Quikload en tempratuur
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Quikload en tempratuur
Ek het bietjie by die baan gaan speel met die Magnetospeed en my gewone Chrony, wat ek toe agterkom is dat die spoed verskil soos die dag warmer word.
Ek het met my 223 geskiet met 55gr Siërra SMP punte en S335 25gr
Die node spoed is op 3080fps en die geweer se groepering is gewoonlik so in 10mm.
11 uur toe ek by die baan kom is dit 14 grade Celsius.( gemeet met die Kestrel) Ek het die Magnetospeed en die gewone Chrony saam opgestel.
Gemiddelde spoed van 4 skote was 3065fps op die Magnetospeed... groepering was soos gewoonlik in 10mm
Ek het so bietjie gonge geskiet op 300m met die 223 en 30-06.
Ek het al alles opgepak en toe ek sien die temperatuur is 18 grade Celsius op die Kestrel besluit ek om weer die Magnetospeed op die 223 te sit
8 skoot gemiddeld was toe 3101fps
D.W.S. 4 grade Celsius het 36fps verskil gemaak in spoed.
Nou wil ek weet of iemand my kan sê of daar ’n manier is om quickload se temperatuur verstellings nader te kalibreer aan werklike resultate?
As ek my Quickload 18 grade het en 3101fps gekalibreer en ek verander net die temp. Dan verander die spoed na 3090fps en nie naby die 3065fps wat ek as werklike resultate gekry het.
My 2de vraag hoort onder lang afstand skiet maar ek gaan nie die hele storie daar oorvertel nie.
Hoe erg kan die spoed verskil a.g.v. temperatuurverskil jou laat sukkel op lang afstand skiet en hoe oorkom jy dit? Strelok het ’n Temperature sensitivity factor, maar ek het nie ’n idee van hoe dit werk nie.

SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Quikload en tempratuur
Ek het met die selfde gesukkel en die vraag op n ander draad gevra. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t=32821
Wouter het n beskrywing gedoen wat dalk practise kan werk, ek het nog net nie tyd gekry om dit te prober nie.
Wouter het n beskrywing gedoen wat dalk practise kan werk, ek het nog net nie tyd gekry om dit te prober nie.
Groete, Willie
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Quikload en tempratuur
Ek weet nie presies of dit by jou vraag inpas nie, maar indien jy QL kalibreer vir die werklike spoed wat jy op die skietbaan gekry het en dan ook die temperatuur verander na die werklike temperatuur, moet jy oplet dat die BRF outomaties weer verander het.
Verander dus eers die temp voordat jy die BRF aanpas om QL te kalibreer.
Verander dus eers die temp voordat jy die BRF aanpas om QL te kalibreer.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Quikload en tempratuur
Ludwig... Jou kruit se temperatuur is tog wel gekoppel aan jou omgewings temperatuur. Soos die dag temperature verander sal jou kruit se temp. ook tog verander.
Maar ek dink jy is reg.. ek wil altyd van alles ’n exact science maak en herlaai werk nie so nie...en veral Quickload nie.
Ek dink die beste is maar ’n goue middeweg...
Ek moet sê tussen die 2 keer wat ek geskiet het met die 2 verskillende temperature was die groepering baie goed gewees selfs met die spoed verskil, maar ek dink dit is omdat die lae temp. se spoed ongeveer 20fps onder die node was en die warmer temp. se spoed ongeveer 20fps bo die node was. Die spoed verskil was nie van so aard dat dit heel weg van die node is nie. Die groepering is regop 100m ek weet net nie wat se gebeur as die temp. nog meer verander en die afstand dalk 600m is....dan is dit dalk ’n heel ander storie.
Maar ek dink jy is reg.. ek wil altyd van alles ’n exact science maak en herlaai werk nie so nie...en veral Quickload nie.
Ek dink die beste is maar ’n goue middeweg...
Ek moet sê tussen die 2 keer wat ek geskiet het met die 2 verskillende temperature was die groepering baie goed gewees selfs met die spoed verskil, maar ek dink dit is omdat die lae temp. se spoed ongeveer 20fps onder die node was en die warmer temp. se spoed ongeveer 20fps bo die node was. Die spoed verskil was nie van so aard dat dit heel weg van die node is nie. Die groepering is regop 100m ek weet net nie wat se gebeur as die temp. nog meer verander en die afstand dalk 600m is....dan is dit dalk ’n heel ander storie.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Quikload en tempratuur
Ek het dit so gedoen maar die temp verandering kan jy nie op QL 100% reg kry nie.madako wrote:Ek weet nie presies of dit by jou vraag inpas nie, maar indien jy QL kalibreer vir die werklike spoed wat jy op die skietbaan gekry het en dan ook die temperatuur verander na die werklike temperatuur, moet jy oplet dat die BRF outomaties weer verander het.
Verander dus eers die temp voordat jy die BRF aanpas om QL te kalibreer.
Dis soos Ludwig se....QL maak nie 100% voorsiening vir dit nie en het maar sy tekortkominge
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Quikload en tempratuur
Ludwig het n belangrike punt genoem en dit is "barrel temperature".
As jy die effek van "barrel temperature" wil beperk, moet jy nie die koeel in die kamer in druk tot die laaste paar sekondes voor jy die sneller trek want hoe langer jy vat om te mik hoe warmer gaan die koeel raak.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Quikload en tempratuur
Ja ek verstaan 100% dat as dit in die son staan gaan dit baie warmer wees... Ek sal dit bietjie toets en kyk wat is die beste manier om jou patrone te hou m.a.w. nie in die son en ook nie in ’n cooler nie. Dalk net in jou kassie in die koelte...offff so iets...
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Quikload en tempratuur
So dit gaan dan oor hoe lank die patroon in die warm kamer le voor jy skiet.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Quikload en tempratuur
Ludwig....QL kan nie kompenseer vir die temp verskil nie...kan een van die ballistiese apps dit dalk doen sodat jy hom kan kalibreer om jou spoed te verander soos die temp. verander?
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Quikload en tempratuur
Ek het begin van die jaar begin om my ammunisie in warm toestande in 'n cooler te hou en nou in koue toestande, in my hempsak. Dit het beslis 'n mate van bestendigheid gebring.
Dankie Ludwig!
Dankie Ludwig!
Last edited by Eugene on Wed Jun 25, 2014 8:39 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Quikload en tempratuur
Luddie/Manne
Ek wil net iets byvoeg wat ons wereld veral hier in SA nog moeiliker maak en dit is ook dan ons verskillende batches van dieselfde poeier ook nie linieer reageer op temperatuur skommelings nie. So al hou jy noukeurig boek van wat werk in verskillende temperature is dit nie te se elke batch reageer dieselfde nie. Hierdie kan ook nie linieer toegepas word as n persentasie syfer nie soos die een batch warmer of stadiger is in verhouding teenoor jou toetsbatch nie. Ek het hierdie getoets spesifiek met S365 en die batches wat veral warmer was het heel uit konteks uit gereageer met die wat meer op standaard was. My oplossing hier is maar om te wag vir batches wat meer op standard is aangesien hulle defnatief meer voorspelbaar optree met skommelings.
Ek wil ook net noem dat die resep wat ek vroeer deurgegee het vir ladingontwikkeling meer van toepassing is op normale jag en selfs teiken ladings en dat lading ontwikkeling vir uitsluitlike langafstandjag/skiet so paar ander aspekte ook moet ingedagte gehou word.
Groetnis
Wouter

As jy regtig ernstig is oor hierdie saak kan jy vir jouself van daardie laser tiepe temperatuur meters koop om die temperatuur van jou ammunisie te meet elke keer voor jy skiet, dit sal jou help om redelike akkurate informasie in te samel oor die effek van temperatuur op jou ammunisie.maxboostsa1 wrote:Ludwig....QL kan nie kompenseer vir die temp verskil nie...kan een van die ballistiese apps dit dalk doen sodat jy hom kan kalibreer om jou spoed te verander soos die temp. verander?
Nog n onderwerp wat n groot verskil op jou spoed kan maak, wat ek nie besef het nie is dat humiditeit wanneer jy laai n groter effek op spoed het as temperatuur. Hierdie is vir my gese van n man by Somchem met wie ek dit telefonies bespreek het (kan nie nou sy naam onthou nie).
Nog n interesante ding is dat sekere poeiers se spoed is redelik konstant by laer temperature maar begin drasties klim soos die temperatuur hoer raak.
Dit is wel nie die geval met S365 nie. S 365 se spoed neem egalig toe soos die temperatuur vermeerder. Ek kan nie nou die informasie kry nie maar jy kan n sekere fps toename in spoed heg aan elke elke grade Celsius toename in temperatuur, maar dan in dieselfde asem gese as al die ander faktore wat spoed bepaal moet konstant bly.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim