Nuwe voorgestelde wetgewing

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by 375fanatic »

ek ruik alweer n ene Kontbroek van Schalkwyk verrai al weer die nasie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Dawie Malan »

Kom ons wees eerlik. Jy wil tog nie 'n rooibok fillet eet,wat in die sand en stof geslag is, vir drie dae onder 'n boom gehang het (selfs met muttoncloth om), en vir vier ure agter op 'n hi-lux ,(wat met 'n tuinslang afgespuit is) in 'n swart plastiek sak, onder al die ander bagasie, vervoer is nie.
En so praat 'n volbloed stadsjaap... ;D
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Biltong »

Kopskoot ou mater. Ek dink nie 'n slagter sal vrot/besmette vleis aankoop nie. Vra maar vir Robbie -dis mos tot sy eie nadeel.
Dit gaan vir my daaroor soos Wouter ook genoem het dat daar uit ons jare lange ondervinding geen gesondheidsredes is om die wildsvleis so te probeer beheer nie. Geen gevalle van siekte is aangeteken agv vrot wildsvleis nie.

Onthou ook ons is hier in Afrika -hoeveel diere word nie tradisioneel geslag en privaat gebruik nie -gaan dit beheer word? Nee.

Vir my gaan dit hier ook oor die groot hoeveelhede kapitaal wat bestee sal moet word om aan die wetgewing te voldoen en die tyd en moeite en koste om dit te probeer implementeer en te reguleer. Weeg bietjie die koste op teen die voordele vir die verbruiker. Om te jag gaan net duurder word. Nou moet ons selfs van koeltrokke/trailers gebruik maak! Strooi.

Ek se weer -die oesbedryf is dalk iets anders -dis afhanklik van internasionale standaarde/vereistes en dis goed.

Los my net uit as ek my jaar se vleisvoorraad wil gaan jag en by my gunsteling slagter aflaai!!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by 375fanatic »

ek het nog nie die wet gelees nie maar ek het iewers gehoor dat wildvleis as alternatiewe vleisbron ontgin en bemark wil word en om dit veilig in supermarkte te verkoop moet die oorsprong bekend wees.

volgens die cpa moet jy as supermark ten alle tye kan bewys dat die Koue ketting gehandhaaf was tot die trokke wat aflaai se temp word gecheck dis op alle bederfbare produkte en die produk moet ook terug getrace kan word na sy oorsprong.

ek stem nie saam met die beperking op wild wat ek mag jag nie . maar ek verstaan tog wat hulle probeer doen
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Jean Marais »

Ek het so vlugtig deur die voorgestelde wetgewing gelees, en dit
“private use” means for own consumption and must not be sold for commercial purposes and must not be considered under this Scheme;
het my opgeval.

Gaan hierdie nie net oor die kommersiële oes van wild nie. In 'n mate kan ek dan verstaan as daar sulke voorstelle mag kom. Hoe gaan dit die gewone biltongjagter beïnvloed.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by kopskoot »

Biltong wrote:Kopskoot ou mater. Ek dink nie 'n slagter sal vrot/besmette vleis aankoop nie. Vra maar vir Robbie -

Ek stem saam! Robbie sal nie, maar dit beteken nie, dat niemand dit doen nie!



Los my net uit as ek my jaar se vleisvoorraad wil gaan jag en by my gunsteling slagter aflaai!!
Dis hoe ek dit verstaan! Hulle wil nie hê jy( die biltong jagter) moet daraan voldoen nie. Slegs die ouens wat meer skiet as wat hul eet, en dit dan verkoop.( Wat dan beteken jy oes ook maar. Of noem dit dan skiet vir die mark)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Eugene »

Manne, die biltongjagter wat vir eie gebruik skiet en self sy vleis bewerk, is vrygestel van die vereistes, maar die gedeelte waar jy as biltongjagter, steeds beperk word tot sekere hoveelhede van sekere kategorie bokke, is die gedeelte wat my pla!

Die slag en vleis verkoop gedeeltes pla my nie so erg nie en hier stem ek saam met Ronald.

Maar ek wil nie beperk word tot sekere getalle vir elke 14 dae tydperk nie. Meeste manne skiet dalk nie gereeld meer as een groot bok (Eland, koedoe BWB, ens) per jag nie, maar wat gebeur as jy dit wel WIL doen?

Dit is my probleem....
Aim small, miss small
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by kopskoot »

Eugene wrote: Meeste manne skiet dalk nie gereeld meer as een groot bok (Eland, koedoe BWB, ens) per jag nie, maar wat gebeur as jy dit wel WIL doen?

Dit is my probleem....
Dan gaan n man genoodsaak word, om n klompie van daai "dansakedemie dames" saam te vat op n jag. Elk gewapen met n jagpermit. Dan klap jy nou soomer twee vliee met een klap! 8) :): ;D
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

kopskoot wrote: Dan gaan n man genoodsaak word, om n klompie van daai "dansakedemie dames" saam te vat op n jag. Elk gewapen met n jagpermit. Dan klap jy nou soomer twee vliee met een klap! 8) :): ;D
Ek wil nou my skoonpa se 2 sitplek Cruiser koop omdat ek plek soek vir die wild as ek skiet. Nou lykit my ek moet 'n dubbel cab soek.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by BLOK »

kopskoot wrote:
Eugene wrote:
Dan gaan n man genoodsaak word, om n klompie van daai "dansakedemie dames" saam te vat op n jag. Elk gewapen met n jagpermit. Dan klap jy nou soomer twee vliee met een klap! 8) :): ;D
Kopskoot wil nou weer net kopskote gooi ipv jag lyk my ;) ;D ;D ;D


Newat met die vleis vir herverkoop en of laat bewerk by slaghuise het ek ook geen probleem, ek dink Ronald het dit mooi verduidelik en ek het al self gesien hoe lyk sommige karkaste wat slagters namens klient moet bewerk. Maar stem nie saam met die getalle per dag. Hierdie jaar byvoorbeeld gaan ek nie veel by jagte vir myself spesifiek uitkom nie, ek het net een keer gaan skiet en drie hartbeeste en n kudu bul geskiet. Die vleis behoort seker genoeg te wees vir my droewors en bilting vir paar maande en alles gaan ek self gebruik. Nou volgens hierdie wetgewing sou ek gedwing gewees het om vier jagtris te gemaak het en dit maak nie vir my sin nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by ROBBIE1 »

Manne dit is ongelukkig n realiteit. Insette het gesluit, SAJNV, nog ander instansies, en baie privaat persone en boere het insette gelewer. Ek was self ook betrokke en het verskeie insette gelewer en onpraktiese goed in perspektief gestel, en moet erken, die manne was baie ontvanklik, en het geluister na rede.

Een van die dinge wat ons reg gekry het, was om die implimentering van die opgradering oor n 5 jaar termyn te laat verleng. Dis baie tyd vir elke boer om landelike of lae deurset abattoir te maak, wat werklik nie veel geld gaan kos nie. Die vereiste hier is dat die vloer en mure n glade wasbare oppervlak moet wees, die stuktuur stof, water en insek bestand moet wees, en direk in n koelkamer in lei. Daar moet n steriliseerder en n wasbak in wees. Kerels, dit gaan werklik nie hope geld kos nie, MAAR gaan elke biltong jagter weet sy vleis vleis word skoon en onder die regte omstandighede geslag.

As julle sien wat se vleis ek inkry van manne wat vir die pot skiet, sal julle die wetgewing verstaan. Party boere gee ongelukkig net n veer om of hulle werkers nou jou bok van die pensmis bemors of nie, hy kry sy geld. Is dit regverdig teenoor jou as jagter? Not a damm, ek dink nie so nie.

Wat die implimentering betref, word daar op die stadium begroot vir die skep van nagenoeg 3000 poste was die laaste wat ek gehoor het, om die projek van die grond af te kry. Of dit maar n werkskepping projek is, of omdat die regring werklik omgee, sal ons nooit weet nie. My vraag aan een van die regering se amptenare was hoe hulle gaan toepas dat die boer wel gehoor gee aan die wetgewing, en sy antwoord was baie vinnag en maklik, al die jagplase is mos geregistreer by landbou, ons stuur die kennisgewing uit, en kontroleer dan net die samewerking van die boere!!

Verder is daar mos maar manierenom by die getalle verby te kom manne. Daars bv 4 jagters in die bakkie, een het 5 rooibokke maar n ander net 3, so wats die kopseer? Koos het 3 bwbte, maar vriend Jan en Giel het elk net rooibokke geskiet, so nou het hulle elk vir die praktiese vervoer van die vleis, maar net elk een Bwb geskiet!

Manne, slegte nuus is dat dit volgens die voorskrifte hanteer is, oogestel was vir insette, en nou net le en wag vir n handtekening.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Dimitri »

I am not against a grading system for abattoirs.

I am against local hunters being prescribed to regarding how many animals they may shoot during a hunting trip. If there are laws against hunters trading in game meat then dedicate some resources to finding and prosecuting those who make a business out of it without a license. Don't take the lazy way out bu simply penalising the entire hunting community with unreasonable legislation.
ROBBIE1 wrote: Verder is daar mos maar manierenom by die getalle verby te kom manne. Daars bv 4 jagters in die bakkie, een het 5 rooibokke maar n ander net 3, so wats die kopseer? Koos het 3 bwbte, maar vriend Jan en Giel het elk net rooibokke geskiet, so nou het hulle elk vir die praktiese vervoer van die vleis, maar net elk een Bwb geskiet!
And don't force otherwise law abiding citizens into coming up with lies and schemes to circumvent unreasonable laws. Most people want to be honest and abide by the laws. Expect a large % of hunters to break the law using clever cover-ups and another large % who are too scared to lie/use the cover-up scheme or just don't feel right about it to be grossly and unreasonably inconvenienced by the quota rule.

I recall Martin Hood saying that during input to the FCA, the govt often seemed very receptive to ideas, criticism and practical logic from the firearms community. However, at each stage we were left exasperated when all the good information was seemingly just ignored while they blundered on with their own set agenda. I am not encouraged by Robbie's assertion "dat hulle na rede geluister het"
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by ROBBIE1 »

Dimitri ek was toevallig teenwoordig by 3 sitting, en soos ek se, het die manne geluister na wat gese is.

Kom ek stel die vraag anders om. Watter gewone biltong jagter skiet in elk geval op n normale jag trip, meer as 1 groot en 4 klein bokke, sluit die springbok nou hier uit? Ek ontvang 100de jagters per maand, en moet se, daars die enkeles wat wel meer skiet, maar die oor grote meerderheid kom met nog baie minder as dit in. En onthou nou, die wet maak voorsiening dat jy wel meer kan skiet, so as jy jou 20 springbokke wil gaan blaas, doen dan net aansoek daarvoor en motiveer jou aansoek, dan sal dit verseker nie geweier word nie. Die grootmding gaan hier oor die jagter wat die geld het om meer te skiet, maar nie als gebruik nie, en dit dan herverkoop, en daardie vleis dan deur die slaghuis verkoop word.

Ek wil nog n vraag stel, as jy nie n man ken en weet waar die karoo lam vandaan kom nie, sal jy gemaklik wees om sommer by enige " fly by night vleis smous" daai lam te koop? Ek dink nogal nie so nie. Dit is waarvoor die wet in werking gestel word, en dink nou mooi, op die ou end, beskerm dit die verbruiker die meeste. Julle sal nie besef watse romp slomp dit vir ons as slaghuise beteken nie, al die inspeksies, lisensies en en en wat nodig is is baie erger as met bees en skaap!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Beretta »

Ek stem glad nie saam met die wet nie wie is die regering om vir my te se hoeveel bokke ek mag skiet en nie mag skiet nie. Jy moet aansoek vir meer skiet se gat man nou moet jy n staats amptenaar se gat lek vir n permit. Hoekom bestee hulle nie hulle tyd en geld om die koper diewe te vang nie. Nou kan jy seker weer n misdaad rekord kry as jy nou een bok te veel het. Ek kan nie glo iemand steun die wet nie. As die slaghuis bereid is om vrot vleis te koop en verkoop is dit sy probleem.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Flip Nel »

Robbie

Niks teen jou nie

Maar gaan dit nie makliker gemaak word deur na die slaghuise te kyk nie. Net oor iemand die geriewe het is nie te sê daar sal nie pensmis op vleis wees nie. Die slaghuise kry inspeksies etc. is dit nie makliker om dit daar toe te pas nie. In Namibia moet jy 'n permit he om vleis aan 'n slaghuis te verkoop, ek weet van 'n slagter wat paar waarskuwings gekry het om nie te koop sonder permit nie en nogsteeds dit gedoen het, hulle het gekom en hom vir 'n week toegemaak, hy het 'n klomp geld verloor nou kyk die ou nie eers na vleis sonder 'n permit nie.
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Doomslayer »

met die slaggeriewe het ek nie probleem nie. Met die kwotas op bokke het ek wel probleem.

Ek beskou myself nie as buitensporige aktiewe jagter nie - ek jag maar vir my eie en nabye familie se gebruik. Ek het al vele male meer as een groot bok geskiet:

Bv. Blouwildebees, Kudu en Waterbok in een trip.
Bv. 2 Rooihartebeeste en 6 blesbokke.

Ons almal weet dat jy nie voor die tyd kan voorspel wat jy gan kry in die bos nie, veral nie in die noorde nie. Daar skiet jy wat voor jou roer verbyloop. Ek gaan vir seker nie verbyhou by daardie 54" kudu net omdat ek nou kwnasuis my kwota volgeskiet het nie.

Ek dink hierdie gedeelte van die wetgewing is 'n loutere pot onverdunde, onwelriekende en ondeurdagte 11.1.11!

Met die slaggeriewe kan ek wel saamstem - ek moes al springbokke 02:00 in die oggend staan en slag met 'n leeslampie, stuk bloudraad en doringboom se hulp...
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Dimitri »

Robbie, I admire your optimism regarding the govt listening to reason. And I hope you are right.

Why not just say that a butchery may only buy meat that carries a certificate from a xyz - rated abattoir? If you shot the animal through the stomach then the farm manager or whoever the meat inspector is knows he cannot issue a certificate for resale of the meat to a butchery. If you shot a brain, neck, heart or lung shot and the carcass was handled in a hygienic facility with the right rating then, theoretically, what hazard does that pose for the public who would buy that meat? Also, as Beretta says, the dodgy butchers cause their own problems for the rest if they buy suspect meat that they can conceal in boerewors and patties.

Furthermore, we are inconvenienced and licensed to death. Why should we have to apply to shoot additional animals? Why should we be dictated to regarding how many cows/chickens/pigs/sheep/ducks/kudu/impala we can buy directly from the farmer FOR OUR OWN USE? I am sure there are many reasons why you may want to shoot more that this govt quota. The idea of having to apply, each time, for a 2nd large game animal makes me angry. Why should I have to do that? Instead of employing people to issue additional animal licenses, employ a few more inspectors/investigators to track down people who abuse the current laws that have worked so well. Yes, tighten up a bit on the QUALITY of meat that may be bought and resold to the general public but leave the own-use citizen alone.

So you shoot your young kudu bull for the meat and the next day while out hunting your Category ? smaller buck you spot a 58" kudu on the mountainside. For some people, seeing a 58" kudu happens only once in their lives. So you either have to apply for additional animals of each species on every hunt (who knows when you may have the opportunity on that big one), OR you simply have to pass up those opportunities OR you break the ridiculous law.

The abbattoir rating is reasonable.
Wanting only "quality/hygienically" processed carcasses to be made available to the general public is reasonable.
Prescribing to local hunters how many animals they may shoot on a trip is UNREASONABLE
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Dries101 »

Kyk as jy die mark formsliseer. Wat lyk my hulle be oog. Dan soos met alles verloor die boer, die jagter word opsy geskuif en die groot ketting winkels maak die geld sodat die staat hulle kan belas. Daar sal pure wildsvleis boere onstaan en pure trofee ouens. Waar die gewone biltong jagter gaan inpas weet ek nie aangesien vraag en aanbod die vleis prys gaan bepaal. En as shoprite besluit dat r60 n kilo vir blesbok n goeie prys is dan is ons almal tickets. Die beperking op hoeveel n individu mag jag kan veroorsaak dat dit die boer meer baat om te laat oes ipv jag..... Dalk bietjie ekstreem maar nie n onmoontlike scenario nie. Bottomline jag plek sal skaarser wees en bokke duurder. Dit klink soos n wet wat geskryf is deur rykgatte vir rykgatte. En as ek sien hoe wildsvleis nou gepush word dan moet ek wonder waar is die slang in die gras...
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Hein22 »

Ek stem.. hierdie is sommer stront. Net nog onnodige rooi tape. So terloops, ek het laas jaar eland, koedoe, wildebees en twee rooibokke op een trip geskiet.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Carl »

Ek dink goeie slag geriewe is voordelig vir almal, binne perke. My grootste vrees is dat die permit stelsel soos die FCA gaan flop. Mannekrag, bevoegdheid en 'n bottelnek met aansoeke rondom die jag seisoen gaan beteken permitte word nie betyds uitgereik nie.

Maar nou ja ek sien meeste mense in Rustenburg stop nie by 'n Stop straat nie, so wette maak ons nie bang nie;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Marc »

Wie in die lewe gaan hierdie wet toepas en kontroles doen, dis nog een van daai belaglike plannetjies om die "bevooregtes" in die bek te probeer ruk.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Jaktrap »

Mense wat die SYSTEM gebruik om vir hom n paar Rand gewaarborg te kry vir sy besigheid maak my siek.
Inflasie maak dat ons nie soos ons voorouers n maand lank kan gaan jag en ons eie vleis verwerk en onder die bome slag op "safari" nie.
Daar is n groot deel van ons samelewing wat nie omgee as n vlieg by sy een neusgat inloop en by die ander uit nie so hierdie is weereens net nog n aanval op ons vryheid.
Probeer deurkom na n staatsdepartement om aansoek te doen vir n permit van watter aard ookal en jy moet op jou kniee staan en dankie se as iemand die foon antwoord en as jy dit egter betyds kry moet jy sommer die lotto ook speel.
Net nog n manier van ons geld STEEL
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by Jaktrap »

Ons het minder regering in ons lewens nodig nie meer nie. Wanneer die regering begin om alle vleis verwerking te reguleer soos in US dan sal julle sien watter onheil broei daar uit. Dan sal alle slaghuise soos Robbie sin verdwyn en jy koop alles by P&P
Nou onlangs moes een van hierdie SUPER SLAGHUISE 2000 000 pond se mince vernietig omdat dit besmet was.
Ons moet nog baie dankbaar wees vir die kwaliteit vleis wat ons kan geniet en teen die prys wat ons daarvoor betaal.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by BRNO (Pierre) »

Marc wrote:Wie in die lewe gaan hierdie wet toepas en kontroles doen, dis nog een van daai belaglike plannetjies om die "bevooregtes" in die bek te probeer ruk.
Dis eenvoudig Marc. Zuma het klaar gese hy soek 1 miljoen ekstra werksgeleendhede in die landbou sektor. Hulle gaan net 100 000 inspekteurs met handlangers en avis karre aanstel, en 10% van die doelwit is reeds bereik, deur net een swaai met die vlieeplak te gee. Nou gaan die jagkostes weer opgaan, of oor nog n rede, want die boer moet sy geriewe op slaghuis standaard kry, en hy moet nog omkoopgeld aan die inspekteur betaal wat nou net uit std8 kom en n twee weke kursus bygewoon het, maar die mag het om jou operasie tot stilstand te bring.

O ja, jy as belastingbetaler gaan nog op een of ander manier hiervoor betaal, want die gelde wat die boere aan die staat gaan betaal, val in die eerste opperhand se broeksak.
Veiligheid eerste manne!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Post by ROBBIE1 »

Manne ek het die selfde gevoel en ook daarteen gestem en beswaar gemaak, maar hulle standpunt is hoeveel vleis kan 1 gesin gebruik, en daarvolgens het hulle op die hoeveelheid besluit.

Moet my asb nie kruisig omdat ek dit onder almal se aandag gebring het in my artikel in Jagter nie, ekt gedink dit is tot almal se voordeel om ingelig te word, eerder as om volgende seisoen dalk n verassing te kry in n pad blokade!!

Daar was n klousule dat jy as biltong jagter, die vleis moet vervoer in gevolge vleis regulasies met die vervoer van vleis, wat beteken dat dit in n hangende posisie, in n verkoelde geisoleerde eenheid moet wees, om sodoende nie die "cold chain" te verbreek nie. My redenasie was, waar gaan julle as gewone biltong jagter, almal nou skierlik n koeltrok of trailer kry, en ons het dit gewen en dis geskraap! N ander klousule het gelees dat die vleis binne 10min by n slagplek moet wees. Nadat dit aan hulle gestel is hoe die proses werk na die skoot geklap het, die bakkie moet kom, diembok le in die bos en moet recover word, gelaai word, terug gery word slagplek toe, het hulle dit gewysig na 2ure toe. Ek kan nog vele vir julle opnoem, maar die kwota kon ons nie verander kry nie.

As daar dalk meer besware ingekom het, sou dit dalk meer gehelp het, maar ongelukkig het daar nie.
Post Reply