Pensmis op karkasse.

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Pensmis op karkasse.

Post by ROBBIE1 »

Dagse manne.

Met die seisoen nou in volle swang, het ek die naweek weer dinge gesien wat my verstand te bowe gaan!!!

Manne, daars geen geskrewe wet wat ons as jagter " back " in die opsig nie, maar ek dink dit het begin tyd word dat die jagter op sy reg begin staan. Bokke wat kop en blad of net agter die blad geskiet is, kan mos nie pensmis op he nie, of hoe???

Ek het myself al lank trug voor geneem, en doen dit oral waar ek jag. As ek stilhou op n plaas, praat jy mos maar met die boer en hoor wats sy reels ens ens, en as hy klaar is, is dit my beurt! Dan kom goed uit soos hoe lanknvat hy om bokke uit die veld te haal, my karkasse word nie opgesny nie, en as daar pensmis op is, betaal die slagter maar die bok, ek sal hom nie vat nie!

Manne, ek se nie gaan in n argument met die boer nie, maar hy het reels, en net so dink ek is dit jou reg om ook sekere voorwaardes te he. As jy n kopskoot of mooi lyf skoot skiet, hoekom moet n onbevoegde slagter dan jou vleis opneuk?
Eks nou besig met n eland van 296kg, wat n perfekte dubbel long skoot het, maar het al 17kg vleis af gesny wat mis op het!! Ek probeer so ver ek kan red wat ek kan, maar die bakterie wat in die maag sappe is, trek in die vleis in, enndie ou gebruik om die karkas dan net af te spoel, besmet jy eintlik nog n groter deel van die bok deur dit te doen.

Manne dink maar daaroor, en doen dalk maar die moeite as jou bok aan die hak is, gaan staan en maar by die slagters en kyk dat hulle nie 11 1 11 aanjaag nie, op die ou end is dit JY wat vleis verloor.

Net gedink ek wil dit met julle manne deel. Ek dink n wildsboer lewer n profesionele diens aan die jagter, dus moet sy personeel ook profesioneel optree en jou vleis reg hanteer.

N lekker jag seisoen vir almal.

Groetnis.

Robbie.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by BRNO (Pierre) »

Robbie jy is reg. Die boere het jaarliks duurder pryse, met goeie redes, en vra afslag en verkoelFooie ens, dan moet ek ook my reels kan neerle en se dat ek nie besmette vleis wil he nie. As hy dan afslag, en R40 daarvoor vra, moet dit iemand bekwaam genoeg wees wat daardie R40 werd is. As hy dan R400 vir die bakkie per dag hef, moet daardie bakkie myne wees vir daardie dag sodat hy my bok spoedig uit die veld kan kom haal. Dankie vir die skrywe.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by 243Songdaug »

Robbie.

Ek het my 'n paar jaar terug al voorgeneem dat nie enige slagter aan my wild raak nie - ek slag sover moontlik self - nie oor ek ingat is nie, maar oor ek nie van kerrie vleis hou nie.

Slegs slagters wat ek ken en wat hulself bewys het sal die voorreg hê om my bokke se pense te trek. Ek haal normaalweg die pense reeds in die veld uit - so spoedig moontlik nadat die bok geskiet is en die foto's geneem is.

Ek kan nie dink dat 'n boer 'n probleem sal hê indien jy hom vooraf inlig dat jy baie sterk voel oor die gehalte werk wat sy slagters lewer nie en dat jy nie pensmis sal duld op/in jou vleis nie. Wild en jag raak onbekostigbaar duur, so ek dink die jagter het verseker die reg om ook 'n paar reëls daar te stel - dit is immers hy wat betaal vir die wild.
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Frikkie die Rot »

Middag Robbie,

Ek stem heelhartig met jou saam. Dit is ook danhoekom ek self maar die kleiner spesies soos blesbok en kleiner se pense self trek sodra ek hulle geskiet het. Ek het twee weke terug gaan jag. 6 skote geskiet waarvan 5 kopskote was. Die 6de een was mis :) Maar toe ek die sondag oggend my bokke laai toe is 3 van die 5 besmet met pens mis. Ek het toe al die besmette vleis af gesny en daar gelos. Ek moes dit eintlik teen R75/kg verkoop het aan die boer! Meeste was gelukkig ribbekas en lieslappe, maar ek het hier en daar 'n fillet ook verloor wat my die hoenders in gemaak het. Die manne daar by die slag kamer was baie kwaad toe ek nie vir hulle geld wou gee vir hulle werk nie, maar hulle het mos nou die pensmis vleis as betaling gekry.

Hierdie was net weereens 'n eye opener!

Groetnis,
Frikkie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Carl »

Stem Robbie maar die manne moet die goed voor die tyd lekker uitpraat en op skrif kry. Ek weet ons wil mekaar vertrou maar daar is maniere om biltong aan 'n Slaghuis te verkoop ;)

Ek het nou die tools- ripper, bors saag ens. Ek vat langer maar daar is geen oepsies nie. Ek moes noodgedwonge Donderdag 'n bok laat afslag, dis nie 'n maklike besluit nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by vriell »

As afslag deel van die pakket is en hy mors my vleis op sal ek hom beleefd vra of ek maar vir my 'n ander bok kan gaan skiet vir sy rekening.Hy is mos verantwoordelik vir wat met daai vleis gebeur nadat ek my verantwoordelikheid in die jagveld nagekom het .Dit behoort tog nie 'n "reel" te wees nie maar bloot basiese besigheids beginsels soos in die pakket ooreengekom is vir dienste gelewer waarvoor daar betaal word en bly dus dan sy verantwoordelikheid.Dis 'n ander saak as dit nie deel uitmaak van die pakket nie.Net so ook wat die koelkamer , voertuig ens betref .

Wonder hoe voel die jagplaas eienaars hieroor ?
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Tarzan »

Manne ek luister en sal graag wil weet wat julle per uur betaal word? Want ek glo julle is professionele persone en ek is ook. By my wil jy kom skiet vir biltong en sug as jy R250 dag fooi betaal. Ek ry met my bakkie op en af en soek vir jou 'n koedoe want jy wil of sit of jy wil van die bakkie af skiet. En as jy niks kry nie voel ek skuldig oor die R250 wat ek jou vra! As jy jou garage deur laat reg maak vra die ou jou R450, jou Plumber vra jou... ens. Ek vra ook daai tariewe in my besigheid, daarom weet ek. So gestel nou jy kom van die dorp af en jag by my op die plaas, ek loop saam met jou(jy soek mos 'n professionele setup) 2hr dis R800,ek sleep die bok op die bakkie op en slag hom vir jou af, nog R800! Jyt nie iets saam gebring om die bok in te sit nie en ek moet nog vir jou 'n sak ook gee! Dan praat ons nie eers van die ouens wat net kop skote skiet en nooit kwes nie, maar by my kwes hy en spandeer ek die res van my dag om jou koedoe te soek nie. Wil jy hê ek moet 'n professionele slagter aanstel om te sit en wag vir die biltong jagter wat die naweek gaan kom skiet? Of verwag jy dalk dat ek die boer dit moet doen? Ek is jammer as ek 'n bietjie krapperig voorkom en ek glo more gaan ek weer my lip wil afbyt as ek afgekoel het maar dis hoe ek nie voel. Waar sal ek dan ook nou 'n professionele slagter kry as ek een soek? As jy in die dorp'n 20mm spyker in die muur wil inslaan en jy het net 'n 25mm een dan klim jy in jou kar en ry builders toe vir 'n pakkie 20mm spykers! Eks 40km van die naaste dorp af. As jy jou bok by pick and pay skiet dan kan jy seker maar sulke demands maak, maar dis immers die plaas lewe waarnatoe jy gaan om te jag! Dinge gaan daar nie altyd so die verbruikerswet dit voorskryf nie. Jag bly 'n voorreg en ek dink nie die geld wat jy by ons normale boere vir daai voorreg betaal maak jou geregtig op daai tipe van aansprake nie. Ek sal alles in my vermoë doen om jou 'n goeie ervaring te gee, jou vleis te beskerm ens, maar as ek jou moet begin vergoed vir foutjies wat my boy met die slag, laai, saamloop, aanjaag, ens, maak, dan los ek dit eerder
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Louis Kriel »

Haal jou bokke se pense self uit en as jy sukkel met bv. n groot gems help ten minste die slagter en maak self seker die mis kom nie op die vleis nie. Daar waar ek in die Baviaans berge koedoes jag moet jy als self doen, nou doen ek dit maar orals self.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by ROBBIE1 »

Tarzan ek hoor wat jy se, maar ek betaal jou wat jy vra, vir jou bok, jou dagfooi, bakkie fooi, slag en koelgerief fooi, dan verwag ek dat jou mense opgelei sal wees.

As jou gids nie die plaas ken nie, hoe vat hy n jagter bos toe? As ek n blokman aanstel in my slaghuis, moet hy minstens met vleis kan werk, anders is hy n skoonmaker. Ek sien dit in die selfde lig. Jy vra my geld om te kom jag, my bok te slag en en en, dan kan jy as grond eienaar nie die man wat die gras sny en niks van slag af weet, opdrag gee om my bok te slag, en as hy die pens raak sny, JOU skouers optrek nie vriend! Dans dit jou baba, en gaan ek verseker nie vir daai bok betaal wat n "kopskoot" gehad het, maar nou vrot van die mis is nie, sou jy tevrede gevoel het?

As JY n bok by my ingee, en my personeel neuk jou vleis op, gaan jy stil bly? NO WAY Tarzan, jy gaan aan my dakwaaiers en droograkke rondswaai tot ek jou vergoed is dit nie? Hoekom moet ek en n ander jagter dan happy wees as n boer se werker aanjaag, en die boer dalk boonop nie eers n ordentlike skinner (mes) vir die slag tat gee nie?

n Ander punt wat ek ook wil maakmwat jy aanhaal is dat dit n "vooreg" is om by jou te jag, dan kan ek dit ook sien dat dit n vooreg is dat ek jou gekies het om by te jag ne, ons het mekaar almal nodig in die lewe, en glo ek nie mens moet van daardie standpunt uitgaan nie. By my word n klient op die hande gedra, want sonder hom kan ek my deure maar toemaak, net so by jou, kan jy maar oorskakel bees of skaap toe as dit nie vir die jagter is wat jou ondersteun nie.

Ek en net so enige ander besigheid, spandeer baie geldmom personeel op te lei, uniform te koop ens, hoekom kan jy nie ook nie?

Ek wil nie baklei hieroor nie asb, my intensie is om die bedag te maak op wat gebeur, dis hoekom ek in my eerste post ook gese het doen die moeite en gaan staan maar by waar die slagter besig is, dis die jagter wat verloor!!
Zack Benade

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Zack Benade »

Dankie Robbie
Jy het namens my en ek glo baie ander jagters ook geantwoord.

Tarzan,
Jy vergelyk alles met 'n professionele diens en Profesionele mens.
Onthou een ding, as 'n professionele mens wat 'n profesionele diens lewer iets doen wat nie professioneel is nie bly hy verantwoordelik vir sy dade en die van sy mense in sy diens. "n Profesionele mens by verantwoordelik, punt.

Die ander groot ding.
Jag is nie 'n voorreg nie, Dis my reg as ek betaal vir iets.
Jag was 'n voorreg toe hondjies en biltong nog verniet was. Die lewe het verander.
Last edited by Zack Benade on Mon May 05, 2014 9:47 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Jacko »

Tarzan wrote:Manne ek luister en sal graag wil weet wat julle per uur betaal word? Want ek glo julle is professionele persone en ek is ook. By my wil jy kom skiet vir biltong en sug as jy R250 dag fooi betaal. Ek ry met my bakkie op en af en soek vir jou 'n koedoe want jy wil of sit of jy wil van die bakkie af skiet. En as jy niks kry nie voel ek skuldig oor die R250 wat ek jou vra! As jy jou garage deur laat reg maak vra die ou jou R450, jou Plumber vra jou... ens. Ek vra ook daai tariewe in my besigheid, daarom weet ek. So gestel nou jy kom van die dorp af en jag by my op die plaas, ek loop saam met jou(jy soek mos 'n professionele setup) 2hr dis R800,ek sleep die bok op die bakkie op en slag hom vir jou af, nog R800! Jyt nie iets saam gebring om die bok in te sit nie en ek moet nog vir jou 'n sak ook gee! Dan praat ons nie eers van die ouens wat net kop skote skiet en nooit kwes nie, maar by my kwes hy en spandeer ek die res van my dag om jou koedoe te soek nie. Wil jy hê ek moet 'n professionele slagter aanstel om te sit en wag vir die biltong jagter wat die naweek gaan kom skiet? Of verwag jy dalk dat ek die boer dit moet doen? Ek is jammer as ek 'n bietjie krapperig voorkom en ek glo more gaan ek weer my lip wil afbyt as ek afgekoel het maar dis hoe ek nie voel. Waar sal ek dan ook nou 'n professionele slagter kry as ek een soek? As jy in die dorp'n 20mm spyker in die muur wil inslaan en jy het net 'n 25mm een dan klim jy in jou kar en ry builders toe vir 'n pakkie 20mm spykers! Eks 40km van die naaste dorp af. As jy jou bok by pick and pay skiet dan kan jy seker maar sulke demands maak, maar dis immers die plaas lewe waarnatoe jy gaan om te jag! Dinge gaan daar nie altyd so die verbruikerswet dit voorskryf nie. Jag bly 'n voorreg en ek dink nie die geld wat jy by ons normale boere vir daai voorreg betaal maak jou geregtig op daai tipe van aansprake nie. Ek sal alles in my vermoë doen om jou 'n goeie ervaring te gee, jou vleis te beskerm ens, maar as ek jou moet begin vergoed vir foutjies wat my boy met die slag, laai, saamloop, aanjaag, ens, maak, dan los ek dit eerder
1. Ja, die geld wat ek betaal, maak my geregtig om skoon vleis te verwag. Dis 'n gewone kooptransaksie. Aanvaar jy 'n f**d-up nuwe trekker omdat die handelaar se handlanger die ding in 'n hekpaal vasgery het?

2. "Jou boy se foutjies" is vir jou rekening. Nes "my foutjies" soos kwesbokke vir my rekening is. It cuts both ways.

3. Ja, dan dink ek jy moet dit eerder los. Want as "jou boys" my vleis (waarvoor ek goeie geld betaal) so opdonder gaan ek en jy vassit.

Die Kortman.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Tarzan »

Ek stem met meeste van die goed wat jy sê saam, maar dis die punt wat ek probeer maak. As jy daai tipe geld betaal dan kan jy seker daarop aandring, maar nie as jy nie bereid is om R800 dag fooi plus slag fooi, recovery fooi, ens te betaal nie, moet jy dit aanvaar of self sleg. My fout is dalk dat ek nie weet wat jy betaal by die plekke waar jy jag nie en miskien betaal jy die prys vir wat jy verwag om te kry. Ek het die kostes in perspektief vir jou geplaas en dit is min of meer wat meeste gewone ouens vra, en dan dink ek jy kan maar verwag dat die gewone plaaswerker die slag werk ook gaan doen. Daar is maar goetertjies in die jagveld wat nog altyd daar was en sal wees waarmee jy maar moet saamleef. Dis immers tog wat die verskil maak tussen 'n Amerikaner wat net die skoot aftrek en ek. As ek gaan jag en ek skiet 'n bok en dis warm gut ek voor die boer en sy boy opdaag, en ek probeer die bok uit die son kry, ek kan nie die kans vat en dan sê die boer moet 'n ander een gee nie. Wat moet ek doen as ek twee jagters in die veld het, een skiet 'n koedoe en ek gaan om koedoe te kry dit kan partykeer 4ure vat om perfek geskiete koedoe uit die veld te kry, en terwyl ek besig is skiet die ander jagter 'n koedoe.
Moenie my verkeerd verstaan nie, dis vir my 'n eer en 'n voorreg om 'n jagter uit te vat om te gaan jag en dis dan ook hoekom ek saam met 'n jagter die hele dag rond loop om 2 springbokke te skiet net om die aand R250 in my sak te steek(ek betaal my tuin werker R140/dag!) Ek doen dit beslis nie vir geld nie, daai sommetjies was maklik om te maak. Ek hoop jy kan my kant van die saak sien en dat ek jou nie probeer aanval nie al voel dit vir my ook of ek 'n bietjie oordadig te kere gaan maar ek kry net die laaste tyd die idee dat jagters dink die Boere maak so baie geld uit hulle! Dit is verseker nie waar nie, en ek sal graag van ander boere ook wil hoor, of is dit net ek?
Groete Danie
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Henry 7 »

Pierre
Geen ekstra fooie vir jou nie-JY GAAN SELF JOU PENSE UITHAAL!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by BRNO (Pierre) »

Henry 7 wrote:Pierre
Geen ekstra fooie vir jou nie-JY GAAN SELF JOU PENSE UITHAAL!
:o :o :o Ek weet nie hoe nie. Ek is n stadsjapie onthou!! :-[ :-[ :-[
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Hilux01 »

Dankie Robbie

Ek stem 100% saam met jou
Ek het Sondag toe ons laai gesien self by ons was daar kop skote maar iewers het iemand nie vleis skoon gemaak van die een of twee karkaste waar daar wel pens mis op was nie
Kon gelukkig Sondag skoon maak en ook vir jou mense wys (Tjaart) toe ons ingedra het

Ek stuur vandag daai manne se wens lysies oor die verwerking

Groetnis
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Eugene »

Danie, ek hoor wat jy sê en dis verseker so dat baie jagters nie tevrede is met die pinkie nie, maar die hele hand wil hê en dit teen die helfte van die pinkie se prys!

Maar om 'n pens behoorlik uit te haal is darem wragtag nie kernfisika nie en as 'n boer 'n inkomste uit sy bokke wil verdien, is dit darem regtig een van die goed wat hy eerste moet reel. Dit kan darem seker nie te lank vat om iemand te leer om 'n pens behoorlik uit te haal en af te slag nie. Een van my jagmaats het sy tuinwerker (wat nog nooit sy voete in die veld gesit het nie), binne een jagtog geleer om die pens uit te haal, vel af te haal en 'n bok boude-en-blaaie te maak.

Daar is voorheen al baie daaroor gepraat en ek weet Marc het ook probleme gehad met 'n bees se slag. Ek het nie 'n probleem daarmee as 'n boer sy tuinwerker of algemene plaaswerker as gids gebruik in die jagseisoen nie, maar wees eerlik met die jagter daaroor. As dit 'n gids is, moet hy darem die basiese weet en kan hy voor loop. As dit 'n polisieman is, dan kan hy agter loop en kyk dat ek nie 11.1.11 aanjaag en dan stilbly daaroor nie. Dieselfde met slagters, as die man opgelei is nie, sê dit vir die jagter. Meeste jagters kan self slag n kan dalk help om jou "slagter" op te lei of dalk tips gee. Maar MOENIE 'n slagfooi vra en dan is daar pensmis orals op my kop/nek skoot tafelvleis bok nie..... Dit grens vir my aan gierigheid en oneerlikheid aan die boer se kant.
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Zack Benade »

Ek persoonlik dink te veel boere kom weg met swak slagwerk.
Dink net hoeveel vleis per jaar gaan verlore agv mis op vleis?? (Kom in Robbie)
Hoekom moet die jagter alleen hierdie verliese dra???
Die werker wat slag is verantwoordelik om sy werk reg te doen, die eerste keer.
Ek wonder soms of dit nie moetswilligheid is van die slagter se kant af nie??? Miskien word hy nie genoeg getip nie??? Miskien betaal die boer te min vir sy salaris???

Pensmis op vleis is toetaal onaanvaarbaar. Die boer sal nie vleis eet wat pensmis op het nie hoekom moet ek?? Die punchline is dat die boer 'n werker in sy diens het wat verantwoordelik is om take te verrig. As slagwerk een van hierdie take is moet dit reg gedoen word.
Anders kan die boer maar verantwoordelik wees net soos die jagter verantwoordelik is vir kwesbokke en misskote.
Last edited by Zack Benade on Tue May 06, 2014 8:34 am, edited 1 time in total.
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by afriventure »

Manne soos erens reeds genoem haal maar die pense so GOU as moontlik uit in die veld, doen dit self jy dra mos 'n mes by jou? Dis maklik om pense te trek as hulle nog "pap" onopgeblaas is en maak jy nie sommer 'n fout nie. As dit 'n groot bok is sny oop en trek dan net effens uit as jy alleen is tot iemand kan help, die pens blaas dan nie binne op nie. Dit is heel 'n ander storie as 'n bok se pens so styf soos 'n bal opgeblaas is om hom uit te kry (dit gebeur nogal baie gou),en in meeste gevalle is dit hier waar die moeilikheid kom by die slagplek.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by vriell »

Tarzan wrote:Ek stem met meeste van die goed wat jy sê saam, maar dis die punt wat ek probeer maak. As jy daai tipe geld betaal dan kan jy seker daarop aandring, maar nie as jy nie bereid is om R800 dag fooi plus slag fooi, recovery fooi, ens te betaal nie, moet jy dit aanvaar of self sleg. My fout is dalk dat ek nie weet wat jy betaal by die plekke waar jy jag nie en miskien betaal jy die prys vir wat jy verwag om te kry. Ek het die kostes in perspektief vir jou geplaas en dit is min of meer wat meeste gewone ouens vra, en dan dink ek jy kan maar verwag dat die gewone plaaswerker die slag werk ook gaan doen. Daar is maar goetertjies in die jagveld wat nog altyd daar was en sal wees waarmee jy maar moet saamleef. Dis immers tog wat die verskil maak tussen 'n Amerikaner wat net die skoot aftrek en ek. As ek gaan jag en ek skiet 'n bok en dis warm gut ek voor die boer en sy boy opdaag, en ek probeer die bok uit die son kry, ek kan nie die kans vat en dan sê die boer moet 'n ander een gee nie. Wat moet ek doen as ek twee jagters in die veld het, een skiet 'n koedoe en ek gaan om koedoe te kry dit kan partykeer 4ure vat om perfek geskiete koedoe uit die veld te kry, en terwyl ek besig is skiet die ander jagter 'n koedoe.
Moenie my verkeerd verstaan nie, dis vir my 'n eer en 'n voorreg om 'n jagter uit te vat om te gaan jag en dis dan ook hoekom ek saam met 'n jagter die hele dag rond loop om 2 springbokke te skiet net om die aand R250 in my sak te steek(ek betaal my tuin werker R140/dag!) Ek doen dit beslis nie vir geld nie, daai sommetjies was maklik om te maak. Ek hoop jy kan my kant van die saak sien en dat ek jou nie probeer aanval nie al voel dit vir my ook of ek 'n bietjie oordadig te kere gaan maar ek kry net die laaste tyd die idee dat jagters dink die Boere maak so baie geld uit hulle! Dit is verseker nie waar nie, en ek sal graag van ander boere ook wil hoor, of is dit net ek?
Groete Danie
Danie,ek kan jou redenasie insien en het begrip wat die "professionele" fooie betref maar hoekom dan geld vra vir slag MAAR die risiko is myne ? en dan word dit geadverteer as deel van die pakket ! Haal dit dan uit die pakket uit en maak dit deel van "opsionele diens beskikbaar op eie risiko" en trek daai slag gelde af van die globale pakket dan weet die jagter wat hy te wagte kan wees en kan daar geen misverstand wees nie.Dan is die onus op hom om te besluit of hy by jou wil kom jag of nie en of hy dan self 'n plan wil maak of gebruik wil maak van jou "eie risiko" diens teen watse fooi julle ookal ooreengekom het.Ek besef dat die uitgawes om jagters te akkomodeer heelwat kan wees maar wat jy ook moet besef is die uitgawes wat ek as jagter het om by jou te kom jag baie goed vergelyk onkoste gewys.
Wil ook net by noem ek/ons is nog altyd baie dankbaar vir boere soos julle wat in die jagbedryf is vir Suid Afrikaners spesifiek en waardeer dit maar wil ook maar ons belange beskerm soos jy joune wil beskerm.Ek sal dan veel eerder meer betaal vir "professionele slagter" ( as ek dit kan bekostig ) as om vleis huistoe te vat wat opgemors is of dan dit eerder self doen...(as ek kan slag)maar ek voel dat die jagter ingelig moet word omtrent jou sienswyse voor die tyd ( dalk doen jy dit ? wat die regte ding is om te doen )
Ek glo as jy die jagter was sou jy ook anders gedink het en dalk as ek die boer was ook anders gedink het .
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by win270 »

Om te gaan jag, is deesdae 'n saketransaksie. Beide die verskaffer en die verbruiker moet met respek behandel word en beide wil voel dat hulle regverdige waarde uit die transaksie gekry het.

Hoe skoner en netjieser daar dus met die karkas en vleisverwerking omgegaan word, hoe beter! Die jagter mag mos maar op ordentlike diens aanspraak maak as die grondeienaar hom daarvoor laat betaal. Daar sal heel moontlik in die toekoms nog sekere minimum standaarde van diens vereis word en dit sal noodwendig met verdere kostes gepaardgaan. Dalk sal so-iets tog uiteindelik beide partye optimaal beskerm.

As die grondeienaar my vleis opmors, gaan hy van my hoor en ek gaan hom nie betaal vir die verlies nie.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Jean Marais »

Ek stem 100% saam met die toepassing van die beginsel soos deur Robbie weergegee. Ekself het nog nooit eintlik so daaroor gedink nie, en hierdie draad was vir my nogal 'n wekroep. Ons moet jaloers wees op die diens wat ons van die plaasboer ontvang, ons betaal immers daarvoor. Belangrik is net dat dit vooraf behoorlik kommunikeer word sodat beide partye eenstemmig is daaroor. Myns insiens sal boere baie meer toesien dat hul slagters hul werk behoorlik doen as om skade te lei, indien bg deur jagters toegepas word. Soos Eugene ook sê, om 'n pens te trek is NIE "kernfisika" nie.

Dit bring my by Tarzan se kommentaar, waarmee ek in beginsel ook saamstem. Die verskil is egter dat jy by een boer, 'n uitstekende diens kry, waar die bokke binne 'n baie redelike tyd uit die veld gehaal word en behoorlik afgeslag word sonder enige teken van pensmis ens op die karkasse, vir dieselfde geldwaarde, en by 'n ander presies die teenoorgestelde, vir ook dieselde geldwaarde. Jy's dus welkom om "professionele fooie" te hef op alle jagverwante aktiwiteite deur jou personeel aan die jagter gelewer. Vraag en aanbod sal egter bepaal of jou tariewe jou steeds as 'n aantreklike jagbestemming sal handhaaf.

In my opinie is die hele beginsel hierbo maar net 'n beginsel van behoorlike vooraf komminikase deur beide die boer en die jagter. Hy het sy reels, en ek het myne.

Groetnis
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Zack Benade

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Zack Benade »

Robbie

Jy het so 'n ruk terug iets laat val dat slaghuise op plase oor gaan inspekteur en reguleer word as ek reg kan onthou.
Dit sal baie probleme gou laat verdryn wat met vleisverwerking te doen het.
Vertel meer asb.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by FCLoretz »

As meer skieters betrokke raak by die afslag van hulle bokke gaan ons baie meer jagters in die land he....
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by Eugene »

FCLoretz wrote:As meer skieters betrokke raak by die afslag van hulle bokke gaan ons baie meer jagters in die land he....
Goeie punt!

Robbie, wat is die kanse van so kursus in pensuithaal en algemene slag en verwerking van jou bokke? Ek dink baie jagters sal daarby kan baatvind en ek sal beslis weer so iets bywoon. Dalk oor 'n naweek, dat 'n mens dit die moeite werd kan maak! Ek sal 'n blesbok se prys sponser, maar gaan dit beslis nie voor 'n skare skiet nie.... ::)

Wat sal die belangstelling vir so iets wees?
Aim small, miss small
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Pensmis op karkasse.

Post by FCLoretz »

Ek en my vrou is in op daai een.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Post Reply