Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dit is maar geluk as ons kudu's raak loop daar op die plaas. Hulle het die afglope paar jaar al meer geraak en nou daar begin kalf, so hulle sal nou meer en meer raak daar. Vorige jare het ons hulle elke dag gesoek as ons vir 'n week gaan jag. Maar niks gekry nie. So vier jaar terug ook elke dag gesoek, maar niks gekry, behalwe die Sondag oggend toe ons die kinders vat om op die duine te gaan speel, toe kry ons 3 2daai bulle daar. Laas jaar ook gesoek, hulle een oggend gekry, maar het aanmekaar gehardloop.
Ons het Maandag oggend op die selfde plek gaan kyk waar ons hulle altyd kry maar niks. Eers toe 'n paar springbokke gaan skiet. Dinsdag bees geslag en Woensdag vleis gewerk. Donderdag moes ons eers al die waters op die plaas na ry. Net so voor die middag het ek gou die quad gevat en daar op die duine gaan kyk of ek nie iets sien nie. Ek het amper tot op die einde teen die pad gery toe 'n koei en so jaar ou kalf voor my oor die duin hardloop. Toe ek oor kom staan die bul by hulle. Net daar gelos en terug huis toe. Eers gou geëet en toe met die pad om gery. Vandaar het ek die koei en kalf gesien. Ek en my seun het toe agter die duin langs beweeg en reg oor hulle uitgekruip. Hulle het so 50m van ons af in die brosdoringbosse gestaan, maar ons wil nie koeie skiet nie. So 10min na hulle sit en kyk maar toe raak die laaitjie kriewelrig, want ek het gesê hy kan skiet. Beweeg toe bietjie terug en sien die bul agter 'n lemoendoring staan. Wag weer so 5min maar hy beweeg nie uit nie. Besluit toe om weer agter die duin in te beweeg en reg oor hom uit te kruip, so 50m verderf. die wind het redelik sterk nood gewaai. Toe ons regoor hom uitkruip, kom daar 'n voertuig met die pad verby en hy besluit om te hardloop en die koei en kalf agter na. Toe is dit terug pad toe so 500m weg. Hulle is toe oor die pad en agter die randjie verdwyn. Ons ry toe agter hulle aan. So 1km weg sien ek hulle weer onder 'n lemoendoring staan, my pa ry nader en hulle bly staan tot ons so op 100m kom. Stop en laatjie le weer aan, voor die skoot klap spring die bul weer weg, nou reguit grens draad toe en ek sê my pa moet hom voor keer, gelukkig is dit 'n oop gedeelte. So op 70km/h hardloop hy lang die bakkie en kom na ons kant toe. My pa stop toe want hy is bang die kudu hardloop in die bakkie vas. Met die weg hardloop kon ek hom van agter in die nek skiet, reg op die kopafsnybeen en hy het net daar neergeslaan. .270 130g Sierra Spitser bowtail. Geweer is Musgrave mod 90 light met terminator silenser en 6x44 Lynx scope.
Was 'n lekker ervaring en die kinders het die jag of jaag tog baie geniet. Christian bietjie ongelukkig omdat hy nie skoot kon inkry nie, maar hy sê volgende jaar is dit sy beurt. Hy kon darem 2 springbokke die jaar skiet.