Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Ons gaan binnekort paar rooibokke in Bosveld jag. .308 en .270 kalibers gaan gebruik word en maksimum skietafstande sowat 150 meter.
Ek herlaai nie self patrone nie en wil weet watter patrone beveel julle vir bg. twee kalibers aan vir hierdie doeleindes? Dit hoef beslis nie die "latest and greatest" te wees nie, solank dit akkuraat is en minimum vleisskade meebring en ek nie my bankbestuurder saam hoef te neem as ek gaan koop nie! Ek voorsien long/hart skote en nekskote sal geskiet word, afhangende van omstandighede.
Ek luister na julle advies . . .
Dankie

- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Win270,Dink ernstig daaraan om self te begin herlaai.Winkel ammo wat werk in een geweer is nie te sê gaan dieselfde werk in ander nie. Wat winkel ammo betref vir 308 weet ek Sako 150gr werk baie goed inteendeel reken ek jy behoort met geen winkel ammo regtig probleem te hê vir jag doeleindes nie vir die 308 nie.Vir die 270 kan ek ongelukkig nie kommentaar lewer behalwe dat hulle kan soos klein babetjies wees met winkel ammo soos ek nou al geluister het by die manne wat 270 skiet EN self laai .Sterkte !!
Last edited by vriell on Tue May 13, 2014 8:44 am, edited 1 time in total.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
As jy nie self herlaai of iemand het om vir jou te doen nie? Dan het ou nie veel van keuse op die oomblik nie? PMP Pro amm sal ek se goeie punt maar gee maar bietjie vleiskade? Baie ingevoerde ammo met premuim punte groepeer nie altyd lekker in ons gewere en is maar bleddie duur!As iemand vir jou kan laai sal ek ook "local" gaan. Rhino of Claw! Impalas is ook opsie waar jy die ammo kan koop maar sal jou gewere moet oor instel en hou by hulle.Vleiskade is minimaal met hulle maar skoot plasing baie belangrik.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
http://www.barnesbullets.com/wp-content/uploads/2013/04/BarnesVOR-TX_Box_LeftAmmo-e1366304119107.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/premiercoreloktultrabonded_box2.jpg
http://www.federalpremium.com/images/products/brands/federal_premium/FP_Vital_P3006TT1_3006TBT_L.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/premiercoreloktultrabonded_box2.jpg
http://www.federalpremium.com/images/products/brands/federal_premium/FP_Vital_P3006TT1_3006TBT_L.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Win270
Voor ek self begin herlaai het vir my 270 het die geweer maar net die bruin boks 130gr PMP geken. Vleisskade sal daar maar wees. Die punt breek maar redelik op.
Groete
Ruan
Voor ek self begin herlaai het vir my 270 het die geweer maar net die bruin boks 130gr PMP geken. Vleisskade sal daar maar wees. Die punt breek maar redelik op.
Groete
Ruan
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Jy se jy gaan net rooibokke ens? Skiet! So jy het in elke geval nie duur premuim ammo nodig nie. Barnes ammo ens gaan jou R800 per pakkie kos en jy kort minstens twee pakkies? Klaar R1600 vir 40 rondtes! As PMP mooi groepeer in die gewere gebruik hulle bruin of blou boksie? Deur goeie skootplasing waar jy nie been tref gaan jou vleiskade min wees.
-
AntonF
- Jr. Member

- Posts: 97
- Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
More
Ons gebruik PMP std (bruin boks) 168gr vir die .308 en is baie te vrede met dit.
Baie goeie groepering en min vleis skade
In Nelspruit kos dir +_ R260 n boks
Groete
Ons gebruik PMP std (bruin boks) 168gr vir die .308 en is baie te vrede met dit.
Baie goeie groepering en min vleis skade
In Nelspruit kos dir +_ R260 n boks
Groete
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Dankie vir die terugvoer. Is daar andere wat dalk minder goeie ervaring gehad het met PMP en die .308? Sien Anton se kommentaar hierbo. Ek hoop ek kan een of ander "ingeligte" besluit neem.
Waar kan mens nog Federal patrone vir die .270 raakloop? Lyk my Kalahari Arms se voorraad is op.
Waar kan mens nog Federal patrone vir die .270 raakloop? Lyk my Kalahari Arms se voorraad is op.
-
chrisman
- Full Member

- Posts: 133
- Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Ek skiet ook 180 gr Pro Amm blou boks op my .308 met baie goeie resultate, vir my wat DALK twee keer per jaar jag is dit akkuraat en goed genoeg.
Voorspoed.
Voorspoed.
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Ek verbeel my ek het nou die dag by S&O in Pta gesien, maar is nie seker nie.win270 wrote:Waar kan mens nog Federal patrone vir die .270 raakloop? Lyk my Kalahari Arms se voorraad is op.
Ek het saam my 270 twee pakkies daarvan gekry in 140gr A-frame koeëls. Ek kry nie dieselfde akuraatheid met hulle as met dit wat ekself laai nie. Dit is wel akuraat genoeg vir bosveld tot so 150m. Ek dink daaraan dat my seun met hulle gaan jag in Junie. Die 130gr Nossler Accubond teen 3000vps het verlede Woensdag vir my te veel vleis laat verloor op 'n blesbok op 180m. Ek eksperimenteer ook so bietjie met 150gr Nossler Partitions om te kyk hoe hulle loop.
Win270, ek het nie nou so baie tyd nie maar indien nodig kan ek dalk vir jou so paar patrone laai. Ek is in Centurion.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Advies asb: .308 en .270 patrone vir Bosveldjag
Groot waardering vir die aanbod, Giepie. Ek sal jou laat weet sodra dit nodig raak.
Dit klink my PMP Pro Amm (blou karton) vir .308 behoort te werk. Gelukkig het ek nog klompie Federal patrone vir die .270.
Dit klink my PMP Pro Amm (blou karton) vir .308 behoort te werk. Gelukkig het ek nog klompie Federal patrone vir die .270.