Jagreels

Post Reply
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Stop hier manne.

Ek het op geen plek gese dat Wouter skelm is nie. Net hy self kan die skoen aantrek as dit hom pas en dit geld vir enige boer wat misskote as 'n manier van geldmaak beoefen.

Ek hou by my punt dat as misskote gebruik word om die jagter uit te buit is hy skelm. As misskote gebruik word om probleme te uit te skakel op die regte manier is dit 'n ander saak.
As julle nie saamstem nie is dit julle keuse. Respekteer so ook my keuse. Dit bly 'n openbare forum waar almal hulle opinies kan lig.

As die regering diesel se pryse aanpas met 50sent is die boere die eerste wat kla en sê die regering is skelm. Lyk my regtig sommige manne wil met woorde speel as dit hulle pas.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

Wouter
Ek respekteer jou besluit en die reëls wat daar by jou geld.
My siening, egter:
Almal, selfs die jagters waarvan die bonafides bo verdenking is, word nou oor dieselfde kam geskeer.
Vir my sal dit bloedgeld wees om te betaal vir 'n misskoot. Sal ook die heel tyd gespanne wees en wat 'n ontspanne uitstappie behoort te wees, sal ontaard in 'n stresvolle operasie.
So, ek sal dit eerder probeer vermy en nie op so 'n plek jag nie.
Groetnis
Nico Prinsloo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm

Re: Jagreels

Post by Nico Prinsloo »

Ek dink
1.Betaling vir `n misskoot laat manne nie onnodige kanse waag nie,
2.BTW ingesluit soos by enige ander onderneming
3.Hout raak klaar en voor ons soos ander die bos uitroei, beperk maar
4.Die eienaar is welkom vir `n vleisie
5.Kontant bly koning dan kan mens bietjie oor die btw praat
6. Gids en voertuig kostes moet by dagfooi ingesluit wees om nare verrassings te voorkom
Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Jagreels

Post by morne smith »

Ek stem heelhartig saam dat ek nooit op so 'n plaaas met sulke reëls sal gaan jag nie. Ek vat my vrou en dogters saam elke jaar wanneer ons gaan jag. Ek maak seker van my skoot en moet bysê dat my Karoo PH altyd langs my staan of lê wanneer ons skiet. Die eienaar in ons geval is altyd by en sit met 'n groot Swarovski verkyker langs my en kon nog altyd baie duidelik onderskei tussen 'n doep en 'n misskoot.(audio en visueel). Dit is sy plaas, diere en verantwoordelikheid. As hy sê mis is dit mis. As hy vir my sê "Is so" dan weet ek my bok hang vanaand. As hy niks sê nie en die cruiser baie vinnig aan die gang kry en in rat druk dan weet ons die bok bloei, maar is nie dood op sy voete nie. Baie boere stuur hul gidse saam met kliente en dinge kan sekerlik verkeerd loop, maar ek sê ook dat op die einde van die dag gaan dit steeds op 'n bakleiery uitloop, want die skieter het die doep duidelik gehoor, en die gids was nie bekwaam genoeg om die bok op te spoor nie en nou verloor die jagter sy vleis, want die gids is "useless" Die gids skryf weer in sy swart boekie dat die jagter 6 misskote geskiet het voor 10 uur in die oggend.
Ek jag nie dasse op 400 meter nie, ek vat nie mos tot 3 uur in die oggend voor ek gaan jag nie. Ek skiet nader en my kop gis nie in die wintersonnetjie. My vuur brand vanaand hoog wanneer my vleis hang. Daar is jagters en jagters en ek verstaan dat party boere keelvol is vir die 20 cowboys wie gisteraand gekuier het totdat die son opgekom het en nou oorlog wil maak op die trop springbokke. Hier kan die boer heel waarskynlik baie skade opdoen en moet hier strenger reëls reeds in plek wees. Die boere ken 80% plus van hul gereelde kliente en weet vir wie hulle watse reëls moet neerlê. As my jagplaas vir die groot groep kuiergatte(daar is niks fout met kuier nie) 'n misskoot reël neerlê die naweek voor ek kom jag en vir my bv. nie, dan verstaan ek die motivering hier agter en sal nie my plaas eienaar as "oneerlik,skelm of geldgierig" beskou nie. As hy nou na 14 jaar my en my vrou so 'n misskoot reël afdwing gaan ek dink dit is maar net nog 'n manier om die groeiende, uiters lonende wildbedryf nog meer winsgewend te maak.

Sy(misskoot reël eienaar) se pryse kan die helfte wees van die plaas langsaan se bokke, uit beginsel sal ek NIE daar gaan jag nie en my teleskoop rig op die volgende bokspesie op my lysie en ontspanne die sneller druk, foto's neem, tjek uitskryf, biltong maak, stop die bok op en drink 'n glasie soetwyn(kuier).


Horses for courses.......................
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagreels

Post by ROBBIE1 »

Wouter, jy se die skietafstand is selde oor 100m, so dit is dan neem ek aan bos by jou? Ditnis juis hier waar my probleem met mis skote kom. Dit het al met, en ook kliente wat ek uitgeneem het gebeur, dat jy deur jou scope n mooi skoon skoot sien, en die skoot vat, en daar gaan die bok! As jy dan mooi gaan kyk, het jy n tak geraak wat omdat dit te naby was, nie deur die scope raakgesien is nie, maar wel jou koel van rigting af gebring het!

Is dit dan my skuld as jagter? Of is dit die boer se skuld dat hy nie bietjie ontbos nie? Of is dit die Skepper se skuld dat Hy die takkie daar laat buig het? Of is dit die vervaardiger van die teleskoop se skuld dat die scope nie n wyd genoeg lens het nie?

Wout ek dink n saak het altyd merite, maar vir ook om n misskoot fooi te betaal, gaan ek moeilik by jou kom jag, juis as gevolg van omstandighede buite die jagter se beheer.

Nog n voorbeeld is as jy van die bakkie af skiet. Net wanneer jy die skoot vat beweeg iemand op die bakkie, of die bestuurder los die briek, of wat ookal, dan moet ek betaal.

Dis vir my onregverdig, en alhoewel ek dink eks nie n te 11 1 11 jagter wat by jou hek gaan opdaag nie, gaan ek as gevolg van daardie reel, juis nie by jou hek opdaag nie, en n moonlik baie goeie verhoeding, nooit sal plaasvind nie.

My 1c.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Jagreels

Post by henning »

Die mis skoot reel pla my ook maar, as jy mooi daaroor dink sal jy besef dat dit is nie so moeilik om te sorg dat jy nie mis skiet nie, ons skuld dit aan die diere, die boer en onsself.

Ons moet net n bietjie oopkop wees en geduld he, dan gaan daar mos nie probleme wees nie, ek wil so ver gaan om te se dit is jou plig as jagter.

Net een groot vraag, hoekom trek jy die sneller as jy nie seker is wat gaan gebeur nie?

Voorspoed
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Jagreels

Post by Beer (Christo) »

Ek is ook nie mal oor die reel nie, maar Wouter se mos dit word diskresioner toegepas. Dit beteken as jy rond@&$ op die plaas gaan hy jou charge, maar as jy 'n eerlike fout begaan het sal jy oor gesien word - hiervan kan ek getuig.

Ek sal eerder gaan jag met so reel as wat die boer na die tyd vir my verras met 'n misskoot fooi op die faktuur.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagreels

Post by Wouter Roets »

Dimitri wrote: Wouter, you have explained the reason for your missed shot policy very well. So too the way it is applied.

Regardless of your explanation you will never change everyone's opinion on missed shots. But, as you imply, it is not necessarily such a bad thing as your missed shot policy also helps qualify your clients.
;)
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagreels

Post by Smitstertjies »

Ek stem saam met Wouter. Ek het al baie op plase gejag waar misskote voor betaal moet word volgens die pryslys. Op meeste van die plase is daar manne in ons groep, myself inkluis , wat mis geskiet het. Nog nooit was dit nodig vir ons om te betaal nie, behalwe op een plaas waar die reel nie diskresioner toegepas word nie. Op daardie plaas was ons rekening R 80 000, waarvan misskote maar R 500 was.

Ek dink die manne is onnodig bang vir die reel, veral die manne op die forum hier. As jy jouself as waardige jagter in die veld gedra, belowe ek jou gaan jy nie vir jou misskoot betaal nie, al se die reel so.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

henning wrote:Net een groot vraag, hoekom trek jy die sneller as jy nie seker is wat gaan gebeur nie?

Voorspoed
Henning
Henning, ek dink geen ernstige jagter trek ooit lukrak 'n sneller nie. Het jy nog nooit 'n sneller getrek waar jy in alle opsigte seker was van die skoot, maar dan is dit mis!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagreels

Post by ROBBIE1 »

Pieter Willem Vorster wrote:
henning wrote:Net een groot vraag, hoekom trek jy die sneller as jy nie seker is wat gaan gebeur nie?

Voorspoed
Henning
Henning, ek dink geen ernstige jagter trek ooit lukrak 'n sneller nie. Het jy nog nooit 'n sneller getrek waar jy in alle opsigte seker was van die skoot, maar dan is dit mis!

Of n kwes skoot nie....
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Jagreels

Post by morne smith »

Henning, Oom Pieter, Sonder om die draad te verander. Trek jy 'n sneller of druk jy hom?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

morne smith wrote:Henning, Oom Pieter, Sonder om die draad te verander. Trek jy 'n sneller of druk jy hom?
Ek dink almal weet jy moet 'n sneller druk, maar in spreektaal praat almal maar van "sneller trek"....
Aim small, miss small
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Jagreels

Post by morne smith »

Stem. Party mense sê as jy die skoot trek, het jy die sneller ook "getrek"
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Jagreels

Post by FCLoretz »

Kom ek vra julle so.

As boere op hou om hulle plase oop te stel vir die jag van wild omdat hulle te veel skade lei omdat almal kla oor die mis skoot reel. Wat gaan julle maak met die honderde en duisende rande se gewere en toerusting wat julle gekoop het en tyd aan spandeer het? Waar gaan jy daai lekker biltong kry wat jy self gemaak het en weer so bietjie terug dink aan daai lekker jag terwyl jy om 'n springbok potjie sit en kuier?

Ek betwyfel baie sterk dat die boere die mis skoot reel geimplimenteer het om die jagters uit te buit. Maar dit is eerder om die "cowboys" wat alles wild en wakker wil skiet te verminder. Miskien is hier 'n paar cowboys, ek weet nie. Maar as jy nie 120% seker is van jou skoot nie. Waarom het jy dan geskiet??

Ek is ook van die opinie, dat soos by Wouter moet die misskoot reel diskresioner toegepas word.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagreels

Post by PWV »

morne smith wrote:Henning, Oom Pieter, Sonder om die draad te verander. Trek jy 'n sneller of druk jy hom?
Morne
Hoop jy het gesien wat Eugene gesê het. In die algemene spreektaal gebruik mens talle onwaarhede, maar die meeste mense verstaan wat jy sê. Almal sê die ketel kook, terwyl dit eintlik die water is wat kook. Jy het al 'n papwiel gehad, maar eintlik is dit jou voertuig wat die papwiel gehad het.
Teen hierdie tyd behoort ek darem te weet hoe om die sneller op 'n korrekte manier te laat werk.
Groetnis
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jagreels

Post by Carl »

Manne ek kan net noem. My skoonpa is na 2 naweke radeloos. Ek vat 'n dag af by die werk net om te gaan help hierdie naweek.
*Laas naweek, 3 jagters bespreek. Een geweer.
*Een gekwesde BWB (baie mooi groot bul) deur die nie-geweer eienaar jagter. Manne kry hom maar kry nie opvolg skoot geskiet nie. My skoonpa het meer gesoek as die jagters.
*Een misskoot op rooibok. Ver skoot sien net die koppe uitsteek. Skiet oor die stokke, dit was beslis mis. Ek sal soek vir bek af bok.
*Vorige keer, boogjagter, kwes BWB en kwes koedoe. R10,000 en niks om te wys daarvoor.

Hy praat ook nou van dis makliker om oes span in te kry en getalle te beheer.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Jagreels

Post by 375fanatic »

op die ou einde van die dag is dit die feite ;
1. die reels is die reels as jy nie happy is nie bly weg
2. as iets nie op die pryslys is nie en jy word daar voor aan die einde gecharge soos hout,koelkamer,voertuig ens wild uitgesluit dan sal ons maar die saak daar uitsort maar hy sal my nie weer sien nie
3.as jy jou jagters vereniging logbook deur die boer laat teken dan kan hy mos sien hoe toegewyd jy jag en oefen dit sal ook n verskil maak in hoe hy na jou kyk.
4. maak nie saak of daar gecharge word vir misskote of nie maak seker van jou skoot
5.as jy alles in jou vermoe gedoen het en die bok is weg spandeer genoeg tyd en roep selfs die boer om saam seker te maak . as hy sien die effort wat ingesit word sal hy 9/10 keer jou nie eers vra vir daai misskoot nie
6. jou attitude = sukses en bepaal hoe n situasie uitloop as jy n boks is en oor alles kla en fout vind gaan die boer vir jou niks voel nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jagreels

Post by Dimitri »

FCLoretz wrote: Maar as jy nie 120% seker is van jou skoot nie. Waarom het jy dan geskiet??
And even when you feel 120% sure of your shot, mistakes happen. The farmer surely is not going to suffer the loss for everyone's mistakes?

When you reverse into a pole it was a mistake. Nobody plans to reverse into a pole. Just like nobody plans to wound or miss an animal. But there are financial consequences for reversing into a pole. And there are financial consequences for missed/wounding shots. The farmer has been honest and proactive and has clearly stated so in his rules. Furthermore, the farmer is known to apply the missed shot rule leniently, depending on circumstances. And lastly, if you don't like the rules don't hunt there .... move on to the next farm. Seems simple enough.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Jagreels

Post by douw »

Dimitri wrote:
FCLoretz wrote: Maar as jy nie 120% seker is van jou skoot nie. Waarom het jy dan geskiet??
And even when you feel 120% sure of your shot, mistakes happen. The farmer surely is not going to suffer the loss for everyone's mistakes?

When you reverse into a pole it was a mistake. Nobody plans to reverse into a pole. Just like nobody plans to wound or miss an animal. But there are financial consequences for reversing into a pole. And there are financial consequences for missed/wounding shots. The farmer has been honest and proactive and has clearly stated so in his rules. Furthermore, the farmer is known to apply the missed shot rule leniently, depending on circumstances. And lastly, if you don't like the rules don't hunt there .... move on to the next farm. Seems simple enough.

Ek hou van die vergelyking!
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Regardless of your explanation you will never change everyone's opinion on missed shots. But, as you imply, it is not necessarily such a bad thing as your missed shot policy also helps qualify your clients.
Met hierdie stelling sus jy jouself net sodat jy beter voel.
Hier is die beste opsie as die bogenoemde waar is. ???
Maak misskote R10 000 per skoot dan sit hierdie boer met die room van die room van jagters. :P


Nou kom ek regtig agter hoeveel jagters daar buite is wat teen misskoot fooie is. :police:
Die meeste is miskien net te bang om dit hier te skryf. >:D

Ek sien jagreels en verhuurings reels in dieselfde lig. :police:
Iemand wat eiendom uitverhuur sal vinnig agterkom as hy buite perke is met onbenullighede sy huurooreenkoms.
Daar is 'n verskil in reels en dreigemente(wat ook nie soms uitgevoer word soos miskote nie)
Almal stel belang in die plek om te huur maar as die potensiele huurder die kontrak lees sien hy net rooi ligte wat flikker en ander wat heeltyd skerp skyn. Dit gaan nie oor of die huurder dit kan bekostig of jou plek gaan oppas soos sy eie nie.
Hy sien dit as dreigemente as iets sou skeefloop. :o
So kan die ideale huurder weggejaag word deur reels in 'n huurooreenkoms wat op die ou einde van die dag nie toegepas word nie.
Hoe dom wil ek nou as verhuurder wees om onbenullighede in my kontrak te hê. ???
Hou by die basics as dit by reels kom. Die regstelsel sal die res uitsorteer.
Op die ou einde van die dag gaan die huurder net sê "Sue my"

Miskien moet jagters dieselfde sê aan boere wat mal reels in hulle jagreels het.
"Sue my" :angel:
(Nou gaan die pope dans. Ek sien uit om te hoor wat nou kom) :P

Ek is persoonlik bang vir die man wat 'n ooreenkoms (jagreels of verhuuring) net teken sonder om twee keer te dink aan die fynskrif. Dis gewoonlik hierdie man wat jou die seerste gaan maak.
Die man wat vrae vra oor reels en wat invoegsels maak op 'n kontrak waarmee hy nie saamstem nie is die man wat ek op die ou einde die verste pad kan stap.

Hier werk ondervinding en mense kennis want nie almal kan oor dieselfde kam geskeer word nie. :police:
Dit geld ook vir jagters
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Jagreels

Post by 375fanatic »

eish Zack

nou gee jy my n idee as ek n paar van my huurders moet vra vir misskote was ek skat ryk die ou skiet al vir jare in die huis maar hy het nog nie raak geskiet nie . Sy vrou het hom maar toe met n nuwe skut vervang :laugh: :laugh: >:D :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagreels

Post by Eugene »

Zack, die regering het net sulke "mal" reels! As jy jou vuurwapen in die bakkie los, terwyl jy vinnig by die Wimpy stop om 'n ontbyt te eet oppad jagveld toe en hulle steel dit, gaan jy al jou ander vuurwapens verloor en waarskynlik baie naby aan die tronk draai! Verbeeld jou dit! Dis mos onregverdig en die "skelm" SAPD wil seker net geld maak, deur die vuurwapens waarop hulle beslag lê te verkoop! Tog keer dit niemand om aansoek te doen vir 'n lisensie nie....

Dis in my opinie baie eenvoudig: Sorg dat jy nie mis skiet nie of vermy sulke plase! Punt.
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Jagreels

Post by Zack Benade »

Mooi 375fanatic ++>:
Baie jongmanne sweet bloed en sal bekommerd wees as dit 'n raaksoot is.
Hulle wardeer nie miskote nie totdat dit te laat is. ++>:
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Jagreels

Post by morne smith »

die ou skiet al vir jare in die huis maar hy het nog nie raak geskiet nie . Sy vrou het hom maar toe met n nuwe skut vervang

Sien Henning,Oom Pieter? Sy vrou het 'n ander man"GEDRUK" en nou moet haar arme man "TREK"
Conspiracy theory as jy my vra. Ek begin nou wonder of Oom Pieter regtig in die Paarl woon!!! en of Oom Pieter se naam regtig Pieter is? Is dit Oom of Tannie?
Post Reply