My Windpomp Ope SWB

Post Reply
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

My Windpomp Ope SWB

Post by Reggie Gerber »

Die manne van die Harrismith omgewing hou jaarliks n Gong skiet kompetisie en na n bietjie sports een jaar is die skietdag die Windpomp Ope gedoop. Maar dit is n storie vir n ander dag.

Ek was verlede jaar gelukkig genoeg om die meeste gongs vir die dag raak te bewe en het met die eerste prys weggestap. Ek kon n Swart Willebees gaan jag/skiet by een van die boere in die kontrei. Ek is mooi gevra om nie met my 243 op die plaas aan tekom nie maar eerder iets wat n bietjie swaarder koeels in die vlaktes kon afstuur te bring. Ek het die boer gerus gestel en hom vertel dat ek my betrourbare 308 sou saambring. Ek het net gevra of ek die jag kon uitstel totdat dit n bietjie koue word en dit is so ooreen gekom.

Na so paar oproepe met Johannes Schoeman en die boer Kobus het ons gister vasgemaak vir die jag.

Die plan was om so 10uur op die plaas aantekom en dan te begin.

Ek het al vroeg oggend my 308 in sy geweersak gesit met n klomp 150g accubonds wat so by die 2700fps hardloop my range finder en n skerp mes. Ek kry toe vroeg n sms van Johannes af dat ek n jas moet bring want n baaitjie gaan nie help nie.

Ek laai hom toe in Harrismith op en ons ry so 20km na die plaas toe. Kobus die boer ontvang ons by die huis en se toe ek moet agter op sy Toyota klim en oor die dak skiet want die SWB is bietjie wild.

Ek maak my toe reg en ons ry uit veld toe. Die wind het so 20mph gestoot en die naaste wat ons aan die beeste kon kom was so 300m voor hulle weer n toer om die kamp gemaak het. Na wat soos ure gevoel het maar eintlik net 45min was het ons so 220m van hulle afgekom en Johannes het n mooi uitgegroeide jong bul uitgewys.
Hy het amper plank dwars gestaan en ek het die Zeiss 4x14 x50 se tweede afmik lyn net voor sy bors verby gesit. My som was so 9 duim vir die wind. Met die skoot wat afgaan se Johannes vir my die skoot is perfek op die blad wat hy deur die rangfinder dop gehou het. Die swb het so 50m baie stadig gestap en toe gaan le. Ons het nader gery tot op so 100m en die boer vra toe dat ek die bees agter die oor moet skiet. Ek maak toe so en die Jag/skiet is verby.
N paar fotos geneem en toe slagplek toe. Met inspeksie sien ons dat die koeel die agterkant van die longe raak geskiet het en is dwaardeur die bees.
Dankie aan Kobus de Jager vir die skenking en Johannes wat saam my gegaan het.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Windpomp%20ope%20SWB.jpg

Verskoon asb van die spelling maar my huistaal was engels toe ek klein was ;D
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: My Windpomp Ope SWB

Post by Frikkie Coetzee »

Lekker skoot daar Reggie.
As jy n SWB gewoonlik in hart lang area skiet sit hulle gewoonlik n moerse show op voor hulle le. Dis nogal koddig. Nog net by hulle dit gesien.

Geluk met n mooi bok en skoot.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: My Windpomp Ope SWB

Post by Jakkie 321 »

Lekker man lekker.
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: My Windpomp Ope SWB

Post by Nickvn »

Mooi geskiet. Ja SWB kan hardloop en die hele dag lank, hulle is gebore met tekkies aan. Veral as daar al bietjie gejag was op hulle. Jy kom nie sommer nader as 200m van hulle af nie, behalwe as jy hulle kan bekruip waar daar wegruip plek is. Lekker biltong eet.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My Windpomp Ope SWB

Post by Geno »

Lekke Reggie! Geniet die vleisies mater!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: My Windpomp Ope SWB

Post by Alwyn »

Mooi Gedoen Reggie!!

Het nou leke hier gesit en lees met n warm koppie koffie!!

Geniet die biltong!!
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: My Windpomp Ope SWB

Post by Giepie »

Lekker om dit te lees. Dit laat my dink aan my swb verlede jaar daar by Nick. Myne het 'n klomp spronge gegee, en dit met 'n af voorpoot. Hy kon darem nie ver hardloop nie. Ook deur die longe gewees.

Swb het lekker vleis. Geniet dit.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply