n Ordentlike jaghond

Post Reply
Edri

n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Hallo almal

Kan iemand my asb help? Ek wil weet waar ek n ordentlike Jack Russell met goeie jag gene kan kry het iemand dalk vir my besonderhede of raad asb?

Dankie
Edri
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by BLOK »

Edri

Maat van my Connie hy boer met hulle, self by hom twee gekry. Sy honde is kampioen bloedlyne en hy jag ook gereeld met hulle. Hy bly in Kuruman omgewing.
Sy no: 072 087 8501

As jy daar nie reg kom nie gee my lui of hoor by hom sommer van my swaer by vryburg hy boer ook met hulle en Boerwindhonde.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Sjoe bja dankie... Het jy dalk n idee wat dt kos? Ek bly onglukkig net bietjie ver daarvan af maar sal wel hoor dankie
Weet iemand anders nie van n plek bietjie nader aan Limpopo nie?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by BLOK »

Edri.

Ja nee van jou af is dit nogal ver ma gee hom n lui hy sal weet van manne nader aan jou glo ek. Die telers ken mekaar mos maar reg oor die land.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Ja sal so maak baie dankie vir die moeite :)
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Blok daai nommer wil nie werk nie kan ek dalk jou swaar se nommer kry asb?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Geno »

Probeer vir Ilze Grobler 082 855 5226 . Sy't baie goeie steekhaar honde.
Sy is in die Settlers Limpopo omgewing.

Hier is my hond, Lucy, pa- steekhaar, ma- kortbeen gladdehaar. Bitter goeie spoorhond, en ook nie bang om iets vas te keer nie, sy het al 'n gekweste blouwildebees aan die neus gegryp en vasgeklou tot ek hom geskiet het.

Image
Goed, beter, 6millimeter!
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Baie dankie Geno

Hoe oud is dai hond van jou? Hoe het jy hom opgelei?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Geno »

Edri,
Sy word oor 3 weke 5jaar oud.
My oplei tegniek is bietjie wreed so ek sal dit eerder nie plaas nie, maar dit behels blou ape en 'n .308 ;)

Haar pa kom van Ilze af, sy is een van die beter JR telers.
Daai steekbaarde is great hondjies, hulle pedigree is langer as die Queen sin.

My hond is regtig briljant op 'n spoor en om 'n dier te "bay". Sy het die vark in die foto gou gou gekeer voor hy deur die draad kon glip. Ek het hom toe agter die oor gepiets.

Ek is mal oor die "pocket rocket" jack russels.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Sjoe ja ds bja lekker wil my hond ook graag so leer maar moet net eers 1 kry haha...

Het jy net die 1 hond of is dit nie nodig vir meer as 1 vir die tipe ding nie? :)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Geno »

Ek het net die een.
Sy het baie geleer by Spike, 'n hond wat 'n outfitter vir wie ek gewerk het gehad het, hulle het mooi saamgewerk.
Hy was 'n klipharde hond gewees.
twee honde werk lekker saam, maar een goeie hond is goed genoeg.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by BLOK »

Skies Edri lyk my ek het nooit sy ou no in my tel boek reg gemmak dit is 0834781717

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Foxhound »

more se almal

Ek dink as dit by taai jaghonde kom kan jul maar gerus vir oom Giep van Tonder n luitjie gee

Hyt regtig uitstekende honde, langbeen steekhaar Jack russels, die beste van hul soort, glo Kamakasi en Staphan sal jul ook meer van kan vertel

Groete
Foxhound
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Haha baie dankie julle help my baie... maar hoe leer jy n hond dat hy agter n vark aan gaan?

Dankie
Edri
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Blok

Daardie nommer bestaan nie op mtn nie se hul...
Jammer maar kom nie by hom uit nie

Edri
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Yalair »

Het jou ge pm
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Andy »

Edri,
[Haha baie dankie julle help my baie... maar hoe leer jy n hond dat hy agter n vark aan gaan?
]

Ons gee die honde die afval van die varke om te eet en laat hulle saam die ouer honde jag. Die honde kry ook die velle om op te slaap en te kou. Party honde jag natuurlik en het nie die ouer honde se leiding nodig nie. ons hou ook die jonger honde aan 'n leiband tydens die jag totdat ons weet die ander jaag 'n vark. Honde wat op 'n gereelde basis stout (bokke jag) kry 'n shock collar, dit is gewoonlik net nodig vir so drie of vier keer dan gedra hulle hulself.

Groete

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Edri

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Edri »

Andy

Baie dankie man sal my baie help...
Maar hoe kry j hom op die vark se spoor? kom dit van self?

Dankie
Edri :)
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: n Ordentlike jaghond

Post by Andy »

Edri,

Ja dit kom van self maar die hond vat egter nie fisies die spoor nie, hy vat die reuk van die vark.
Ons het al gekry dat die honde tot 6 rye mielies van die spoor af hardloop hang net af hoe vars die spoor is.
Dit gebeur egter ook nie oornag nie dit hang van hond tot hond af. Ons het byvoorbeeld al honde wat op hulle eerste jag varke gejag het maar die meeste vat 'n tydperk om te jag. Jy moet egter net seker maak dat die honde wel 'n vark jaag voor jy hom aanhits aan die begin.

Sterkte

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Post Reply