Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
As meer skieters betrokke raak by die afslag van hulle bokke gaan ons baie meer jagters in die land he....
Hallo my Vriend
Dis die beste antwoord die laaste maand op Jaracal.
Daar is baie papier jagters wat nie weet hoe werk 'n mes nie
Miskien is dit ook beter so want pensmis en vingers is nie 'n goeie kombinasie nie.
Zack ek het toe in totaal 26kg van daai eland moes afsny. As jy dit net teen R50 per kg vir maalvleis bereken, is dit R1300.00 wat die jagter verloor, daai vleis gaan nou honde toe!
n Bwb koei wat oom Sarel Theron (nie n forum lid nie) geskiet het, 92kg, kopskoot op 60m, was so van die mis toe hy aflaai, dat ek hom gevra of hy sal omgee as ek die bok met die whap afspuit, omdat die hele kruis met al 2 die boude so vol mis was dat ek die karkas nie in my koelkamer wou hang nie. Hyt by gestaan en ons het die bok skoon gespuit, maar ek het steeds die buite 1cm af gesny, en verloor hy nou 9kg vleis.
Manne ek se weer, ek se dit as ek stil hou op de plaas vir die boer, en ek sorg dat ek bystaan as hy sy slagters inlig dat ek nie sal betaal nie en dat hulle verantwoordelik gehou sal word vir daai bok se koste, en dan sien jy wat gebeur! Doen dit in n goeie gesindheid met die boer en werkers, dan kan daar mos nie n "mis"-verstand wees nie!
Nou vir die mil dollar vraag Robbie....
As jy jou slagtery bywoon en daar word pens raak gesny en van die sappe kom op die vleis...wat is die regte dinge om te doen om die drek af te kry, sonder om dit verder oor die vleis te mors??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Die nuwe wetgewing gaan bepaal dat boere se slag geriewe binne n tydperk van 5jaar opgradeer en geregistreer moet word. N landelike of lae deurset abattior gaan aan baie lae vereistes gestel word, maar wel dat die slagplek en ontweidings areas geskei moet wees, m.a.w. waar die pens getrek word is die vuil area, dan moet die karkas deurgaan na die skoon area waar die vel verwyder word, en direk sonder om die toe area te verlaat, min die koelkamer in gaan. Hierdie hele slagplek moet stof, water en insek bestand wees, vloere moet n glade wasbare oppervlak wees met dreine asook die mure.
Karkas moet gehang word, en nie onder n boom nie, hahahaha!
Wat n slag kursus betref kan mens so iets reel ja, maar dan gaan elke man minstens 1 karkas moet he, deur demonstrasie leer mens nie veel nie, jy moet dit self doen.
Ek sal ook belangstel in so kurses, ken die basics maar altyd gretig om meer te leer
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Cobus die ENIGSTE manier om die res te red, is om dadelik daai deel af te sny. Die was van n karkas help nie, jy besmet net die res van die karkas waaroor daai water dan loop.
Dit is gewoonlik die binne deel van die ribs tot voor op die brisket, en die voor skenkels wat in die slag bly.
Eks te dom om fotos te laai, kan iemand nie n foto laai van n skinner met daai weerhaak op die agter kant van die lem laai nie asb, dis n mes wat gebruik word om pens te trekmen die kuip te sny sonder om jou rug ( sirloin) opmte neuk.
Carl probeer shapr edge sharp shooter in Sandton. Of selfs jou plaaslike geweer winkel
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Cobus(Cobb) wrote:Nou vir die mil dollar vraag Robbie....
As jy jou slagtery bywoon en daar word pens raak gesny en van die sappe kom op die vleis...wat is die regte dinge om te doen om die drek af te kry, sonder om dit verder oor die vleis te mors??
Kan dit af was met asyn, nie met water nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Ja daai SA Jagter stel is seker die beste waarde vir geld en sal my hart nie te seer maak as dit weg raak nie. Want die wetters gaan een of ander tyd. Sal maar $$ uithaal. Ek is nie so tevrede met die slag messe en mense op die plaas nie. Maar dis nie my besigheid nie. Ek gee maar voorstelle.
FC ek moet weg bly by Sharpedge. Dit gaan nog 'n vrek duur oefen word. Daar is mooi messe en baie messe! Coldsteel Outdoorsman
Carl, mens kry so "knipmes" wat met 'n matmes se lemmetjies werk. Dink dis so R100 vir een. Dan kry jy 'n lemmetjie wat soos die guthook lyk. Dit werk baie lekker vir oopsny en pens uithaal.
Werk ook lekker om die varkvel op 'n lekker varkribbetjie of speenvarkie in diamante te sny....
Jy behoort beide by meeste hardeware winkels te kry.
Dankie. Ek het so ding, dink ek sal hom opoffer want my een mes het 'n pens hakkie en dit werk 100%. Maar ek dink die slagstel van SA Jagter is goeie waarde.
Daar is eintlike 'n maklike trick om met die gewone mes pens uit te haal en drasties jou kanse te verminder om die pens raak te sny
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Jy sny die pens vel/wand bo oop waar die bok se boude amper eindig. Jy maak net 'n klein sny. Druk dan jou wysvinger en middelvinger in die sny in en druk die pens en ander ingewande weg.
Sit jou mes tussen jou twee vingers en sny dan so die res van die pens vel/wand oop tot onder by die brisket been, Jy bly jou vingers aan die binnekant skuiif en die pens en binnegoed skuif.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
hahaha - dis hoe ek hom ook altyd gedoen het - ek dag nou net jy gaan sê die manne moet net die pens stukkend steek dan is hy kleiner of iets in daai lyn.
243Songdaug wrote:hahaha - dis hoe ek hom ook altyd gedoen het - ek dag nou net jy gaan sê die manne moet net die pens stukkend steek dan is hy kleiner of iets in daai lyn.
Hahaha, nee ek is darem nie so sleg nie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Praat jy nou Frederick, jys geleer my mater, en dan help n pel net deur die pens aan die bokantvas te hou en so te keer dat hy nie uitval terwyl jy nog sny nie.
Ek maak ook net altyd die borsbeen oop voordat ek die pens begin oopsny, dan gly hy sommer maklik uit as jy die mantelvlies los sny, en sny jy die pens met longe en gorrel one shot uit!
Last edited by ROBBIE1 on Tue May 06, 2014 12:57 pm, edited 1 time in total.
FCLoretz wrote:Jy sny die pens vel/wand bo oop waar die bok se boude amper eindig. Jy maak net 'n klein sny. Druk dan jou wysvinger en middelvinger in die sny in en druk die pens en ander ingewande weg.
Sit jou mes tussen jou twee vingers en sny dan so die res van die pens vel/wand oop tot onder by die brisket been, Jy bly jou vingers aan die binnekant skuiif en die pens en binnegoed skuif.
Dit werk, maar ek het een aand my vinger in die donker lekker raak gesny toe ek vark se pens uitgehaal het. Sorg net dat jy stabiel is en nie half aan die slaap drie uur die oggend is nie!
Robbie dit is die ding. Maar dit gaan oor education. Soms moet ons die man op die plaas at die slag werk doen help om die tricks te leer. Maar dit gebeur te veel dat manne om die vuur gaan sit met 'n biertjie in die hand en die goed mis.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.