Jagreels

Post Reply
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Jagreels

Post by Piet Pille »

Manne, dis Vrydag , so smile biejie toe..

Iewers oorsee sit daar op hierdie einste Vrydag 'n man wat netso lief is vir jag soos ek en jy, maar hy't nie 'n misskoot reel wat hom verhinder om te jag nie- in sy land is die reel dat hy gladnie eers 'n vuurwapen mag besit nie. Praat van onredelik en belaglik. Hy sou met liefde 100% vir elke miskoot betaal, en elke ander sent in sy sak spandeer het om te gaan oefen om raak te kan skiet. Net vir een geleentheid om wel te mag jag.

************************

...... Ek het vir my nou die dag 'n meneer motorfiets gekoop. Hy loop!! Op 120kmh wil die ding amper doodtrek in 6de. Maar een of ander poephol in die verkeersafdeling het 'n reel gemaak dat ek nie vinniger as 120 mag ry nie >:D . Dis 'n stront reel. Ek het die eerste 3 keer wat ek gevang was vir die spietkop vertel ek dink hy's 'n skelm en dat dit 'n belaglike reel is. Ek het ook gese ek sal nie betaal nie. Maar ek moes nadat hulle my gedagvaar het. Nou trek die bliksems my af sonder rede elke keer as hulle my sien, al ry ek mooi. Het my nou al tot beboet vir 'n gladde agterwiel en 'n stukkende flikkerlig ook!! Ek dink hulle viktimiseer my nou. Ek verkoop sommer my motorfiets! :( Of ek gaan Duitsland toe trek - daar het hulle 'n autobahn sonder spoedgrense...

*************************

Koos het ook vir hom 'n blitsige motorfiets gekoop. Syne is nog vinniger as myne. Hulle het hom ook nou die dag gevang vir spoed. Hy't toe die spietkop oortuig om 'n draai saam met hom te gaan ry voor hulle die kaartjie uitskryf. Hy't 245kmh geklok en nog 'n wheelie ook gegooi. Hy't vir Koos wragtag laat gaan sonder 'n boete!! Daai spietkop kan nou nog nie uitgepraat raak nie.... praat van self ook 'n bike koop sodra hy bonus kry. Die spietkops groet nou tot vir Koos op straat! Ek verstaan dit nie..

************************
Last edited by Piet Pille on Fri May 30, 2014 12:04 pm, edited 1 time in total.
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Koos het ook vir hom 'n blitsige motorfiets gekoop. Syne is nog vinniger as myne. Hulle het hom ook nou die dag gevang vir spoed. Hy't toe die spietkop oortuig om 'n draai saam met hom te gaan ry voor hulle die kaartjie uitskryf. Hy't 245kmh geklok en nog 'n wheelie ook gegooi. Hy't vir Koos wragtag laat gaan sonder 'n boete!! Daai spietkop kan nou nog nie uitgepraat raak nie.... praat van self ook 'n bike koop sodra hy bonus kry. Die spietkops groet nou tot vir Koos op straat! Ek verstaan dit nie..
Mooi storie Pieter
So Koos is die man wat almal bribe. ++>:
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jagreels

Post by Geno »

Capt. Oblivious wrote:Terwyl julle manne so toetse skryf sal ek solank bq jag !
Korrek. Ek sal sommer more 'n blesbokkie anderkant die heilige streep gaan skiet.
Goed, beter, 6millimeter!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jagreels

Post by Koos Barnard »

Pasop nou net vir misskiet anders gaan jy gefine word, he-he
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Jagreels

Post by ZKK »

As mens byvoorbeeld n 10% fooi vra vir n miskoot op die dier waarna geskiet is, op watter waarde bereken mens dit?
Bereken mens dit op die trofee prys van manlike diere of die gewone biltong prys?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek weet dit is n ou draad, maar ek het dit goed gedink om so bietjie terugvoering te gee oor veral die misskoot reel wat natuurlik n lekker gesonde debat op die draad tot gevolg gehad het. Ons het destyds met die begin van die draad besluit op n 30% misskoot fooi op die dier waarna toe geskiet was en dit word bepaal deur die plaas versoneel wat teenwoordig was by die skoot.

Nou eerstens het ons nog bitter min die fooi toegepas en in die gevalle waar hy wel toegepas was was dit op persone om eerlik te wees nie hoort agter n geweer nie. Die reel het oor die algemeen tot gevolg gehad dat n jagter twee keer dink voordat hy n skoot waag en dit weer op sy beurt het gely tot werklik min onsuksesvolle skote so deur die tyd. Ek moet darem net ook bynoem dat ons tipografie homself uitleen vir die reel met skote wat nie sommer verby die 100m merk gevat word tydens loop en jag nie, so dit is verseker nie van toepassing op alle plase nie.

Die meeste jagters is inisieel skepties oor die reel, maar verstaan gou hoekom dit toegepas word as hulle eerstehans die omstandighede van die jag beleef waar daar so maklik gevoel word die dier was misgeskiet om net later n bloedspoor of die dier self te vind. Daar is ook gevalle waar die misskoot fooi nie gehef was nie net om n gekweste of dooie dier in die veld te vind nadat die jagters die plaas verlaat het. Daardie verlies is dan natuurlik tergtelik op die plaas.

So in kort by ons werk dit regtig baie goed en is verseker n regverdige sisteem om die aspek van jag aan te spreek, maar ek is ook die eerste persoon wat erken dat dit nie die geval sal wees vir alle plase nie.

Groetnis
Wouter
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Re: Jagreels

Post by NicovanderMerwe »

Dankie vir die onderwerp Wouter. Ek dink die oplossing sal vir almal iets werd wees.

My gevoel soos volg:

1.Die misskoot ding is moeilik. Deursoek jy die manne se sakke of verklaar hulle dit, of hoe gaan mens te werk. Hier by ons in Karoo en Oos-Kaap is voorsit jag 'n algemene ding. As jy gaan staatmaak op die jagter se woord, gaan jy die manne skelm maak. Mens sal fyn moet dink daar. Die eienaar moet maar 'n besluit maak, en die jagter het natuurlik voor die tyd om sy opsies te oorweeg. Is sy goeie reg om dan eerder weg te bly as om saam te gaan. Kwesbokke moet verklaar word, en daarvoor betaal, anders moet die groep saam betaal as hy nie uitkom nie.
2.Geen papiere, betaal jy kontant. Kwitansie betaal jy BTW. Maak dit ook duidelik voor die tyd.
3.Vuurmaakhout moet voorsien word as deel van die nagfooi, die jagters moet ook weet daar is 'n beperking, en as die hout op is, moet hulle ekstra koop.
4.Die jagters moet bewus wees van die verantwoordelikheid om 'n skoot te skiet en 'n dier te dood. Hy moet dus sy huiswerk voor die tyd doen. Hy moet volle verantwoordelikheid daarvoor vat, tensy die PH/plaaswerker by is en vir hom sê skiet die of daai een.
5.Die outfitter plaaseienaar is welkom om vir 'n rukkie te bly, elke aand maar hy moet goeie oordeel aan die dag lê. Sommige ouens ken nie die verskil tussen sosiaal en professioneel nie. Daar is 'n tyd en plek vir alles.
6.Gee vir die jagters die opsies voor die tyd. As dit kom daarop dat die jagter agter die rekenaar gaan sit en sy oorbetaling doen, dan is dit maar so. Bewys van betaling is belangrik. Manne mag nie ry, voor dit uitgesorteer is nie.

Ek is 'n jagter, nie 'n boer of plaaseienaar nie, maar ek het al manne op jagte gevat, op iemand anders se plaas. Die boere het 'n rowwe tyd. Elkeen het 'n keuse of hy wil gaan saamjag of nie. Die eienaar en die jagmeester moet ooreenkom VOOR die tyd. En ja manne, die boer is seker geregtig op sy "DANGER PAY". Hy is after all 'n bedrygde spesie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

Ek is ook fanaties oor jagreëls, behalwe oor die misskoot-bepaling. Alhoewel ek nooit mis skiet nie 8) , is dit al ding wat my bokkoors gee.
'n Ervare gids met 'n goeie verkyker, behoort te onderskei tussen 'n misskoot en 'n kwesskoot.
Ek gaan nie met 'n ou baklei wat so 'n reël op sy jagplaas het nie - ek gaan net nie daar jag nie!
Post Reply