Skaap afal

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
hermaans
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Fri Aug 16, 2013 7:49 pm

Skaap afal

Post by hermaans »

Ek wil graag weet of daar nie iemand is wat my kan help met die proses om afal te skraap, maar nie die gewone manier wat ons ken van warm water en lemmetjies nie.Daar is n ander manier wat deur die groot plekke gebruik word,hulle sit iets by die water sal graag wil weet wat.Ek het so n 30 afalle wat moet geskraap word en die hande is nie daar nie.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Skaap afal

Post by Kalahari »

Hermaans

Ek het vanaand 'n lekker afval geeet ;) . Woensdag bees en skaap afval gewerk. Dinsdagaand die afvalle (pense pote) van die bees en skaap so skoon as moontlik net met koue water skoongemaak en toe 'n redelike groot plastiek vleisbak gepak, gooi dan 1-2 koppies bouers kalk by en roer die spul lekker deurmekaar en laat staan oornag.

Volgende dag se werk was maar nog baie, die pense is nog op die gewone manier met stomp mes en lemmetjies bygekom. Dit gaan egter vinniger as met die kookwater manier. Die kalk maak net dat die pense makliker en vinniger gewerk word die volgende dag en die afvalle is sommer mooi wit.

Hoop dit help, want dit is al manier wat ek van weet.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Skaap afal

Post by Jacquesb »

Ekt al gehoor daar word koeksoda in di e water gegooi om die skoonmaak te vergemaklik. Eks egter nie seker nie.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Skaap afal

Post by Kalahari »

Jacquesb wrote:Ekt al gehoor daar word koeksoda in di e water gegooi om die skoonmaak te vergemaklik. Eks egter nie seker nie.
Jy is heeltemal reg, as jy die eerste gedeelte begin skraap het en die afval gaan in die volgende skottel skoon water in kan jy maar 'n skoot koeksoda bygooi, niks verkeerd daarmee nie.
As ek derms skraap kom daar ook koeksoda en sout vir die nag by voor die tweede skraap die volgende oggend.
Last edited by Kalahari on Sun Jun 29, 2014 11:34 am, edited 1 time in total.
User avatar
Naas1
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed Oct 09, 2013 4:14 pm

Re: Skaap afal

Post by Naas1 »

Ek gebruik ook die kalk resep maar gooi 125g gebluste kalk (Wat baie suiwer is) wat jy by 'n apteek koop op 9L koue water roer goed en laat oornag staan (roer nog 'n keer na paar uur) sny die volgende oggend net die rante af.
Wanner jy dit dadelik krap en of die kop en pootjie ook krap:
Week die kop en pootjies 1 uur lank in koue water, maak die gebluste kalk met kokende water aan, doop die kop of pootjies in die kalk mengsel, krap en spoel af met koue water herhaal die proses soos wat jy krap.
30-06 Brno, 308 Travelo, .22 Obrendorf Mauser, 12Br Browning, .177 CTR
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Skaap afal

Post by Gert Odendaal »

Hermaans, met afval is daar dood eenvoudig nie `n maklike manier nie...krap sal jy moet krap, gebluste kalk help tot `n mate maar jy gaan nie verby die skoonmaak proses kom nie... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Skaap afal

Post by henning »

Wat presies is die doel van die kalk, of dan wat doen die kalk?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Skaap afal

Post by Kalahari »

henning wrote:Wat presies is die doel van die kalk, of dan wat doen die kalk?
Henning, ek weet nie regtig wat die reaksie van die kalk (of doel) is nie, maar dit werk verseker om die skraapwerk minder/makliker te maak. Die vliese op die pense gaan net vinniger af as dit by die skraapwerk kom.
Die afval smaak nog egter dieselfde soos met die gewone manier van skraap met die warm wateer alleen.

Ek het ook maar net by ander mense van die kalk resep gehoor, dit probeer en gesien dit werk.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Skaap afal

Post by henning »

Dankie Johan, ek het nou ge-Google en dit lyk my dat die kalk neutraliseer die maag suure.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply