Jagreels
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jagreels
Manne ek wil nou n klip in die bos gooi en sien watse leeu uitspring.
Hoeveel van die manne hier wat die reel ondersteun het al op n plaas gejag met die mis skoot fooi?
Hoeveel skote het jy al betaal op daai plaas?
Die belangrikste, is jy gemaklik as jy dit agterkom dat daar so n reel op n plaas is?
My antwoord is nee, nul, en nee, ek jag nie daar nie!! Dan sit ek maar my gunne in die showkase as almal daai reel inbring, want ek glo tot Wouter het al HEELTEMAL MIS geskiet, sonder om daaroor te jok of iemand te probeer befoeter!

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Jagreels
Oom Pieter skiet nog net "blanks" in sy drome.....
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Jagreels
Stem met Robbie het nog nooit vir misskoot betaal en sal ook nie!ROBBIE1 wrote:Manne ek wil nou n klip in die bos gooi en sien watse leeu uitspring.
Hoeveel van die manne hier wat die reel ondersteun het al op n plaas gejag met die mis skoot fooi?
Hoeveel skote het jy al betaal op daai plaas?
Die belangrikste, is jy gemaklik as jy dit agterkom dat daar so n reel op n plaas is?
My antwoord is nee, nul, en nee, ek jag nie daar nie!! Dan sit ek maar my gunne in die showkase as almal daai reel inbring, want ek glo tot Wouter het al HEELTEMAL MIS geskiet, sonder om daaroor te jok of iemand te probeer befoeter!
Ek skiet nie sommer mis nie maar dinge gebeur wat buite ou se beheer kan wees? Ek sal nie op my gemak kan wees om te wil weet ek moet rande op dok as ek miskien mis geskiet het nie! Niemand het skade gelei so waarom moet die jagter betaal? Ouens wat heeltyd miskiet moet glad nie eers in die veld wees nie en as ou twee of meer keer miskiet dan het die boer die reg om die man die veld te verbied. Kwes skote het ek geen probleem die man moet betaal wat die dier gekwes het dis maar so! Die miskoot storie sit net nog meer druk op die jagter en dus juis wanneer ouens miskiet of glads te bang is om die skoot te skiet op maklike teiken!
-
JvB
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am
Re: Jagreels
Môre,
Ek wil net van my kant af sê dat ek het al mis geskiet en moes 'n misskoot fooi van R100-00 betaal.
Ek het ook al op 'n plaas gejag waar jy volprys vir die bok of bwbees moet betaal of dit nou raak of mis was. Ek was nogal op my senuwees gewees toe daardie blouwildebees voor my staan want daardie reël was heeltyd in my gedagtes gewees.
Ek het besluit om op daardie plase te gaan jag, so ek het geweet wat sou gebeur het as ek mis geskiet het.
Groete,
JvB (Johan)

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jagreels
Robbie, Zack en Marius: natuurlik kan elke reel of wet drakonies toegepas word en natuurlik sal daar manne wees wat dit drakonies toepas en "skelm" is om geld daaruit te maak! Maar net soos wat 'n jagter graag 'n goeie reputasie by 'n boer wil opbou, wil 'n boer graag 'n goeie reputasie by jagters opbou, want dit beteken besigheid vir die volgende seisoen.
Ek het natuurlik ook al misgeskiet en ook al gekwes. Die ou wat dit nog nooit reggekry het nie, lieg meer vir homself as vir sy mede-jagters. Maar ek het nog nooit 'n misskootfooi op 'n plaas betaal nie, want die meeste ("eerlike") boere pas die reel diskresioner toe.
As jy op die plaas kom en jy is voorbereid, ernstig, jou toerusting is reg en jy gedra jouself eerbaar en "eties", twyfel ek of enige boer jou gaan penaliseer as jy 'n onopsetlike fout maak, want dit kan met almal gebeur! Jy alleen is mos verantwoordelik vir die "druk" van die sneller, so dis jouv erantwoordelikheid om seker te maak dat die skoot "aan" is en dat jy vertroue het in jou vermoens en jou toerusting. As jy dan 'n fout maak en jy maak dit reg of probeer jou bes om dit reg te maak, waarom sal 'n boer nou probeer geld maak uit jou uit? Ek het al op so plaas, waar jy volprys betaal vir die bok as die skoot loop, ongeag of die bok val of nie, 'n BWB op 80m totaal en al misgeskiet. Hoekom weet ek nie... Die BWB het 20m weggedraf en weet gaan staan en ek het hom met die 2de skoot, grond toe geneem. Ek het net vir een BWB betaal en nie vir 2 nie. Dit was die eerste keer wat ek daar gejag het en die eerste oggend van die jag, so daai boer ken my nog glad nie. Hy het geen verlies gehad nie en ek kon gelukkig my fout regstel.
Op 'n ander noot, wie hier is al 2 keer vir dieselfde bok laat betaal? Want dit klink of almal ongelukkig is oor iets wat nog nie gebeur het nie....

Aim small, miss small
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Jagreels
"NOU praat jy !"ROBBIE1 wrote:Manne ek wil nou n klip in die bos gooi en sien watse leeu uitspring.
Hoeveel van die manne hier wat die reel ondersteun het al op n plaas gejag met die mis skoot fooi?
Hoeveel skote het jy al betaal op daai plaas?
Die belangrikste, is jy gemaklik as jy dit agterkom dat daar so n reel op n plaas is?
My antwoord is nee, nul, en nee, ek jag nie daar nie!! Dan sit ek maar my gunne in die showkase as almal daai reel inbring, want ek glo tot Wouter het al HEELTEMAL MIS geskiet, sonder om daaroor te jok of iemand te probeer befoeter!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Jagreels
Ek jag so nou en dan op 'n plaas wat 100% van die bok se prys charge vir mis skote.ROBBIE1 wrote:Manne ek wil nou n klip in die bos gooi en sien watse leeu uitspring.
Hoeveel van die manne hier wat die reel ondersteun het al op n plaas gejag met die mis skoot fooi?
Hoeveel skote het jy al betaal op daai plaas?
Die belangrikste, is jy gemaklik as jy dit agterkom dat daar so n reel op n plaas is?
Ek het al bwb, koedoe koei & bul, rooibok ram & ooi, blesbok en verlede maand 'n vlakvark daar geskiet.
Die reel pla my nie, dit kom nie eers by my op as daar jag nie. Ek skiet as ek nie
100% seker is van my skoot nie, of die plaas nou charge of nie.
Nee ek het nog nie mis geskiet nie maar ek weet Hennie die plaas bestuurder
gaan my charge want dit is die reels.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Jagreels
My paar miskoot rande wat ek nou hier gaan se
Ek skiet redelik goed wen paar kompetisies so af en toe maar elkeen het sy afdag ons is tog mense wat fout maak. Ek het laasjaar op plaas gejag waar ek rooibok ooi op 60 meter skoon misgeskiet het ek het dit dadelik geweet want ek het die skoot getrek
Daar was miskoot reels op die plaas en ons het seker 20 minute saam met gids gaan soek vir bloed vir hom. Ons was nie enige geld vir die miskoot gevra nie al het een ander jagter 3 miskote gehad die gidse was goed opgelei en geweet wat hulle doen. Hulle kon sien dat ons onself gedra het en nooit gestry as daar vir bloed en hare gesoek word nie al vat dit 'n halfuur.
Hiedie jaar gaan ek saam met ander vriende wat my genooi het ek weet nie of ek self gaan jag nie maar hulle reels lees so 1st mis skoot gratis tweede 50% van die bok en 3rde 100% van die bok se prys en ek voel dit is heel regverdig en gee kans vir die beginner en die bokkoors. As jy na die tweede skoot nie jou bok gekry het nie pak liewers op en spaandeer meer tyd by skietbaan jy gun dit vir jouself en die diere. Natuurlik 100% vir kwesbok.
As die miskoot reel op diskresie toegepas word stem ek 100% saam met dit maar jy sal my nie op plaas sien waar daar 100% vir die eerste miskoot gevra word dit is opreg geld maak storie.
Ek skiet redelik goed wen paar kompetisies so af en toe maar elkeen het sy afdag ons is tog mense wat fout maak. Ek het laasjaar op plaas gejag waar ek rooibok ooi op 60 meter skoon misgeskiet het ek het dit dadelik geweet want ek het die skoot getrek
Hiedie jaar gaan ek saam met ander vriende wat my genooi het ek weet nie of ek self gaan jag nie maar hulle reels lees so 1st mis skoot gratis tweede 50% van die bok en 3rde 100% van die bok se prys en ek voel dit is heel regverdig en gee kans vir die beginner en die bokkoors. As jy na die tweede skoot nie jou bok gekry het nie pak liewers op en spaandeer meer tyd by skietbaan jy gun dit vir jouself en die diere. Natuurlik 100% vir kwesbok.
As die miskoot reel op diskresie toegepas word stem ek 100% saam met dit maar jy sal my nie op plaas sien waar daar 100% vir die eerste miskoot gevra word dit is opreg geld maak storie.
Last edited by Frederik on Wed May 28, 2014 8:40 am, edited 1 time in total.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Jagreels
Hallo Robbie
Ek jag nogal redelik baie op plase waar daar n misskootfooi betrokke is. Ek glo die rede hoekom dit so is is die tipe plase wat ons kies om op te gaan jag. My tyd is ongelukkig baie beperk vanwee die ou lewetjie en natuurlik vir my kosbaar wanneer n mens jouself bederf met die passie. Uit die aard hiervan kies ek ernstige jagplase waar kwaliteit en selfs kwantiteit van hoogste waarde is. Hierdie tipe plase word gewoonlik baie profesioneel bestuur en aspekte soos gidse word ook met sorgvuldigheid gekies. Deel van die bestuursplan is dat daar ook gemonitor word wat se sterftes te danke is aan sogenaamde misskote en daarvandaan die misskootfooi. Hierdie plase is ook oop vir besigheid reg deur die jaar so wil graag die diere so mak as moontlik hou vir elke groep om sy regmatige kans te he tot sukses. Hulle is ook deeglik bewus dat die soeke na kwesdiere n groot inpak het op die omset van so n groep en dus probeer hulle seker maak dat jagters net skote neem waarvan hulle seker is.
Ek is die eerste om te erken ek het al mis geskiet op die plase, maar het nog nooit tot vandag daarvoor betaal nie. Die rede daarvoor is dat ek na so n skoot natuurlik my tyd insit om eerstens te verseker dat die dier nie gekwes is nie en tweedens wat die rede daarvoor kon wees. Indien dit n takkie was word hy afgebreek en gewys vir die plaasbestuur en ek gooi daai aand sommer vir myself n strafkap vir my onnosilheid. Die erns waarmee n mens jou jag aanpak is gewoonlik nie verlore op die bestuur nie.
Ek persoonlik raak op my senuwees oor die feit dat ek n dier se lewe gaan neem en nie oor die finansiele aspek daarvan nie. Ek het mos klaar vooraf besluit wat ek bereid is om te skiet en wat nie. Ja dit sit meer druk op my as daar n misskootfooi is maar om eerlik te wees laat dit my nog meer fokus en konsentreer op wat ek onderneem om te doen. Hierdie is vir my persoonlik lekker en goeie druk, baie soos wanneer jy agter die spore van die ou grotes is. Die skiet van diere kan vir sekere mense n outomatiese aksie word en ek was al daar deur en dit is iets wat ek nie graag weer wil beleef nie.
Ek is die eerste om te erken dat daar plase is vanwee hulle tipografie en jagmetodes waar n misskootfooi nie sommer geregverdig kan word nie. n Oop plaas waar daar bv vanaf n voertuig geskiet word met n hele paar opsevasie oe wat gerig is op die teikendier kan baie mooi bepaal gedurende sowel as na die tyd of n dier wel raakgeskiet is of nie. Op sulke plase dra die argument soos ek gemaak het vir n moontlikheid van n kwesdier verseker minder water as op n bosveldplaas. Misskote is ook nie net die skut se skuld nie, met n vettie wat besig is om een van sy katesbessies te krap op die bakkie terwyl jy die skoot neem.
Manne ek het probeer om n geldige beredenerende benadering aan te bied oor die onderwerp ter steuning van die reel. Ek het ook hierdie aspekte mooi probeer deel uit n plaaseienaar se oogpunt. Dit voel vir my dat die persone wat so hewig hierteen gekant is absoluut net uit n emosinieele oogpunt redeneer en die aspekte wat ek aangevoer het word grotendeels geignoreer. Deur op te spring en te se ek sal dit nie betaal vir n misskoot nie en basta is nie n geldige teenargument nie en verdien ook nie verdure aandag in my boekies nie. Elke persoon is heeltemal geregtig om te jag op n plaas waar hy saamstem oor die reels, maar om n plaas of persoon af te skiet veral as hy sy reels kan verdedig en regverdig dink ek nie is die game nie.
Groetnis
Wouter

Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Jagreels
Wouter & other landowners ...
Over the years, would you say the the % of missed shots and wounded animals has increased, decreased or stayed more or less the same on hunts involving South African hunters?
If the answer is that the % has increased then I predict that more and more game farms will start bringing in missed shot rules. Those who refuse to hunt on farms with those rules will either have to hunt on the decreasing number of farms without missed shot rules (regardless of the quality & quantity of game) or hang up their guns.
I have been very fortunate that, on the occasions that I hunted on farms with missed shot rules, I did not miss. So I have never been charged for a missed shot. In most cases I got the feeling from speaking those farmers that they were very reasonable people and, in hindsight, had I missed I do not believe they would have charged me.
There may be some unscrupulous farmers out there who use the rule to make money. And if the missed shot rule is clearly stated - in writing - in their farm rules then they have every right to enforce the rule. If you sign up under the rules then don't complain if they are applied.
However, in my opinion, most farmers have that rule as a safety net to fall back. If you arrive at the farm well prepared and if you conduct yourself as a true gentleman then most farmers - bar the ones referred to in the previous paragraph - will use their discretion and not charge you for the odd missed shot, which happens to all of us.

Last edited by Dimitri on Wed May 28, 2014 9:57 am, edited 1 time in total.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Jagreels
Ek het laas jaar n gemsbok bul geskiet, wat 3 weke tevore deur n ander jagter deur die nek gekwes was. Daar was nog n groot wond in sy nek, maar so taai soos wat gemsbokke is, was hierdie outjie goed oppad om te herstel. Hy was steeds in n redelike goeie kondisie gewees toe ek hom geskiet het.Eugene wrote:Op 'n ander noot, wie hier is al 2 keer vir dieselfde bok laat betaal? Want dit klink of almal ongelukkig is oor iets wat nog nie gebeur het nie....
Obviously moes ek vol fooi vir die gemsbok betaal (waarmee ek geen probleem gehad het nie), maar onthou dat die ander jagter wat hom gekwes het, ook vol vooi betaal het.
Dus is die boer dubbeld betaal vir dieselfde gemsbok.
So ek dink dis maar n "some you win, some you loose" situasie.
Somtyds gaan n wildsboer, na n mis skoot, n dooie bok in die veld optel, maar dan is daar ook kere wat die dier oorleef na n kwes skoot.
My beskeie opinie oor wat billik is:
N wildsboer kyk na die seisoen wat verby is. Hoeveel mis skote is geskiet, en hoeveel dooie diere het hy in die veld na die tyd opgetel.
Byvoorbeeld, se nou maar daar was 20 mis skote geskiet, en daar is 2 diere later, dood opgetel as gevolg van die "mis skoot".
Dus is die waarskynlikheid 10% dat die "mis skoot" eintlik raak was, en wat n dooie dier tot gevolg het, waarvoor nie betaal is nie.
So met die volgende jag seisoen, vra dan n 10% premie, op die waarde van die dier vir n mis skoot.
Ek voel die bogenoemde stelsel is vir my billik en vergoed die wildsboer vir sy risiko
Maar ek voel ook baie sterk dat ek my rekening settle voor ek van die plaas vertrek en ek wil ook nie graag na die tyd n oproep kry oor n dooie bok nie, want dit gee gewoonlik net n gestryery af, want daardie bok kan deur baie ander jagters ook gekwes gewees het.
Last edited by ZKK on Wed May 28, 2014 10:01 am, edited 1 time in total.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Jagreels
Wat is regverdig en aanvaarbaar? Ek sal se eerste misskoot op die huis daarna kan die boer bedragie eis vir misskote? Maar darem ook nou nie die hele bok se prys nie!
Dis vir my onregverdig en ons sal maar hof toe moet gaan daaroor?
Na die derde misskoot moet die ou veld verbied word en ophou jag of as hy nog selfvertroue oor het terug skietbaan toe om te sien wat is fout! 
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jagreels
ZKK,
, ek bedoel eintlik meer waar jy die bok met die eerste skoot misskiet en dieselfde bok met die 2de skoot doodskiet en dan volprys vir die misskoot en die bok wat dood is moet betaal....
Manne, probeer net bietjie 'n myl in die ander party se skoene loop. Ons as jagters het die gewere, die ammunisie en (soms) die geld om te gaan jag, maar die boer het die plaas en die bokke. As dit jou plaas en jou bokke was, sou jy ook jouself wou beskerm.
Ek sal baie graag op party "biltongjagters" se plase wil gaan skiet, want dit wat hulle van die boer verwag, klink soos 'n jagtershemel vir my. Laat weet gerus as julle grond gekoop, omhein en gestock is met RW trofees teen 1980 se pryse en geen reels nie! Ek sal eerste wees wat boek en kom jag! Ek sien met verwagting uit daarna!

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagreels
Nog 'n klip in die bos. Is hierdie perd nie nou al flou gery nie?
Mooi loop
Mooi loop
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Jagreels
He he koos!
Die arm perd het al spierpyne! Hy gaan nou omdop!

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Jagreels
As hy omdop - wie se sklud is dit en wie moet vir hom betaal en hoeveel?
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Jagreels
Perd galop seker bietjie stadiger maar die onderwerp sal nooit eind kry nie.
Zack
Ek kan nou nie eintlik verstaan wat jou probleem is met betaal vir misskote nie, is jy dan nie 'n man wat se as jy NF op jou geweer het kan jy nie mis skiet nie en is dit dan nie juis wat op jou geweer is? Hoekom dan nou so op loop sit met betaling vir misskote?
Wonder maar net
Groete
Jaco

morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: Jagreels
Vd Walt jy sal volprys plus sundries moet betaal
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jagreels
Die manne het lankal die perd gestal en die boer se Bakkie gevat - sonder permissie....... die tenk is nou eers drie kwartKoos Barnard wrote:Nog 'n klip in die bos. Is hierdie perd nie nou al flou gery nie?
Mooi loop
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Jagreels
+1 dit is net BMTWouter Roets wrote:Hallo Robbie
Ek persoonlik raak op my senuwees oor die feit dat ek n dier se lewe gaan neem en nie oor die finansiele aspek daarvan nie. Ek het mos klaar vooraf besluit wat ek bereid is om te skiet en wat nie. Ja dit sit meer druk op my as daar n misskootfooi is maar om eerlik te wees laat dit my nog meer fokus en konsentreer op wat ek onderneem om te doen. Hierdie is vir my persoonlik lekker en goeie druk, baie soos wanneer jy agter die spore van die ou grotes is. Die skiet van diere kan vir sekere mense n outomatiese aksie word en ek was al daar deur en dit is iets wat ek nie graag weer wil beleef nie.
ek kry somtyds die gevoel dat baie ouens op die hoop en bid maar filosofie jag .
ek hoop ek kan hom raak skiet en dan bid dat ek hom kry .
my oorle oupa en my pa skiet net 243 en ek het as laaitjie gedink hulle is n pyn in die 0 want hulle sou menigde geleenthede van die hand wys wat ek sou gevat het. die einde van die trip het hulle dalk 2 bokke elk en ek 4 met 1 of 2 misskote en daar was hier en daar n kwes . daai jare was dit R50 n misskoot (1989) dan het my pa vir die boer gese om die misskoot rekening aan my uit te maak en ek moes n IOU by my pa teken om die rekening te dek en dit uit my sakgeld en koerant geld terug betaal. wat bietjie rof was
as ek nou terug dink is ek
1. dankbaar vir die harde les
2. respek vir hulle geduld en die feit dat hulle die situasie bepaal en bestuur om 100% suksesvol te wees en nie onder die druk swig nie . as dit net gelyk het of daar takkies is het hulle verby gehou
3. ek kan nie aan 1 geleentheid dink waar ek 1 van hulle sien mis of kwes het nie
My oorle oupa het altyd gese "gooi hom in die enjin kamer jy sal hom kry" en dat kopskote skiet nie van jou n beter jagter maak nie
hoe mis ek nie nou daai dae nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Jagreels
Does anyone know of any fly-by-night hunting operation that relies on missed shots to stay in business? And has anyone been a victim of such an operator? And if you were, did the rule only come to light when settling your bill or did you know about it beforehand?
I'll start. I know of no such hunting operation. I know of some that have been unethical in certain ways but none that operate as described above.
Are we making a huge issue about something that - in practise and application - has affected maybe 0.1% of us?

Last edited by Dimitri on Thu May 29, 2014 3:06 pm, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jagreels
Dimitri
I am with you on this one. I don't know a single outfitter who relies on missed shots to balance his books, but I know a hell of a lot of lousy shots.
Mooi loop
I am with you on this one. I don't know a single outfitter who relies on missed shots to balance his books, but I know a hell of a lot of lousy shots.
Mooi loop
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Jagreels
Oops. I meant to say 0.1% of us.Dimitri wrote:Does anyone know of any fly-by-night hunting operation that relies on missed shots to stay in business? And has anyone been a victim of such an operator? And if you were, did the rule only come to light when settling your bill or did you know about it beforehand?
I'll start. I know of no such hunting operation. I know of some that have been unethical in certain ways but none that operate as described above.
Are we making a huge issue about something that - in practise and application - has affected maybe 1% of us?