Wat sê die jakkals vir my??

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Wat sê die jakkals vir my??

Post by Cobus(Cobb) »

Ek sit op die laaste stand vir die aand, ek het ingery op bearing lyn agter oge aan, toe ek daar kom is daar niks.

Seker so 20min gesoek en saggies geroep, toe kry ek 'n luide enkel jakkals roep, seker so 600m weg...kon die oge sien blink maar niks meer nie.
Ek antwoord so gou ek kon met jakkals blaf en amper onmiddelik kry ek toe weer reaksie en antwoord ek met jackal howl, en binne sekondes kry ek weer reaksie van die jak....oge nog op dieselfde plek.

Dit was seker so 40sek wat ek en jak mekaar roep..
Ek begin toe met hasie, en oge is toe ook weg.

Seker so 20 min toe kry ek weer op die selfde plek blink oge en weer 'n enkel jakkals, ek antwoord met jak blaf maar jak hy my nie weer geantwoord nie.

Dit is asof die ou wou gesêls en vir my iets sê....
Ek het sy koordinate, ek sal weer daar gaan kuier...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by johans »

cobus ek dink dis die fout wat jy gemaak het om hom dadelik te antw met n jakkals klank.ek sou na sy eerste reaksie 15 min stilte gee en as hy nie nader kom nie kos speel.kom ons hoor wat se die ander manne
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by G-force »

Ek dink dis n jong jakkals wat nog baie onseker van homself is.Probeer maar op hom af ry.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by cassie_calvinia »

of jy is buite sy kern
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by Geno »

Nader ry sonder lig op hom, tot so 150-200m van hom af, stop, lig aan sit, vrek skiet. Dis wat ek sou doen, en al gedoen het met groot sukses...

Ek "touch" hom net so af en toe met die lig terwyl ons nader ry om seker te maak hy is nog daar.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by NicoSmit »

Hy sê F.... jou kom skiet my!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by Ian »

Cobus

Ek self het die afgelope tyd twee sulke gevalle gehad. Ek het Vlekkie 9 gespeel en hy antwoord my te mooi uit 'n mielieland uit. Speel kos- met bakleie gemeng en al die geheime in die boek maar geen jakkals. Ek skuif nader en speel weer Vlekkie 9 en die antwoord my 200 meter weer van die selfde plek uit die mielieland en probeer weer al die truuks wat daar is. Twee ure later praat hy weer van die selfde plek en hy wen my.

Ek het vir Taffie genader en raad gevra en sy antwoord aan my was dat dit 'n taaigat jakkals is en dat dit maar gebeur. As jy 'n resep vir dit kry sal ek dit waardeer as jy dit met ons sal deel.

Ek sluit 'n foto van die taaigat jakkals in ;D .
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by Cobus(Cobb) »

Geens, daai plan klink mooi, ek sal dit doen next time, maar Dewie vat stokke en dis nog touch en go in die veld, sonder paadjies, hy ry mooi op spore maar wat sal sy reaksie wees oor klip en in gat.....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by jaracal »

johans wrote:cobus ek dink dis die fout wat jy gemaak het om hom dadelik te antw met n jakkals klank.ek sou na sy eerste reaksie 15 min stilte gee en as hy nie nader kom nie kos speel.kom ons hoor wat se die ander manne
Cobus
johans is hier reg, ons weet nie wat die jakkalse se^ nie en deur hulle te antwoord is soos om 'n russiese "tape" te he^ met 'n ou wat vir jou skreeu in russies dan speel jy die "tape" vir hom, hy weet wat jy se^ maar jy het nie a clue wat hy se^ nie. My goue reel was nog altyd om nie 'n jakkals te antwoord as hy vir my skreeu nie. Stilte het my meer geluk gebring en dan ook soos Geno se^ ry hom by. Moet nooit roep wanneer jy 'n jakkals kry waarop jy uitgery het nie, veral nie as hy vir jou kyk of gekyk het nie.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by Jakkie 321 »

jaracal wrote:
johans wrote:cobus ek dink dis die fout wat jy gemaak het om hom dadelik te antw met n jakkals klank.ek sou na sy eerste reaksie 15 min stilte gee en as hy nie nader kom nie kos speel.kom ons hoor wat se die ander manne
Cobus
johans is hier reg, ons weet nie wat die jakkalse se^ nie en deur hulle te antwoord is soos om 'n russiese "tape" te he^ met 'n ou wat vir jou skreeu in russies dan speel jy die "tape" vir hom, hy weet wat jy se^ maar jy het nie a clue wat hy se^ nie. My goue reel was nog altyd om nie 'n jakkals te antwoord as hy vir my skreeu nie. Stilte het my meer geluk gebring en dan ook soos Geno se^ ry hom by. Moet nooit roep wanneer jy 'n jakkals kry waarop jy uitgery het nie, veral nie as hy vir jou kyk of gekyk het nie.
Groete

Ek het al by stand gekom net voor sons onder en toe die son sak het jak getjank so op 300 meter. Het gewag vir 15 minute en kos gespeel hy het my net geloer agter bos. Swartrug 2 gespeel en hy het saam gepraat wag 15 min speel mooihuil en hy antwoord weer, wag weer 15 min en speel swartrug 2 toe kom hy darem in met n houding en ry saam bakkie.
Ek se nie dit is die resep om te volg nie. Ek deel maar net wat ek beleef het.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by Dawie »

Laasjaar leen Jaktrap (Albie) my 'n boekie om te lees....

"Talking to coyotes with the song dog " deur Major L Boddicker

Daarin word die verskillende geluide wat coyotes maak en hoe om daarop te reageer of nie, watter tyd van die jaar ens. baie soos die roepmetodes van die seisoene van jakkalse.

Daar was 'n hele string geluide MET HULLE BETEKENISSE wat dmv 'n "spectrogram" uitgebeeld is in die boekie. bv. "howls, yips, yelps, and barks" ens. kan nie meer so lekker onthou als nie.

Die klanke wat jy moet maak met die fluitjie word ook met 'n "spectrogram" gewys.

Daai ouens het hulle coyotes se Russies al mooi uitgewerk.

Iemand lus om so 'n uitdaging te aanvaar om ons jakkalse se "code" op soortgelyke manier te ontsyfer?

Cheers
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by cassie_calvinia »

jakkie
pasop vir voor donker by 'n staan plek.
die jakkalse hou jou lekker dop, en dan kom hul nie in die.
jy kan bly wees jy het daai een uit oorle!
daaiskree was tien teen een vir jou gewees!
HOU HOM DAAI DIKTE
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by Jakkie 321 »

Cassie

Dankie ek verstaan wat jy se.

Hulle kan jou mos in die donker ook dop hou of nie

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Groukat
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm

Re: Wat sê die jakkals vir my??

Post by Groukat »

jakkie,

met my bietjie ondervinding het ek al goeie sukses gehad om voor donker by my stand te kom en die bakkie toe te maak en te sit en wag vir donker voor ek begin roep.

Al 3 keer het jakkalse geroep soos jy hier bo gese' het en al 3 het soos jy dit so mooi gestel het saam met my op die bakkie geklim huis toe.

nou wat ek hier wil probeer se' is dat dit waar kan wees wat cassie se' afhangende van jou omgewing (glo ek). In my omgewing is baie beweging, ek dalk met my bakkie, veewagters op perde ens. so ek glo by my begin die jakkalse eers bietjie later beweeg (net na sononder en daarom probeer ek voor dan sit met my eerste stand, ek voel sommer uit ritme uit as ek nie voor sononder sit nie).

Ook nie om slim te klink nie het ek vanjaar in maart 2 jakkalse geskiet net voor donker sonder my lig waar hul onverwags in my rigting geloop het.

Ek het gelukkig 'n goeie stand gekies, bakkie was goed gecamo en ek het die vorige aand se teef aan my bakkie gehang, ek weet nie of dit die oorsaak is dat die twee in gekom het nie (altwee was jong reuns).

So ek is 'n sterk voorstander van kry jou eerste sitplek voor die son sak (sterk skemer)

groete
Post Reply