Simon werk vir 6 maande in RSA en hy is 'n Ier wat nog nooit gejag het nie en ek sou om bietjie touwys maak. Ons het hom ook darem 2 weke van tevore skietbaan toe gevat en hy het glad nie sleg gedoen nie.
Op my lys was twee varke wat ek vir mense kon skiet en ek was ook kieskeurig om nie die eerste een te klop nie want die mense wou darem bietjie gewig aand die karkas he. Simon het 'n budget gehad en ons sou dan skiet wat ook al eerste kans vir hom gee. Simon sou met my .270 skiet et 140gr SST wat lekker opbreek en ook dan kan opmaak vir 'n skoot wat nie perfek die kol tref nie.
Ons het so 10 uur se kant daar aangekom en sommer dadelik die gewere getoets wat nog almal perfek in die kol was so geen verskonings vir slegte of miskote nie. Simon het toe sommer weer 2 skote geskiet net om meer vertroud te raak met die geweer en was ook in die kol.
Ons het toe gaan brunch eet uitpak en toe 2 uur die veld ingegaan die veld is nog ruig en die kondisie van die diere lyk almal baie goed Simon het toe net voor 5 kans gekry op 'n rooibok ooi wat hy van voor af geskiet het maar toe te laag geskiet en toe sy wegspring toe sien ek net rooi groot gat op haar brisket. Maar ek kon sien sy was seer ons het so 5 minute gewag en stadig begin spoor vat ek kon nie te lank wag nie wnat die son sak met 'n spoed die tyd van die jaar. Ons het baie bloed gekry vir so 500 meter et een groot plas en toe daarna was alles weg. Ek radio toe die eienaar en vra of hy nie sy honde kan bring nie en toe se hy my nee sy honde ken nie van spoorsny nie maar hulle is jack russels en ek se toe kom ons probeer net want ons hardloop uit tyd en die arme man kan nie sy eerste bok verloor nie. Die een russel is drie jaar oud en haar naam is roxy sy het gesnuffel snuffel toe vat sy eweskielik koers en die spore wat ek toe sien lyk reg en ek is agter haar aan. Die hond verdwyn toe en ek loop toe maar aan in die algemene rigting toe hoor ek haar blaf en toe sit ek bietjie spoed aan in die rigting waar sy is. Ek kry haar nie maar toe kom haal sy my dan hardloop sy weer weg en kom haal my weer bietjie later en so gaan ons aan toe sy weer blaf en weet toe sy het die bok weer gekry.
Dit begin vinnig donker raak en ek hardloop toe amper in die ooi vas toe sy net voor my opspring en hardloop sy was te vinnig en ek kry toe nie 'n skoot in nie maar net 20 meter verder val sy toe weer om en gaan le plat. Ek sit toe my geweer neer en spring toe vinnig op haar met my mes toe sy weer wil opspring en sny toe haar keel. Dit was toe Simon se eerste dier wat hy ooit gejag het en toe Roxy se eerste bok wat sy opgespoor het. Jack russels bly nou maar net goed en die natuurlike instink is baie goed.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2171_zps6cbe375c.jpg
Ek sleep haar toe na die naaste pad toe wat ek oorgegaan het en neem toe foto vir Simon net voor die laaste lig weg is.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2175_zps51a0a67a.jpg
'n Gelukkige man bly dat ons die bok darem gekry het en ek baie bly dat Roxy daar was. Die bok het seker net so oor 1km ver gegaan van waar die skoot geneem is.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2177_zpsd17ab44e.jpg
Ons het baie lekker langs die vuur gekuier en natuurlik bosveld TV geniet die aand die ander jagters het wild gesein maar was ongelukkig nie suksevol nie. Die skoot was so 2" te laag en die afstand was net 20 meter maar die SSt het mooi gewerk en bietjie van die long seer gemaak sodat ons darem kon kry.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2179_zpsd5fd0ada.jpg
Volgende oggend is ons almal vroeg uit die vere behalwe Simon wat toe inslaap.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2197_zps7b9945f7.jpg
Die middag was ons laaste sessie en die manne was maar bekommerd maar alles het goed afgeloop behalwe vir een wat agter sebra aan was en nooi kans gekry het nie. Simon het toe ook 'n baie ooi rooibok ram gekry en wys jou net hoe smokkel ens se kop met jou die ooi wat hy te laag geskiet het het hy toe die ram plankdwars amper te hoog geskiet en die longe gevang maar ook die rug gevang maar die ram het nie geweet wat om tref nie die SST het weer gewerk soos 'n bom.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2207_zpsf27b1b3c.jpg
My varkie et 'n lekker kopskoot die beer het 40kg uitgeslag.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2201_zps7210eb8c.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2214_zps10f4cd4c.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2218_zpsc695f96e.jpg
Simon se ram en ja julle sien reg by sy oog die ram het bietjie beweeg en toe weer stil gestaan maar hy het nooit weer die geweer op die tweede posisie mooi vasgedruk nie.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2219_zps7963eacf.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/20140615_174802_resized_1_zps44e53ac3.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/20140615_174729_resized_1_zpsb1e8690a.jpg
Herman het 'n prag van 'n vark geskiet wat 48kg uitgeslag het met netjiese tande ook en daar is nie lande naby die plaas nie wys jou net hoe die kondiesie van die veld is na die goeie reen.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/DSCF0700_zps6da9e619.jpg
Adriaan wat die jagtrip gereel het, het ook 'n baie mooi ou ram geskiet wat 38 kg uitgeslag het.
Paar fotos van die veld en die kamp hier onder.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2247_zpsf78b0d5b.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/100_2238_zpscdb1265f.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/034_zpsc485b014.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Matossie%20Jag%2014-16%20Junie%202014/027_zpsb9bfee3c.jpg


