Jagters teenoor skieters

Kies hoe jy jag

Poll ended at Thu Jun 05, 2014 9:40 am

Kan self spoor sny
88
21%
Volg maar die gids
15
4%
Kan self bloedspoor volg
97
23%
laat die gids dit doen
12
3%
Slag of kan self my bokke afslag
96
23%
laat die gids/plaas werkers dit doen
29
7%
Kan trofees "Cape"
35
8%
laat die gids/plaas werkers "Cape"
43
10%
 
Total votes: 415

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Jagters teenoor skieters

Post by FCLoretz »

Na aandleiding van die Pensmis draad, maak ek maar eerder my eie draad oop met 'n poll.

Daar is 8 opsies waarvan julle 4 kan kies.

My stelling is "As meer skieters by die slag van hulle bokke betrokke raak sal ons meer jagters in die land he"

Hoe Jag/skiet jy op 'n jagplaas? Ek wil en gaan nie hier in 'n etiese gesprek betrokke raak nie. Maar dit gaan meer oor hoe afhanklik is ons as jagters/skieters van die plaas hulp in die veld?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Jagters teenoor skieters

Post by JPS »

Kan allesself doen en het twee plase waar ek self alles doen geen gidse. Ongelukkig is die soort plasenievirmense wat nie sy eie plaas of famielie plaas het beste nie so ek ag myself baie gelukkig.

Het wel by Cape van dier gese ek kan nie aangesien ek nie vir trofee jag nie kan ek nie omrede ek nog nie dit gedoen het of behoefte het daartoe nie.

Mooiloop
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Smitstertjies »

FC , met respek gese.

Jy noem die draad "jagters of skieters". Jy impliseer tog hierdeur dat manne wat nie bg kan doen nie as jagters gesien kan word nie.Ek is n jagter. Ek kan bloedspoor vat (moes al baie agv my swak skietwerk".)Ek loop voor en my gids agter, tensy ek die plaas nie ken nie.

Ek het al n paar bokke se pense in die veld uitgehaal, maar doen dit 90% van die tyd nie. Ek slag ook nie self nie en erken ek het nie die skills daarvoor nie. Ek sal graag dit dalk wil leer.

MAAR, ek klassifiseer myself as jagter, en nie skieter nie. Elke jagtog wat ek meemaak leer ek bietjies meer en meer en meer.

Glo my die groot jagters van weleer het spanne manne en slawe om hulle gehad wat die bokke geslag, ja , en selfs die gewere gedra het.

Ek het groot respek vir die manne wat self slag. Maar ek dink nie dit maak van jou n JAGTER nie, dalk net n beter jagter.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by FCLoretz »

Dankie Smitsterjies.

Ek impliseer glad nie dat mense wat nie alles self kan doen nie, nie 'n jagter is nie en ek se nie dat enige van die manne hier skieters is nie.

Maar die engelsman se mos "If the cap fits, wear it".

Ek self leer nog baie elke keer wat ek in die veld kom. En ek gaan vir nog baie jare om te kom nog baie leer. Ek weet nie alles nie en wil altyd meer weet.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2320
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse

Ek besit nie my eie plaas nie maar het die geleentheid by paar plase waar ek jare al jag om alleen die veld te betree en moet se deur om die voreg te he het ek baie geleer.Dit is egter nie almal wat die voordeel het nie en meeste plase verplig dat gidse die jagters vergesel in die veld, op hierdie wyse leer mens maar stadig en volg eder.Ek as person verstaan waarom gidse die jagter moet begelei.Die plase wat ek ken en waar gidse my begelei is ek geneig om die gids agter te laat loop.Ek self moet nog baie leer maar kan myself goed help.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jagters teenoor skieters

Post by BLOK »

Ek kan dit alles doen, en ek reken beter as die gemiddelde jagter, of dan skieter. Maar hoekom moet ek dit doen as iemand anders dit kan doen.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Jakkie07 »

dink skieter verwys na daai knaap, wat uit sy blink nuut bakkie klim met al regte goed op in sy nuwe camo, met elke gadget was hy kan koop, daai oudjie wat net skoot wil aftrek.
en dan kom hy by die huis en om n gasbraai vertel hy sy pelle, ek het die naweek so hard gejag!

ek is nou nie die beste slagter nie, maar leer en verbaas myself soos ek aangaan.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Eugene »

Ek kan alles doen, maar as daar behoorlike slagters op die plaas is (en daar is gelukkig op meeste plase), dan meng ek nie werklik in nie. 'n Man wat weet wat hy doen en dit elke dag doen, slag 3 bokke in die tyd wat ek een slag....

Ek kan cape ook, maar ek verkies om eerder net tot agter die skedel te gaan en dan die "cape", met skedel en al na die taxidermy te vat, sodat hy die ore en lippe en dinge doen.
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jagters teenoor skieters

Post by tau »

BLOK wrote:Ek kan dit alles doen, en ek reken beter as die gemiddelde jagter, of dan skieter. Maar hoekom moet ek dit doen as iemand anders dit kan doen.
+100000 werkskepping :laugh:

Ek het op my laaste jag self alles gedoen en my 2 pelle 17 sprinbokke later het ek besef daar is mense wat dit beter as ek kan doen. Ongelukkig was daar niemand anders nie . Volgende jag vat ek my tuinier saam hy kan slag en alles terwyl ek whiskey sit en drink en my jag stories oordryf en die afstande.

Of jy jagter of skieter is die boks is steeds net so dood.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Frikkiedbr »

tau wrote: Of jy jagter of skieter is die boks is steeds net so dood.
Ja nee mors dood :laugh:
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by ROBBIE1 »

Ek kan ook als self doen, maar is wragtag nie lus om die pens uit te haal en vel af te haal nie, dis hoekom daar manne op die plaas is wat paynkry om dit te doen, terwyl ek n lekker koue skuimpie neem en sit en kyk hoemhy dit doen, ek is immers die klientmas ek daar is, nie waar nie?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by FCLoretz »

ROBBIE1 wrote:Ek kan ook als self doen, maar is wragtag nie lus om die pens uit te haal en vel af te haal nie, dis hoekom daar manne op die plaas is wat paynkry om dit te doen, terwyl ek n lekker koue skuimpie neem en sit en kyk hoemhy dit doen, ek is immers die klientmas ek daar is, nie waar nie?
Waar Robbie,

maar moet dan nie kla oor Pensmis op jou vleis nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by James Wilson »

BLOK wrote:Ek kan dit alles doen, en ek reken beter as die gemiddelde jagter, of dan skieter. Maar hoekom moet ek dit doen as iemand anders dit kan doen.

Dito, behalwe dat ek self die bloedspoor volg
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jagters teenoor skieters

Post by BLOK »

James Wilson wrote: Dito, behalwe dat ek self die bloedspoor volg

Nou hoe so, kwes jy jou bokke? ;D ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jagters teenoor skieters

Post by tau »

BLOK wrote:
James Wilson wrote: Dito, behalwe dat ek self die bloedspoor volg

Nou hoe so, kwes jy jou bokke? ;D ;D ;D ;D
:laugh: Dit is hoekom ek die bene af skiet dan volg mens hulle makliker met die oog. In die KAAAAAAlaaaari praat hulle van handbriek vasmaak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by James Wilson »

BLOK wrote:
James Wilson wrote: Dito, behalwe dat ek self die bloedspoor volg

Nou hoe so, kwes jy jou bokke? ;D ;D ;D ;D
Ja Blok, dis maar wanneer ek met Impalas varke skiet. Die vark is dood maar hy weet dit nognie, dan is spoorsny maar die voorland, na n skoot >:( ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by DWB »

Jakkie07 wrote:dink skieter verwys na daai knaap, wat uit sy blink nuut bakkie klim met al regte goed op in sy nuwe camo, met elke gadget was hy kan koop, daai oudjie wat net skoot wil aftrek.
en dan kom hy by die huis en om n gasbraai vertel hy sy pelle, ek het die naweek so hard gejag!

ek is nou nie die beste slagter nie, maar leer en verbaas myself soos ek aangaan.
Ja daai is nou 'n teer puntjie :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Eugene »

Soos 'n boer eendag vir 'n pel van my gesê het: Alles is ingesluit in die prys, as jy met jou eie bakkie wil rondry, jou eie bokke wil laai en aflaai en slag, is dit jou saak, maar afslag daarvoor gaan ek jou nie gee nie....

Dit help maar net om dit self te kan doen, as jy by 'n "oop" plaas geleentheid kry om iets te skiet en daar nie mense is wat dit kan doen nie!
Aim small, miss small
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Silent Hunting »

Eugene wrote:Soos 'n boer eendag vir 'n pel van my gesê het: Alles is ingesluit in die prys, as jy met jou eie bakkie wil rondry, jou eie bokke wil laai en aflaai en slag, is dit jou saak, maar afslag daarvoor gaan ek jou nie gee nie....

Dit help maar net om dit self te kan doen, as jy by 'n "oop" plaas geleentheid kry om iets te skiet en daar nie mense is wat dit kan doen nie!
Soos jy daar se. Glo ook die probleem kom in met voltydse jagplaas standard teenoor vee/ wildsplaas standard. Die een doen dit voltyds en die ander deeltyds. Makliker om alles reg te doen as jy heeltyd oefen.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by ROBBIE1 »

FCLoretz wrote:
ROBBIE1 wrote:Ek kan ook als self doen, maar is wragtag nie lus om die pens uit te haal en vel af te haal nie, dis hoekom daar manne op die plaas is wat paynkry om dit te doen, terwyl ek n lekker koue skuimpie neem en sit en kyk hoemhy dit doen, ek is immers die klientmas ek daar is, nie waar nie?
Waar Robbie,

maar moet dan nie kla oor Pensmis op jou vleis nie.

Nee ek kla nie pella, want dis nie my vleis nie, punt, dis die tat wat geslag het sin as daar mis op is! :-[

Ek voel net ekt bv 4 ure voet gevat, my kant gebring, so nou relax ek, my taak vir die skof of dag is afgehandel!
Zack Benade

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Zack Benade »

Ek en jy dink dieselfde Robbie. >:D
Een skuimpie werk nie lekker nie. Twee of meer is beter ++>:

Ek hou van alles behalwe vlakvark afslag.
Noem my maar 'n m*fie ek hou nie van daai reuk aan my hande as ek 'n skuimpie vashou nie. :angel:
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by FCLoretz »

Robbie,

Ek verstaan wat jy se. Maardit bring my terug na jou draad oor die pensmis en Tarzan se plasing.

As die boer jou R40 of so vra vir die slag van die bok en jy wil sit en drink en ontspan moet mens eerder 2 keer dink voor jy kla. Sodra die boer jou R100 vir die afslag vra, dan sal mens sekerlik kan aanvaar dat die man ervare is met die afslag van 'n bok. MAAR as die boer jou R100 vra dan is die boer mal en sy pryse is te duur.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagters teenoor skieters

Post by PWV »

Met alle respek, ek weet nie wat met hierdie post bereik wil word nie. As jy DIT doen, is jy 'n jagter en as jy DAT doen, is jy 'n skieter?
Ek is al as 'n skieter geklassifiseer omdat ek van 'n bakkie af skiet. Nou as ek van 'n bakkie af skiet, maar ek bewerk my eie bok, is ek dalk 'n skieter-jagter?
As hierdie post veronderstel is om maar net vas te stel hoe persone jag, sonder om hulle te klassifiseer, is dit in orde, maar om persone te klassifiseer as jagters en skieters, is belaglik!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Smitstertjies »

FCLoretz wrote:Robbie,

Ek verstaan wat jy se. Maardit bring my terug na jou draad oor die pensmis en Tarzan se plasing.

As die boer jou R40 of so vra vir die slag van die bok en jy wil sit en drink en ontspan moet mens eerder 2 keer dink voor jy kla. Sodra die boer jou R100 vir die afslag vra, dan sal mens sekerlik kan aanvaar dat die man ervare is met die afslag van 'n bok. MAAR as die boer jou R100 vra dan is die boer mal en sy pryse is te duur.
FC, as jy by die supermark instap en n mandjie vol goed koop. Jy betaal daarvoor en die pakker by die till laat val jou bottel tamatiesous toe sy dit in die sakkie sit.

Verwag jy van die supermark om die tamatiesous te vervang? Onthou jy het klaar daarvoor betaal. Die pakker doen jou net n guns om dit te pak vir jou. Jy gee haar nie eers n fooitjie nie.

Wat is n regverdige uitkoms in die geval dink jy?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Jagters teenoor skieters

Post by Frikkiedbr »

die laat my ding aan die liedjie ( jammer Frederick)

"Bang-Bang"

Bang bang you shot me down
Bang bang I hit the ground
Bang bang that awful sound
Bang bang my baby shot me down
Post Reply