Wild verkope

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Platjan
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Mar 20, 2014 9:08 am

Wild verkope

Post by Platjan »

Ek hoop hier is manne met ervaring met wildverkope. Ek boer met beeste, maar daar is ook wild op die plaas. Dit is 2.4m hoog omhein en ek het vrystelling. Ek wil graag van die rooibokke (so 100), zebra's en elande laat vang en verkoop.

Ek het Mpatamacha en Nylsvley Game Dealers gekontak en hulle bied my onderskeidelik R500 en R550 per rooibok aan, R2000 vir zebra en R2500 vir eland. Hulle dra dan al die vangkostes. Ek wil eerder self die vangkostes, vervoer ens. betaal en die veilingprys self kry. Rooibok teelgroepe is nog heel jaar oor R2500 per bok.

Hoe maak mens of wie kontak jy. Ek verstaan nou hoekom die plekke soveel helikopters ens. kan koop!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wild verkope

Post by PWV »

Platjan
Waar in die wêreld bly jy?
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Wild verkope

Post by mariusr »

Platjan as jy nie deel van die "click" is nie kom jy maar moeilik in!? Amper so iets soos die Mafia!!
Platjan
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Mar 20, 2014 9:08 am

Re: Wild verkope

Post by Platjan »

Pieter Willem Vorster wrote:Platjan
Waar in die wêreld bly jy?
Op die Springbokvlakte, tussen Nylstroom en Marble Hall.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wild verkope

Post by Geno »

Platjan.
Vangkoste is duur. R23,000.00 per kraal om te bou, dan word die kraal ook so elke 3de dag geskuif.
Gee my pel op Warmbad n lui.
Julian - 082 893 7465
julian@thabamanzi.co.za
Goed, beter, 6millimeter!
Platjan
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Mar 20, 2014 9:08 am

Re: Wild verkope

Post by Platjan »

Geno wrote:Platjan.
Vangkoste is duur. R23,000.00 per kraal om te bou, dan word die kraal ook so elke 3de dag geskuif.
Gee my pel op Warmbad n lui.
Julian - 082 893 7465
julian@thabamanzi.co.za
Dankie Geno. Ek weet vangkostes is duur, is R30 000 per dag gekwoteer, dan kom vang hulle met helikopter. Op my terrein sal hulle so 2 dae vat om alles te vang. Dit is R60 000 plus die vervoer moet nog bykom. Die probleem is om plek te kry waar jy hulle kan verkoop. Dit werk blykbaar nie soos met beeste waar jy die bemarker bel en jou beeste veiling toe bring en 7% kommissie betaal nie.
Platjan
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Thu Mar 20, 2014 9:08 am

Re: Wild verkope

Post by Platjan »

Ek het op Thaba Manzi se webblad gaan kyk. Sien hulle sê "guest sellers welcome"

Sal hulle more luitjie gee en vra hoe werk dit. Baie dankie vir die rigting waarin jy my gewys het Geno!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wild verkope

Post by Geno »

Jy's welkom.
Thaba Manzi is regtig goed. Hulle vang al van 1985 af wild.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Wild verkope

Post by Jaco Swart »

Platjan.

PM my jou kontak details asb
Post Reply