Vuurwapenwet
-
Nico Prinsloo
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm
Vuurwapenwet
Goeie More
Ek lees in vandag se Beeld, 26 Mei 2014 bladsy 6, dat die owerhede a.g.v. `n interdik wat 5 jaar gelede deur die SAJWV verkry is, jou nie meer kan dwing, as jy jou lisensie onder die ou wet verkry het, om onder die nuwe wet weer aansoek te doen nie.
Volgens die nuwe wet moet `n vuurwapeneienaar se bevoegdheid om `n wapen te hanteer getoets word. Dit kan egter nie meer afgedwing word nie.

Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Vuurwapenwet
Die hofsaak is net van belang vir persone wat nog nie oorgeskakel het na die vereistes van die nuwe wet nie en nie hulle lisensies hernu het nie en steeds slegs die groen lisensies het. Indien jy egter in terme van die nuwe wet jou groen lisensies hernu het en die nodige bevoegdheidsertifikate bekom het, het jou ou groen lisensies verval en moet jy voortaan in terme van die nuwe wet handel.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Vuurwapenwet
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Vuurwapenwet
Jamalley dis soos ek dit ook verstaan. Ons wat oorgeskakel het na die nuwe stelsel, is onderworpe aan die nuwe wetgewing.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Vuurwapenwet
Wat ek hier kan aflei is dat wapen eienaars met die ou groen lisensies nie hoef te hernu nie? Daar is geen tyd aan die interdik gekoppel nie? So die groen lisensies gaan geldig bly? Ja ons almal met slap riem gevang!! As ek weet wat ek nou weet het ek nooit my groen lisensies oorgeskakel nie! Weet net nie hoe 'n wet met twee verskilende aspekte korrek toegepas kan word nie? Ek dink dis maar een groot gemors!!
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Vuurwapenwet-FIREARMS AMENDMENT BILL Oct 2014
Het sopas op hierdie op faceboek afgekom
FIREARMS AMENDMENT BILL PRESENTATION - Oct 2014.ppt · version 1
https://powerpoint.office.live.com/p/Po ... t+2014.ppt
FIREARMS AMENDMENT BILL PRESENTATION - Oct 2014.ppt · version 1
https://powerpoint.office.live.com/p/Po ... t+2014.ppt
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Vuurwapenwet
Verstaan ek dit nou reg? Onderste paragraaf in "slide 5" in bogenoemde aanbieding stipuleer dat huidige "groen lisensies" oor 'n tydperk van verdere twee jaar hernu MOET word. Moet hierdie gewysigde wetgewing dan nog eers deur Parlement goedgekeur word en in staatskoerant afgekondig word?
Advies of interpretasie van regskenners op hierdie forum sal waardeer word. Dankie.
Advies of interpretasie van regskenners op hierdie forum sal waardeer word. Dankie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Vuurwapenwet
Die gepubliseerde inligting is slegs 'n aanbieding van wat beoog word. Die konsepwet moet eers deur die parlement goedgekeur word en dan word dit gepubliseer vir kommentaar. Hier is dan Jan Publiek se kans om sy sê te sê. Hou dus dop vir die verskyning en sorg dat jy die spertyd kan maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Vuurwapenwet
Dankie, tripodmvr. Ek sal maar dophou wat verder hieruit ontwikkel.
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Vuurwapenwet-FIREARMS AMENDMENT BILL Oct 2014
Johan Reyneke wrote:Het sopas op hierdie op faceboek afgekom
FIREARMS AMENDMENT BILL PRESENTATION - Oct 2014.ppt · version 1
https://powerpoint.office.live.com/p/Po ... t+2014.ppt
Ek kan nie die link oopmaak nie!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Vuurwapenwet
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Vuurwapenwet
Dankie vir daai link.
Verstaan ek reg dat Clause 22 sê, dat die hele lisensie proses nou deur die stasie se DFO gedoen sal word, of is dit net op die sekuriteits bedryf van toepassing?
Verstaan ek reg dat Clause 22 sê, dat die hele lisensie proses nou deur die stasie se DFO gedoen sal word, of is dit net op die sekuriteits bedryf van toepassing?
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Vuurwapenwet
Hier is 'n ander thread reeds oor die spesifieke topic. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=35331Chris Swart wrote:Dankie vir daai link.
Verstaan ek reg dat Clause 22 sê, dat die hele lisensie proses nou deur die stasie se DFO gedoen sal word, of is dit net op die sekuriteits bedryf van toepassing?
Daar is egter heelwat onsekerhede tussen al die betrokke partye en nog meer tussen die DFO's