Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Francois Marais »

Louis

Sierra se dit van hul BK punte
Varmint hunting places extreme demands on bullet performance. Such bullets must be exceptionally accurate to hit small targets, lightly constructed to provide explosive expansion while minimizing ricochets, and lightweight to obtain high velocities with flat trajectories. Sierra BlitzKing? and Varminter? bullets are the standard against which other brands are measured.
Barnes van hulle V/Grenade
Introduced in 2007, the Varmint Grenade has rapidly become one of the most popular varmint bullets around. Based on a design Barnes developed for military applications, the hollow-cavity, flat-base bullet features a copper-tin composite core surrounded by a guilding-metal jacket. This extremely accurate bullet enjoys consistently high demand.

The bullet remains intact at ultra-high velocities, while its highly frangible core fragments explosively on impact. Produces instant fragmentation, virtually vaporizing ground squirrels and prairie dogs, even at long range. Expending its energy early, the Varmint Grenade seldom exits large predators like bobcats and coyotes, leaving valuable pelts virtually undamaged.
en Hornady van hulle V-Max
V-MAX?

Features:

    * Polymer tip and streamlined design for ultra flat trajectories.
    * Match grade jacket design provides maximum accuracy at all ranges.
    * Explosive expansion, even at low velocities.
en
V-Max?

The industry's leading varmint bullet with polymer tip and streamlined design results in ultra flat trajectories. The match grade jacket design provides maximum accuracy at all ranges as well as explosive expansion, even at low velocities.    * Rapid, explosive expansion.
    * Recommended muzzle velocity range: 2000 to 4000+ fps
So ons kan se hulle is in dieselle klas, want die maatskappye promofeer hulle as VARMINT BULLETS.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

Hau!

As jy nie slim is nie, moet jy sorg dat jy slim p?lle het.

Dankie
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

Tomma

Het jy al jakkalse met Varmint Granades geskiet?  Lyk hulle net in die video so etter, of is hulle maar dieselfde as V/Max'e?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Geno »

Hel maar daai koeeltjies maak 'n gemors van 'n prairie dog!
Goed, beter, 6millimeter!
jmb

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by jmb »

Lyk my ek moet vir my 'n paar van daardie koeels kry vir my 7mm vir volgende keer as ek 'n rondloper hond op my werf gewaar. Een oomblik is hy daar volgende oomblik is hy weg. Hond watter hond? Ek het glad nie jou hond gesien nie meneer. :D
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by JACQUES BOTHA »

FM Oom Leeu
Eh het eenkeer gehoor nie gesien nie dat n bekende in geweer kringe vir my gese hte dat hy nie meer die vmax skiet nie omdat hulle nie die teiken bereik nie, Dit was in sy bonzai Ackley"ugly" ( toe spel ek dit reg die keer) maar dat hy eeder nosler BT gebruik. Nou ek glo alles wat FM hierbo se sonder twyfel klink dit ook vir my reg.
Maar as ek eenkeer n sleg ervaring met n Nightforce scope gehad het en hom nie meer wil gebruik nie, Gaan min dinge my oortuig om weer nightforce te koop.
En andersom as ek baie tevrede is met my Lynx gaan min dinge my keer om weer n lynx te koop. Al doen ander watse toetse, ek gaan stick by my ervaring en bly by dit wat ek in glo. Ek het meer as n duisend amoksils uitgeskiet  in my bonzai 243  en tog skiet ek vmax in hom tans  hoekom -- Ek glo in dit, En ek sal nooi n ammosil 55gr koeltjie slegmaak nie, want die die beste oespuntjie volgens my vir die 22 kalibers .
Sterkte met die toetse , Ek gaan sel more n paar 2 liter 
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

JACQUES BOTHA wrote: ... Al doen ander watse toetse, ek gaan stick by my ervaring en bly by dit wat ek in glo ...   
Jakes

Ek dink nie dit is wat jy probeer s? nie en haal jou sekerlik buite konteks aan, maar met my kamtige eksperimente probeer ek niemand anders oortuig, behalwe myself nie.  Ek wil nie maak of ek 'n kundige op die gebied van balistiese eienskappe van koe?ls is nie, want soos almal teen die tyd weet, is my kennis uiters beperk.  Ek het egter gehoop dat ons almal wel ietsie sal leer as ek die dom vrae vra en in onkunde my naam krater maak met hierdie kamtige eksperimente.  Sov?r weet ek (hopelik ander ook) al klaar so effens meer van hierdie onderwerp, a.g.v. die hulp van meer kundige Forum-manne as ek.  So bly die slimmer en wel belese kundiges op die forum sommer in oefening ook!

Mag ons nooit te oud, te slim, of te gr?nd raak om uit ander se ervarings te leer, dinge self te probeer en so af en toe di? dom vraag te vra wat ander te bang is om te vra nie.

Nou't ek my seker weer onnodig probeer slim hou, maar gaan maar die "Post"-knoppie druk, vir wat dit mag werd wees.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Francois Marais »

JB

Hoe raak jy sommer dan nou so met die tikkery weg, jy moet konsentreer jong, ons sal graag die hele 2lt ding wou hoor.

Louis
Mag ons nooit te oud, te slim, of te gr?nd raak om uit ander se ervarings te leer, dinge self te probeer en so af en toe di? dom vraag te vra wat ander te bang is om te vra nie.
Groot gegooi daar maat.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Danie Lombard .243 »

Kerels

Verstaan ek reg dat jul graag wil sien wat word van die plastiek puntjie voor aan die kooel?  Ek dink ek het vir jul moontlik 'n manier om 'n koeel te kan vang en dit dat te beloer vir skade ens.  Gaan daar na die materiaal winkel en koop vir jou van daai stopsel batting. Dit is so 'n watte agtige spons bol besigheid wat die materiaal mense gebruik om ites te stop, pof of so iets. Gebruik 'n lekker groot bol van die goed, gebruik genoeg dat dit dik is en die koeel kan vang. Plaas dit op verskillende afstande en skiet in die besigheid in. Dit vang 'n koeel baie mooi. Die koeel draai homself vas in die besigheid. Gaan grou in die bondel na elke skoot en soek die koeel, as jy niks kry nie, gaan verder weg en skiet weer. Jy sal die koeel gevang kry. So kan jy die koeel mooi beloer. Hierdie toets sal jou sommer ook help om te kan sien hoe lyk die toestand van jou loop se groewe. Wat ek met dit bedoel, loer na die groef merke in die koeel. As daar swart brand merke by die voorkat van die groefmerke op die koeel is weet jy daar lek gas verby in die loop terwyl jou koeel deur die loop beweeg. So 'n loop is dan lekker gesluit.

Laat weet as jul die toets doen en vertel ons van die sukses.

Danie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

Nou maar Danie, siende dat jy die slim plan het, wil jy nie vir ons die eksperiment doen en die resultate hier pos nie?  Ons het tyd om so bietjie te wag totdat jy op eie tyd gereed is daarvoor.  Dit sal baie gaaf van jou wees.
Goeie dade oortref goeie woorde.
jmb

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by jmb »

Danie dit is nou 'n blink plan. Het self gesit en wonder hoe kan jy dit doen. Het gedink aan in die swembad maar die varmint punte gaan vragmenteer met die impak weens die aard van die punt en die spoed. Dit is basies die konsep waarop koeelvaste baadjies werk wat jy net vereenvoudig het. Baie goeie idee.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Francois Marais »

JB
n bekende in geweer kringe vir my gese hte dat hy nie meer die vmax skiet nie omdat hulle nie die teiken bereik nie
Het dit self al gedoen, 55gr in n 223, en 75 gr in n Koevoet. Ek het ongelukkig nooit die spoed gemeet toe dit gebeur het nie, maar reken dit was eerder die lope se twists albei 1/10 wat die disintergrasie in vlug veroorsaak het. Na die 223 geval, dit was lank terug, laat 1980's, het ek lank weggebly van V-Max'e, maar met die kom van die internet era, het ek gelees hoe goed die Yanks doen met die ROOI puntjies, en toe eers in my 243 beginne skiet. Ek was so oorbluf met die resultate dat ek vandag v-maxe skiet in al my oes gewere en selfs in n paar ander.

Danie/Louis

Ek wil dan nou dieselle voorstel maak, DANKIE Danie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Danie Lombard .243 »

O NE? nou word ek in die werk gesteek ;D Gelukkig nie in die pad nie. 8)

Sekerlik maters, ek sal die toets doen vir julle. Moet net eers daar by ou Abraham se winkel in bloem gaan draai gooi en van die batting wol bedryf (bullet cather) gaan koop. Ek sal dus vir die eksperiment net 87 en 75 v max'e in 6mm kan toets, ek het meer as 'n jaar laas sierra BK gehad.

;D Hoop my plan werk.

Ek is nou self nuuskeirig om te sien wat word van die rooi plastiek puntjie daar voor. Ek kan jul die volgende se, daai koele gooi kwaai raak. En hul stamp 'n jakkie en kietsie lekker onderstebo.

Mooi gaan
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU.
jY LEES REG MAAR EJK HET NET DIE WOORDJIE EK INGESIT OM NIE NA N PERSOON OF NA GROEP GEBRUIKERS TE VERWYS NIE.
EK IS STOUT OM DIE RESULTAAT TE SIEN NUUSKIERIG SO MOET NIE STOP NIE. EK GAAN SELF N PAAR BOTTRLS STUKKEND SKIET NIE OM IEMAND VERKEERD TE BEWYS OF REG NIE, NET OMDAT EK WIL.... EN EK DINK DIT BELANGRIK IS, HOEDE AF VIR OUENS SOOS JY WAT BEREID IS OM DIE TOETSE TE DOEN. EK IS GEWOONLIK EERSTE WAT VRA WAT SE DIE REKENAAR EN WAT SE DIE PRAKTYK....SOMS VERSKIL DIE TEORIE EN PRAKTYK SO EFFENS.
SAL MAANDAG POS EN SE WAT HET GEBER MET SATERDAG SE SPEELGOED..
gROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

JACQUES BOTHA wrote: ...SAL MAANDAG POS EN SE WAT HET GEBER MET SATERDAG SE SPEELGOED...
Jakes

Vat jou vidoe kamera saam.  So 'n 2ltr bottel ontplof sommer lekker as hy 'n V Max-pil sluk.  Ek gaan nou kyk of hier nie rooi jelly in my vrou se koskas is nie....... sal ook laat weet!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by JACQUES BOTHA »

MAAK DIE JELLIE MET TAMATIESOUS AAN ---DIT GAAN MEER REALISTIES EFFEK HE..
NEE EK PRAAT ALWEER TWAK
jACQUES
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Francois Marais »

JB
NEE EK PRAAT ALWEER TWAK
Twak seg jy?? ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

[align=center]Proefkonyne[/align]

[align=center]Image[/align]

[align=center]Vir die volgende eksperiment het ek besluit op rooi-jelly (sonder die tamatiesous) in 500ml plastiek waterbotteltjies - V/Max vs Blitzking wonder wat gaan gebeur?[/align]
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Christo »

Kyk, om te speel was mos nog altyd lekker.

Ek en die seuns kan nie skietbaan toe en net gonge meer skiet nie. Die Coke blikkies moet ook iewers tussen deur vol water gemaak word en dit is mos lekker om die bol water te sien spat, veral so laat middag as die son lekker deurskyn. Wat ek wil s? van die skietery is dat ek nou die dag die .222 gaan inskiet het en toe op 50, 150, 200m elk 'n blik gesit het en met die gaan haal slag gesien het dat al die blikke se bokante letterlik uit die blikke geskiet was en dat die blikke in 3-4 stukke was. Dit was met Nosler S.H.O.T.S. gewees en die spoed so net by die 3150 merk. Ons kiet baie blikke maar hulle "flare" net oop aan die agterkant of voor en agter en die blik se parte is meeste van die tyd nog aanmekaar vas. En dit was meestal met PMP 55gr punte.

Ek het ook voor laas Vrydag 'n kindertein jakkie getref reg van voor en sy hele rug het oopgebars met alles stukkend tot by sy kruis. Lyk my die S.H.O.T.S. is erger as wanneer 'n man met 'n 22-250 die job doen.

Image


Louis, neem tog 'n video van die rooi bottels, dit gaan pret wees.  ;D
Last edited by Christo on Sun Nov 14, 2010 9:25 am, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by JACQUES BOTHA »

Oom Leeu.
Was toe Saterdag na Soutpan SAJAGTERS SANDVELD tak (wat nou na meer as 20 jaar by CHASA vrystaat jagters vereenining
En Bloemfontein tak) my nuwe tuiste is. So enige raad aan voornemende jagters SLUIT BY SAJAGTERS AAN. DIS WAAR ELKE JAGTER TUISHOORT. Wel die video amateur kamera was saam. begin met n 55vmax uit die bonzai 243 na 2 365 blikke gevul met water. Daai blikke spat uitmekaar, die voorste blik se boonste deel 15 meter agter die blikke opgetel. hy penetreer beide blikke maar net klein koper mertjies aan die agterkant van die agterste blik. Toe oorgeslaan na die 2liter houers. SPACTACULAR ek gaan volhende keer kleurmiddel by die water gooi vir gekleurde ontploffings. Die silincer maak dit nog beter, ek het so 10 tree agter die skuts gestaan en jy sien eers die bottels ontplof voor jy die skoot hoor. Die mooiste een was die 308 met n 150gr sst maar dit was sommer vir die lekker. n 270 met n 130gr pm,p  punt is ook mooi. Wel dit was maar die eerstes van nog baie en is nie wetenskaplike results nie, maar slegs waarnemings.
Die 243 met 87gr vmax skiet ook nie deur 2X2l water houers nie. die 25 met 85 noslet Bal tip gaan wel deur.Ek vermoed die ballistic tip is bietjie harder as die vmax. die 55gr amoksil in 222-50 gaan beslis nie deur altwee nie maar lyl op die oog af amper selfde as 55vmax .
OOM LEEU ek is beslis nie kla nie en gaan nog lekker speel die Desember.
Ek hoor graag van die nuuutste bevindinge.
Enjoy
JB
Last edited by JACQUES BOTHA on Mon Nov 15, 2010 8:40 am, edited 1 time in total.
Shoot straight and tell the truth!
Gerard

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Gerard »

Gebruik skoon water dan is die soortelike gewig van die medium meer vergelykend en penetrasiediepte vergelykbaar van een toets na die ander.  Merk die linker en regterkant van ronde houers met 'n velt pen sodat bepaal kan word waar die koe?l in en uit is.  Meet die deursnee van die houers, dan kan mens s? hoeveel cm water penetrasie daar was.  Gebruik meer houers as wat mens dink nodig sal wees.  Sodoende kan die koe?l in die laaste houer gevind word indien penetrasie reguit was.  Wanneer die koe?l draai in die medium en langs die kant uitkom, is dit ook bevestigbaar.

Ek gebruik byvoorbeeld 11 5l plastiek oliekanne vol water om 'n 200gr HV uit 'n 338 Win Mag te stop.  Plastiek oliekanne is 12cm breed. Die koe?lres word gewoonlik in die 9de kan gevind vir 'n totale water penetrasie van tussen 96cm en 108cm.

Dit is lekker om goed op te blaas (daarom sal vuurwerke nooit verban word nie) maar dit is net lekker en bevat geen feite nie.
;D  ;D
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

[align=center]Raait, die plan lyk nou so:[/align]

[align=center]Image[/align]

Skiet deur die 500ml rooijelly vanaf 100m om kwesskoot na te boots.  Die koe?l breek op/nie op nie en tref transpirant wat oor 'n 2ltr roomysbak vasgeplak is om die verspreiding van die koe?l-fragmentasie te probeer bereken.  Binne in die roomysbak is spons wat veronderstel is om die fragmente van die koe?l op te vang.  Die roomysbak is weer binne 'n 20ltr plastiek kan monteer wat sal aandui of daar fragmente is wat nie deur die spons opgevang word nie.  Namiddag is dit sulke tyd, wonder of dit gaan werk?

Ns. Gerard, ek sien nou jou post, sal dit in gedagte hou vir die volgende eksperiment.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

[align=center]Toetsgronde & Toets-assistent:[/align]

[align=center]Image  Image[/align]
Last edited by Louis102 on Sun Nov 14, 2010 3:56 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Louis102 »

[align=center]Toets-Resultate[/align]

[align=center]Image[/align]

Met eerste oogopslag lyk dit of hier dalk 'n beduidende verskil in die koe?ls se werksverigting kon gewees het.  Links is V Max-resultate (75gr) en regs Blitzking-resultate (70gr). 

As na die roomysbakke en die spons gekyk word lyk dit of die VMax veel meer as die Blitzking verbrokkel het.  Die V Max tonnel is ook beduidend meer prominent deur die spons as die Blitzking s'n.

Indien ons egter na die jelly-botteltjies kyk, is daar beduidend meer skade aan die botteltjie (en die jelly) aangerig deur die Blitzking, gemeet teenoor wat die V Max gedoen het.  Dit lyk ook of die V Max, die botteltjie effe meer skrams as die B King getref het, wat dalk die rede vir die verskil in werksverrigting in hierdie geval kan wees.

Gevolgtrekking:  Onbeduidend dusver.  Dink wel dat met fynere toets-verstellings en deur skietafstande te wissel, daar dalk tot beter gevolgtrekkings gekom kan word.  Dit sal egter beten dat daar sommer baie geskiet sal moet word.  Een of twee skote gaan nie die ding doen nie.

Nota:  Onthou om die video kamera aan te skakel!!!!  Ongelukkig was die opgewondeheid so groot dat ons vergeet het om kamera aan te sit vir die meer aanskoulike ontploffing van die Blitsking.  Die V Max s'n is egter op video vasgel? _ sal nog daarna kyk.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: Blitzkings vs. V Max'e - Tuisgemaakte Balistiese Toets

Post by Roelo »

Louis

Lekker lag ek nou oor die video wat af was, want gewoonlik kom ek so iets oor,die opgewondenheid en my haastigheid kom ek sulke goed gereeld oor, tipies ek
Geweldig man Geweldig
Post Reply