verloor het en die tipe vreetskade het ek dadelik gedink dit moet 'n jakkals wees. Die boer het my egter verseker dat daar in die geskiedenis van die plaas nog nooit 'n jakkals gesien of gehoor is nie.......so volgens hom nee dit moes 'n rooikat wees want hy vang hulle gereeld in hokke.

Toe ek vroegoggend met die jakkals daar aankom (wat "toevallig" binne 600 meter van waar die lammers gevang was geskiet is) kon hy dit nie glo nie. Gelukkig was sy laaitie my drywer vir die nag as getuie van waar sy geskiet is. Ek is toe gevra om foto's te neem sodat die laaitie dit vir sy oupa kan wys wat op die plaas grootgeword het, want hy sou hulle nie glo dat 'n jakkals op die plaas geskiet is nie.

Wat is die "moral of the story"? Die jakkalse hou aan uitbrei na gebiede waar daar nooit voorheen probleme was nie."

Soos Taffie altyd sê: "Vlekkie stel nooit teleur nie" ;D

Groete

Johan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Boerderygebiede waar Jakkalse Nog Nie Voorkom Nie

Post by Henry 7 »

Johan
Laaste wat ek gehoor het was daar nog nie jakke in Hopefield nie.
Henry
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Boerderygebiede waar Jakkalse Nog Nie Voorkom Nie

Post by prohunt »

Dankie Henry, goed om te hoor daar is nog sulke plekke. Ek maak 'n lys:

Hopefield - Julie 2014 nog skoon.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Boerderygebiede waar Jakkalse Nog Nie Voorkom Nie

Post by 2vierniks »

Die manne in die weskus moet maar praat, maar ek glo nie hopefield is nog skoon nie. Vra vir oom bool, volgens hom is hulle oral uitgeroei...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Boerderygebiede waar Jakkalse Nog Nie Voorkom Nie

Post by Arnold »

Ek dink daar is selfs jakkalse by die perlemoen en mossel plase :laugh:
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Boerderygebiede waar Jakkalse Nog Nie Voorkom Nie

Post by prohunt »

Ja Arnold.....en dan het elke bedryf ook nog sy jakkalse ;) ;D
Post Reply