Rooikat, etc bestande heining

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Rooikat, etc bestande heining

Post by Jan Nel »

Manne

Kan iemand asb vir my spesifikasies verskaf vir 'n heining (nuwe kamp) wat ek wil span wat 100% rooikat/jakkals/luislang/tierboskat, etc bestand sal wees.

Ek wil die werk self doen, so ek is nie opsoek na 'n kontrakteur nie.

Sal baie waardeer!

Groete

Jan
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Smirre »

Jan
10ft muur met elektriese drade aan die buitekant

Die ander drade word maar verniel en oopgebreek deur varke

Smirre
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Hugo »

Hallo Jan

Ons is besig met so tipe heining, nog nie klaar nie maar die die plan dat hy teen alles bestand gaan wees.

Hiers n foto

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/photo7.jpg

Die mesh wat jy sien is 900mm hoog en dan 300mm op die grond gespan in 'n "L" vorm om kruipers uit te hou, waar die mesh eindig op die grond kom n trip wire 100mm hoog wat krag op gaan he, asook n 3 draad stand off braket aan die buite kant asook n 2 draad stand off bracket aan die binne kant, heining is 2.4m hoog en die drade is 90mm uit mekaar gespand met droppers op elke meter,

Ek hoop dit help.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Hugo »

Soos jy ook sal oplet is daar nie n tak/boom binne 3m van die heining nie, dis om katte uit te hou wat kan oor spring.

Groete
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by henried »

Hugo wrote:Hallo Jan

Ons is besig met so tipe heining, nog nie klaar nie maar die die plan dat hy teen alles bestand gaan wees.

Hiers n foto

http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/photo7.jpg

Die mesh wat jy sien is 900mm hoog en dan 300mm op die grond gespan in 'n "L" vorm om kruipers uit te hou, waar die mesh eindig op die grond kom n trip wire 100mm hoog wat krag op gaan he, asook n 3 draad stand off braket aan die buite kant asook n 2 draad stand off bracket aan die binne kant, heining is 2.4m hoog en die drade is 90mm uit mekaar gespand met droppers op elke meter,

Ek hoop dit help.

Dit kos julle seker 'n paar rand?
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Hugo »

Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Smirre »

Hugo
maat van my wat met eksotiese wild boer het min of meer dieselfde gedoen.
Elektries 7 draad buite en 4 binne nog by

5 van sy 8 swart rooiboklammers is gevang

Die varke (yster, bos en vlak) is die problem hulle maak gate vir jakke en katte

Sterkte
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Hugo »

Smirre
Dis die plan met die trip wire om die varke buite hou, on shet gelukkig nie tonne varke nie maar hulle is daarso. die trip wire gaan hulle op die snoet of oe piets as hulle probeer grou.

Ek vermoed ons heining gaan 99/100 van alles stop wat wil in, of uit.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Smirre »

Hugo
Die oplossing saam met jou draad is om kleiner kampies binne jou wildskamp te span vir die eksoties wild op dieselfde manier as die buitedraad

Laat hulle daar lam en maak dan weer die hek oop as die lammers / kallers sterk is

Smirre
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Hugo »

Smirre

Daardie is n klein kamp, 20Ha,
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Rooikat, etc bestande heining

Post by Smirre »

oooooh
Span dan die buitedraad!! ;D
Post Reply