Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hiermee nog 'n antwoord van Kurt Strydom by Somchem na aanleiding van 'n vraag hierbo oor lot 61 en Piet Breedt se plasing.
Daar is ‘n persoon wat wil weet wat die variasie / probleem met lot 61 was.
S365 Lot 61 het `n homogeniëteit probleem gehad. Dus sou sommige herlaaiers hoë drukke ervaar, terwyl ander laer drukke ervaar het.
Dis onmoontlik om die presiese afwyking wat `n individu sou kon kry vas te stel. Wapens en komponente verskil in hulle reaksie op dryfmiddel ladings, soveel so, dat ons `n paar ouens gehad wat baie beïndruk met lot 61 was en die teruggetrekde dryfmiddel by ons wou koop.
Lees Piet Breedt se plasing by http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=22281, hy ondervind dat S365 lot 69 vinniger is as vorige lotte. Is dit wel die geval en het julle dalk ‘n tabel wat die persentasie verskille tussen die lotte aandui wat ek moontlik kan plaas?
Ek is jammer om van Piet se lot te hoor, dis 'n hartseer saak. Uit ons lot aanvaarding resultate van S365, onder beheerde omstandighede en met gekalibreerde toerusting, sien ons nie `n rede vir die groot snelheid sprong wat hy ervaar nie. Vogsensitiwiteit, soos ek in my vorige epos genoem het kon moontlik so `n verhoging veroorsaak het. Indien ek sy Jaracal plasing reg verstaan, illustreer hy nog punt wat ek dalk nie duidelik genoeg in my vorige epos gemaak het nie.
Dryfmiddel is die belangrikste komponent van `n rondte.
As 'n herlaaier enige komponent van 'n rondte, insluitende die dryfmiddel, se lot verander, moet hy sy lading massa bepaling en bevestiging oordoen!
Sommige ouens op Jaracal is onder die wanindruk dat mens net 'n ander dryfmiddel lot in jou powder measure gooi en voortlaai sonder om die lading ontwikkeling tot 'n mate te herhaal. Dis 'n onverantwoordelike praktyk wat julle asseblief ten sterkste moet ontmoedig, veral aangesien Jaracal forum een van die beginner herlaaier se bronne van tegniese raad is.
Lees Vihtavuori se herlaai instruksies by http://www.lapua.com/upload/reloading/r ... ty2011.pdf, hieronder is `n uittreksel.
“If you change the lot of any component or if you change
any of the components of your reload, you must develop your
load from the starting load again. A different component as
well as a component from a different manufacturing lot may
cause changes in cartridge pressure.”
Die raad wat ek julle gee is standaard praktyk die wêreld oor, want dit hou herlaaiers lewendig en wapens heel.
Somchem\RDM het nie beheer oor die komponente, of die dryfmiddel berging en herlaai metodes van elke herlaaier nie, daarom kan ons nie outomaties verantwoordelikheid aanvaar vir alles wat buite ons hekke skeef loop nie. Ons luister wel na julle klagtes en sal graag help waar ons kan.
Die feit is: die huidige wetgewing is onprakties vir ouens wat op grootmaat laai en skiet en dit gaan verseker dat hulle gereeld lading ontwikkeling gaan moet herhaal.
Of julle dit met Somchem dryfmiddel of iemand anders s’n doen gaan nie veel hieraan verander nie.
Veilig skiet en lekker skiet!
Kurt

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hercules, dankie vir die moeite wat jy en Kurt doen om vir ons hier op die forum terugvoer oor die kwessies te gee.
Ek dink ek kan darm met veiligheid se dat die oorgrote meerderheid leerders en leer meesters, en sommer almal wat saamwerk hier dit aanmoedig dat wanneer n nuwe lot kruit gebruik word, dit eers getoets word, en dan indien nodig aanpassing gemaak word. Daar is verseker menige voorbeelde waar die praktyk aangemoedig word.

Veiligheid eerste manne!
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hercules
Is daar enige vordering met die onderhandeling oor die hoeveelheid dryfmiddel wat 'n individu mag aanhou?
Is daar enige vordering met die onderhandeling oor die hoeveelheid dryfmiddel wat 'n individu mag aanhou?
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Spekieries, soos ek tevore gesê het, die wet is reeds verander om 10kg aan te hou, maar die nodige regulasies om uitvoering daaraan te gee, is nog nie geskryf nie en dit is sekerlik nie hoog op die polisie se prioriteite nie. Ons het die saak by SA Jagters se bestuurskomitee weer aangeroer en dit sal verder geneem word.
Hiermee Somchem se toetsresultate vir S385.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
faantjie
- Newbie

- Posts: 8
- Joined: Wed Oct 31, 2012 3:00 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Baie goeie idee, ondersteun dit heelhartig
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hallo Hercules
Kan jy die toets data plaas vir S355? Ek moet amper oorslaan na 'n nuwe lot.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Carl, ek het nie die inligting nie. Somchem se nuwe web met al die soort inligting gaan blykbaar binne 'n week of so op die lug wees.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie. Sal bietjie 'n ogie oop hou.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hercules Louw wrote:Spekieries, soos ek tevore gesê het, die wet is reeds verander om 10kg aan te hou, maar die nodige regulasies om uitvoering daaraan te gee, is nog nie geskryf nie en dit is sekerlik nie hoog op die polisie se prioriteite nie. Ons het die saak by SA Jagters se bestuurskomitee weer aangeroer en dit sal verder geneem word.
Hiermee Somchem se toetsresultate vir S385.
Nou moet julle asb. vir 'n onnosel mens somme maak, want ek het erg gesukkel met groepe (in Afrikaans: my gat af gesukkel!) en baie duur koeëls weggeskiet.
Kyk asb. na lot B9 en B10 se verskille in druk en spoed. Is dit slegs die % wat aangegee word? Ek weet die goue reël is om nooit dryfmiddel te meng nie, maar ek gaan waaragtig 3 blikke van 'n soort bymekaargooi en meng, nie meer so sukkel nie en ten minste nie elke bleddie keer ladingontwikkeling te doen nie!
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie vir die Moeite Hercules!!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hallo Hercules
Het jy as vir ons die nuutste tabel v s365 ek gaan nou van 71 na 76
Hoop jy kan help

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
S365 varieer so baie, die ouens laai al duplex ladings tussen die lotte!!!!

- Andrew Leigh
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hercules, kan jy dalk die S386 Somchem tabel vir my veduidelik.
Reference lot pressure.
Is 'n "Reference punt" mos nie die "die standaard nie"? As ek daardie table lees dat wil dit my voorkom dat van lot tot lot verander die druk heelwat. Kom ons vat maar die laaste twee op die lys. Die Reference lot pressure van die laaste lot is 24% minder as die vorige lot? So as ek oorgeslaan het van lot 011/B/10 na 012/B/12 sal ek 'n daling in druk van 24% ondervind? Hoe werk dit?
Se Somchem erens wat die "Specified Pressure" is, met ander woorde waaraan hulle mik lot na lot? Dit lyk asof the specifikasie word aangepas volgens die lot en nie anders om.
Dalk vertsaan ek die saak nie mooi nie, kan jy my reg help.

Andrew, watse poeier? S386? 
Die verskil op die laaste 2 lotte is slegs:
1.8%
1.7%
Daar is geen spoed verskil in die laaste lot.
Onthou net jy moet in ag neem in watter geweer die toets gedoen is - 270W en 7mmRM
Die verskil op die laaste 2 lotte is slegs:
1.8%
1.7%
Daar is geen spoed verskil in die laaste lot.
Onthou net jy moet in ag neem in watter geweer die toets gedoen is - 270W en 7mmRM
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Andrew Leigh
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
More Carl,
Ja nee dit is bitter koud en wil my voorkom asof the vingers nie mooi werk
.
Ek stem met die verskil van kalibre maar hulle dui nie watter kalibre hulle gebruik het vir die toets net die loop nommer. Hoe sal ek dan weet?
Dankie
Ja nee dit is bitter koud en wil my voorkom asof the vingers nie mooi werk
Ek stem met die verskil van kalibre maar hulle dui nie watter kalibre hulle gebruik het vir die toets net die loop nommer. Hoe sal ek dan weet?
Dankie
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Ek dink dit is albei. Al wat dit beteken is daar gaan effe verskil wees wat die % verskille in jou geweer gaan wees. Selfs met dieselfde kaliber gaan dit verskil.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
375fanatic, gaan na http://www.somchemreload.com/propellants/s365375fanatic wrote:Hallo Hercules
Het jy as vir ons die nuutste tabel v s365 ek gaan nou van 71 na 76
Hoop jy kan help
Kyk mooi op hulle grafiek, beide lot71 en lot76 word aangetoon, dit is net deurmekaar en nie in lot volgorde nie. Lot 71 was +1.2% en lot 76 is -1.3% wat beteken dat jy sowat 2.5% meer van lot 76 sal moet gebruik om die selfde resultate as met lot 71 te verkry. Jy sal maar 'n paar toetslading moet laai om seker te maak.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie Herculus
ek het hom toe gister so uit gefigure ek is weer op my begin lading van 44gr met lot 63 toe laai ek 76 ook so
lot 63 = 44gr
lot 71 = 42.9gr
lot 76 = 44gr
ek wou nie nog wonder oor .1% nie moet nou weer gaan kyk wat maak hy want hy het pragtig met die lot 71 geskiet maar nou is my 2 blikke klaar
hy skiet die 129gr interlocks en 129gr interbonds amper in 1 gat met die ssts was daar bietjie pilot error
ek het hom toe gister so uit gefigure ek is weer op my begin lading van 44gr met lot 63 toe laai ek 76 ook so
lot 63 = 44gr
lot 71 = 42.9gr
lot 76 = 44gr
ek wou nie nog wonder oor .1% nie moet nou weer gaan kyk wat maak hy want hy het pragtig met die lot 71 geskiet maar nou is my 2 blikke klaar
hy skiet die 129gr interlocks en 129gr interbonds amper in 1 gat met die ssts was daar bietjie pilot error
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Andrew, soos Carl verduidelik het, Somchem gebruik verskillende lope en kalibers met hulle toetse.Andrew Leigh wrote:Hercules, kan jy dalk die S386 Somchem tabel vir my veduidelik.
Reference lot pressure.
Is 'n "Reference punt" mos nie die "die standaard nie"? As ek daardie table lees dat wil dit my voorkom dat van lot tot lot verander die druk heelwat. Kom ons vat maar die laaste twee op die lys. Die Reference lot pressure van die laaste lot is 24% minder as die vorige lot? So as ek oorgeslaan het van lot 011/B/10 na 012/B/12 sal ek 'n daling in druk van 24% ondervind? Hoe werk dit?
Se Somchem erens wat die "Specified Pressure" is, met ander woorde waaraan hulle mik lot na lot? Dit lyk asof the specifikasie word aangepas volgens die lot en nie anders om.
Dalk vertsaan ek die saak nie mooi nie, kan jy my reg help.
Eintlik al wat werklik van belang is vir ons, is die variasie in spoed (en dus druk) van lot tot lot. Hierdie inligting het Somchem nou beskikbaar op hulle web, al moet 'n mens rondsoek vir die lotte wat vir jou van belang is omdat die goed nie in volgorde is nie.
Ek het hulle onlangs weer vesoek om die afwyking van elke nuwe lot teenoor die standaard op 'n plakker op elke blik aan te dui. Ek het egter nog nie 'n antwoord daarop gekry nie al stem die ballistiese manne daarmee saam, die probleem met die plakkers is blykbaar by die bemarkingsafdeling.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Die probleem wat ek het is dat my persoonlike toetse nie ooreenstem met dit Somchem aandui nie. Ek het van S365 lot 67 nou oorgegaan na lot 76 en alhoewel Somchem aandui dat Lot 76 so 1% vinniger is as lot 67 kry ek dat lot 76 so 1% stadiger is as lot 67
- Andrew Leigh
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Dankie Hercules en Carl.
Dit is eintlik 'n jammerte dat hulle nie die kalibre aandui want dit sal help. Ek het al opgemerk dat die druk verskil vir die slefde lot kruit in verkillede dop grootes and dan ook hoe vol die dop is (QL). So wat ek wil se is dat as ons kan weet watter toets loop gebruik word sal dit ons merr help. As .270 dan weet on dat die informasie sal goed wees vir meeste dope van die selfde inhoud.
Ek weet dit is ook mooilik om alles in ag te neem.
Arnold dit gebeur so. Met die selfde lot S365 kry ek verskillende "burn rates" met my 6.5mm as met my 30-06. Die verskil kan baie dinge wees, vir my die grooste verskil kom met die dop volume van PMP wat gewoonlik minder is as ander doppe. Ek is seker dat as jy Somchem se kompnente gebruik sal jy die selfde resultate kry.

Andrew ek dink nie jy verstaan mooi wat ek sê nie.
S365 Lot 76 is vinniger as lot lot 67 volgens Somchem se data en ek kry dit anders om in my 260. Alhoewel my persentasie verskille nie noodwendig gaan saamstem nie moet dit seker tog dieselfde vinniger/stadiger trant wys.
Jy kan vir Somchem epos en die datablad aanvra wat die verskille in lot nommers wys. Vir S365 gebruik hulle 130/150gr koeels uit 'n 270 Win en vir die laaste lot het hulle nou 'n ander loop ook gebruik.
S365 Lot 76 is vinniger as lot lot 67 volgens Somchem se data en ek kry dit anders om in my 260. Alhoewel my persentasie verskille nie noodwendig gaan saamstem nie moet dit seker tog dieselfde vinniger/stadiger trant wys.
Jy kan vir Somchem epos en die datablad aanvra wat die verskille in lot nommers wys. Vir S365 gebruik hulle 130/150gr koeels uit 'n 270 Win en vir die laaste lot het hulle nou 'n ander loop ook gebruik.
- Andrew Leigh
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Hi Arnold,
Ek het the datablad dankie.
So in die selfde calibre, met die selfde lading het jy die verskil gekry tussen lot 67 en 76? Dit wil se 'n 2% swaai.
Ek dink my stelling was meer 'n veralgemeening dat van dop na dop kan die kruit veskillend optree.
Terloops ek gebruik nie die Somchem verskil tussen lot nommers maar ek laai laag, chrony hom, en dan werk ek hom uit volgens QuickLOAD.
Cheers

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Kom soekende na info hierop af, meer as 10 jaar gelede!
Terugskouend en met “hind sight perfect science” in plek.
Baie mistastings deur sommige en baie goeie insette deur o.a. Koos en Hercules, mense wat die binnekring geken het.
Kostefaktore, skaarsheid en WERK SAAM MET SOMCHEM!
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
faantjie
- Newbie

- Posts: 8
- Joined: Wed Oct 31, 2012 3:00 pm
Re: Somchem Dryfmiddels - variasie van lot tot lot.
Sal die lewe soveel makliker maak. Voor ek nuwe lading ontwikkel het is blik leeg. 375 h h maar gulsig