Duim korter loop?

Post Reply
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Duim korter loop?

Post by VdWalt »

Hoeveel spoed gaan ek verloor met die duim wat my 300wm se loop
korter gesny is met die opsit van die nuwe kd?

Hy is nou 23 duim. Ek het klompie verskillende ladings wat ek die naweek
wil gaan toets en ek wil dit met Somchem se spoed vergelyk om seker te maak
die druk is ok. Maar dan moet ek hulle spoed aanpas met dit wat ek behoort te
verloor met die korter loop. Appels met appels ding.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3647
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Duim korter loop?

Post by JPS »

VDW,

Seker so 30fps min of meer. Hoekom is die loop korter, is die skroefdraad skeef gesny gewees. My vriend sin op sy 300 heel toevalig was ook korter gesny en die smit het vergeet om dit te noem gedink gaan nie....
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Duim korter loop?

Post by VdWalt »

Die draad vir my vorige kd was deur 'n ander smit gedoen en dit was oor die gat van die voorste korrel gewees. Dit het dus op die plek baie min skroef draad gehad. Hy het toe daai stukkie afgesny en nuwe draad op gedraai. Ek was nie gepla oor die bietjie spoed wat ek verloor nie. Ek wou maar net weet om seker te maak ek druk nie te hard nie. Ek het oorgeskakel na S385 so ek begin maar basies voor met my ladings.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Duim korter loop?

Post by Arnold »

VdWalt, 24" is 'n goeie lengte vir die 300WM. Ek weet nie regtig wat 23" gaan doen in terme van akuraatheid en nodespoed met die koeels wat jy skiet nie.
Dink jy nie dat S385 dalk bietjie stadig is vir so kort loop nie?

Watse gewig koeels skiet jy?
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Duim korter loop?

Post by VdWalt »

Ek het nou die dag net voor 'n jag sommer die 300 saam gevat met 2 ladings om die scope in te stel na die nuwe kd op gesit was - lekker mild. Alby met S385. 165gr MGX met 73gr en 180gr Hornady SPBT met 70gr. Albei het maklik minder as duim geskiet - so akkuraatheid kan ek tick. Ek wou nou die spoed kyk dis hoekom ek gevra het van die loop. Ek het danksy Siebert se GMXse nou 9 patrone gelaai. 73gr, 73.5gr en 74gr. Ek het dan ook die selfde ladings met 165gr SSTs gelaai om te sien of
daar 'n verskil is en hoeveel die verskil is. Ek hoop om hier by die 2900fps te draai met die 74gr. Dit
is meer as genoeg vir my spoed wise as die akkuraatheid net ook daar is. Ek bewe te veel om verder as 200m - 250m te skiet. Ek kan dan maar op die baan met die SST oefen en met die GMX jag. Ek kan egter nie glo Hornady gee die BC van die twee koeels as die selfde nie. Hulle weeg die selfde maar die SST is baie korter as die GMX. EK hoop maar nie die wind en koue maak Sondag se skiet moeilik nie.
Post Reply