404Jeff

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 404Jeff

Post by DWB »

Nog net R17k om te gaan :o
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: 404Jeff

Post by Alwyn »

Eish :o
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: 404Jeff

Post by Swede »

Deon ek is bly jy het nou besluit wie die geweer gaan bou, ten minste het jy nie meer daardie bekommenis nie. Om onseker te wees in hierdie verband plaas geweldige druk en twyfel op jouself wat onnodig is. Al jou energie kan nou in een doel geplaas word. Geniet die bou van jou geweer en hou ons op hoogte van die vordering daarvan. ;D
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 404Jeff

Post by DWB »

Dankie manne! Ek maak so!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 404Jeff

Post by Dries101 »

Lyk great- hoop jy doen die finish op daai kolf ne!
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 404Jeff

Post by DWB »

Dries, ek het gereken jy moet maar vir 'n week kom kuier :D

So in die geelvis tyd :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 404Jeff

Post by Gert Odendaal »

Deon , die geweer bou vorder nou fluks, dit gaan nie lank wees nie dan skiet jy kolskote met jou .404 Jeff. Hierdie geweer gaan net `n plesier wees. As jy tyd het laai fotos op van die proses, dit is altyd lekker om so `n projek te sien vorm aanneem.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 404Jeff

Post by Johan van Wyk »

Juan se werk is glad nie sleg nie en ek vermoed jy gaan baie aangenaam verras wees met die eindproduk. Anders as wat soms die geval is met sekere "pasmaak geweersmede" is ek seker jou roer gaan voer en eject soos wat hy moet na die tyd en dat hy ook gaan skiet waar jy mik ook. Ek het al te veel swaarkalibers gesien wat deur "gesiene" geweersmede aanmekaargeflans is wat geen van bovermelde wou doen nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 404Jeff

Post by DWB »

Dankie Johan.

Is dit nou glad nie sleg nie of bitter goed? ;D

Die manne praat met baie respek vir sy werk so ek is goed opgewonde.

Die bankbestuurder moet net saam speel ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 404Jeff

Post by DWB »

Oom Gert, die projekkie het nog ñ hele paar rand om te gaan. So dit kan nog lank vat. Maar ons is mos maar altyd besig met planne.

In die smid se eie woorde: I'm good with my hands but I don't know how to use computers ;D

So fotos gaan dalk sukkel ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: 404Jeff

Post by NEGE3 »

Hou vir jou duim vas. Ek is seker dit gaan 'n groot sukses wees.
Groete,
Koos de Beer
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: 404Jeff

Post by Johan van Wyk »

DWB wrote:Dankie Johan.

Is dit nou glad nie sleg nie of bitter goed? ;D

Die manne praat met baie respek vir sy werk so ek is goed opgewonde.

Die bankbestuurder moet net saam speel ;D
Jy sal aangenaam verras wees. Juan doen goeie werk.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 404Jeff

Post by Dries101 »

DWB wrote:Dries, ek het gereken jy moet maar vir 'n week kom kuier :D

So in die geelvis tyd :D
Ek sal vir n maand moet kom intrek. Daai olie vat tyd.....maar sal die moeite werd wees op die einde
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 404Jeff

Post by Gert Odendaal »

Ek kan swartbaars baie lekker gaarmaak, geelvis het te veel grate, is ook beskerm...julle het `n ekstra paar hande nodig vir die opvryf van die London Oil finish...`n man met sterk hande nodig om die olie in te vryf, julle kan dit onmoontlik allen doen en nog vis ook vang ...ek sal die vis vang en raad gee hoe die olie aangewend moet word.... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 404Jeff

Post by DWB »

Manne kom gee bietjie raad hier asb:

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=133&t=28769
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 404Jeff

Post by Dries101 »

S&O in Pta het so paar bokse rws volmantel teen R1150 per pak van 20. Dis n baie goeie prys. Gegewe dat Hornady deesdae r1900 n pak is en Rws met woodleigh gelaai is en die dop kwaliteit is die beste wat huidiglik op die mark is vir daai kaliber. Huidiglik kos Norma so r40 plus per dop en julle weet self wat kos n premium punt. Ek ksn nie n nuwe norma dop gelaai met n claw vir minder herlaai as wat die rws op die oomblik voor verkoop nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 404Jeff

Post by Dries101 »

S&O in Rivonia het 404 matryse beskikbaar. Redding asook ander fabrikate.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 404Jeff

Post by Gert Odendaal »

Dries101 wrote:S&O in Pta het so paar bokse rws volmantel teen R1150 per pak van 20. Dis n baie goeie prys. Gegewe dat Hornady deesdae r1900 n pak is en Rws met woodleigh gelaai is en die dop kwaliteit is die beste wat huidiglik op die mark is vir daai kaliber. Huidiglik kos Norma so r40 plus per dop en julle weet self wat kos n premium punt. Ek ksn nie n nuwe norma dop gelaai met n claw vir minder herlaai as wat die rws op die oomblik voor verkoop nie
Kyk ek verkeerde plek op die webblad ? Ek sien nie die volmantel ammo wat jy van praat nie, is daar `n spesifieke afdeling waar daar na hulle ammo kan gaan kyk wat te koop is? Daar is slegs doppe en punte onder andere wat hulle op die lys het?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 404Jeff

Post by Dries101 »

Hi gert, hulle wys nie die ammo op die web blad nie. Ek reken Camdix is jou beste roep nou vir daai of bel en hoor want toe ek so 2 weke terug daar was- was daar nie meer op die rak nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 404Jeff

Post by Gert Odendaal »

Hallo Dries
Ek wonder nogal waarom die winkels nie lewendige rondtes op die webblaaie sit nie en ook dan nie die pryse nie? Doppe, punte ens word opgesit maar nie die volledige rondtes nie, waarom sal dit wees?
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 404Jeff

Post by Dries101 »

Hi Gert, ek dink meeste winkels gebruik n webblad as n basis vir posdiens verkoop en ammo kan nie gepos word nie. Wel dis wat ek dink in elke geval.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 404Jeff

Post by Gert Odendaal »

Goeie dag Dries, om terug te kom na visiere...ek is nou besig om ,my .375 H&H Magnum se V-express visier in te skiet op vyftig meter, die staande klappie, dit is nogal nie so `n maklike oefening soos hulle op Midway USA wys nie, dit neem nogal tyd om tot op die regte hoogte af te vyl en dan nog die skietwerk te doen dat die groeperings goed en aanvaarbaar is op die vereiste afstande...het jy jou .404 Jeffery ook al ingeskiet met sy v-express visier? Of skiet jy net met `n teleskoop?

Ek dink daar is min manne wat met oopvisiere skiet deesdae, teleskope maak dit net soveel meer akkurater as v-visiere... :)
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: 404Jeff

Post by Dries101 »

Hi Gert het myne ingeskiet- moet bieg ek moes die agterste visier baie na regs verstel en dit het my geplae. Ek kom toe agter dat my voorste visier skeef op die loop gesit is. Ek het dit toe na oom Steve Fourie toe gevat om vir my reg te maak. Die wapen is oorspronklik by Sabi wapens gebou en ek moes dit seker na hulle toe terugstuur- maar eks nie lus vir die lang ry en die lank wag nie. oom Steve se werk is in eleke geval op n ander vlak
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 404Jeff

Post by Gert Odendaal »

Vandag my 404 Jeffery lisensie ontvang nadat dit die eerste keer afgekeur was omdat my motivering volgens die mense wat lisensies goed/afkeur ek `n PH is as hulle na my motivering se samestelling kyk, ek weet ek is goed as dit by skryfwerk kom , maar ek was verstom om te hoor dat ek myself in `n PH kan inskryf deur net `n motivering saam te stel... ;D ;D ;D Ek het toe nie appel aan geteken nie, dood eenvoudig omdat dit baie eeue sal neem om iets van die manne af te hoor...toe handig ek `n tweede aansoek in en verduidelik mooi dat ek nie `n PH is nie en ek mag vier jag gewere bestit as ek geen ander tipe geweer/pistool besit nie...dit het lyk my vir hulle sin gemaak... :laugh: :laugh: Ek doen in September my Toegewyde jagter status en sal dan die ander gewere op my naam kry....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 404Jeff

Post by Hilux01 »

Mnre

Hierdie is n versoek vir finansiele bydraes :laugh: :laugh:

Dis met trots dat ek vanoggend my naam hier kan bysit
Ek het (te danke aan Deon en oom Koos) n 404 Jeff gekry - dis geweer het n Truvelo loop en Mauser aksie en al hoe wel hy n sintetiese kolf het wat ek so gou as moontlik sal vervang dink ek dis n groot winskoop gewees.

Ek sal dalk vroeg volgende jaar moet deur ry na Ralph of iemand toe vir die hout werk

404 Jeff groete
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Post Reply