Broughton Lope

Post Reply
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Broughton Lope

Post by WillemS »

Wil sommer hoor by julle manne wat julle dink van die lope, wat gehalte en kwaliteit aan betref en sal hulle aanbeveel word of watse ander lope jul verkies?

Ek lees graag jul aanbeveelings!!

Willem
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Broughton Lope

Post by JACQUES BOTHA »

Ons het al so geselsie gehad oor die verskillende lope, Ek het gehou van HArt maar is oortuig dat "bartlyn" van die beter gehalte is. niks fout met die Brouhgton se ysters nie. Die ou vektor lope was ook goed en so kan jy maar aangaan. Kies waarvan jy hou en maak vrede. FM sal jou mooi kan konsulteer.
Sterkte die goed is soos scopes hoe langer jy wag hoe duurder word hulle.

jb
Shoot straight and tell the truth!
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Broughton Lope

Post by DSBW »

Willem

Hulle is so goed as enige ander "custom" loop, veral as jy na die resultate in die VSA kyk oor die laaste twee tot drie jaar. Broughton word met die "button" metode vervaardig, ander lope wat ook op die manier gemaak word sluit in Hart, Shilen, Walther en Pacnor. Krieger, Bartlein en Border is van die bekendstes wat deur middel van die "cut rifling" metode gemaak word. Elke metode het voor en nadele, soos altyd, maar enige van hierdie name hierbo sal uitstekend wees.

Groete

Dawie
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Broughton Lope

Post by Monrique (SJ) »

Dawie, enige iemand

Vertel my asb. meer van die "button" en "cut rifling" metode asb.?

Groetnis
SJ
Last edited by Monrique (SJ) on Thu Nov 11, 2010 9:26 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Broughton Lope

Post by Francois Marais »

SJ

Lees gerus ma hier.....

http://bettincustomguns.com/Technical%2 ... niques.htm

of hier......

http://firearmsid.com/Feature%20Article ... acture.htm

Sal jou n tydjie besig hou, en jy gaan MOOI verstaan, sorry vir die YANKEE, ma hulle weet die meeste van die goete af, soos gewoonlik.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Broughton Lope

Post by Monrique (SJ) »

Dankie FM

Ek sal daar gaan inloer.

Groetnis
SJ
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Broughton Lope

Post by Piet Breedt »

My nuwe loop op my .25 06 is n Broughton, en hy loop mooi. Hy maak ook baie maklik skoon. Hy is nog te nuut om te s? of hy beter is as wat die Pacnor was, maar tot dusv?r lyk die 2 se resultate omtrent dieselfde.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Broughton Lope

Post by WillemS »

Oom Piet

Hiet gehoor die manne s? da die Pacnor se match lope baie sag is, het oom dit ook ervaar? Hoop nie die Broughton is te sag nie!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Broughton Lope

Post by JACQUES BOTHA »

Piet
Hoe loop die rooi druiwesap in die kaap, lyk my jy het jou laptop saam gevat skiet toe om die wind te  meet.
Mag Al jou koele(punte)projektiele sekuur oppie teiken tref..Die Kaap manne is lus om pakslae te gee..
Skiet Sekuur.
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Broughton Lope

Post by Arnold »

Ek gaan vir my ook 'n Broughton op my 260 AI sit .... vanoggend met die geweersmid gesels om die wiel aan die rol te sit na so bietjie se gewag vir 'n loop :)

Ek lees ook net goeie goed oor hulle, maar soos reeds ges? al die "custom" lope is goed. Ek dink wie die werk doen en die reamer wat gebruik word het dalk 'n groter invloed op hoe 'n loop skiet as die naam wat buite op staan  ;)
Danie Lombard .243

Re: Broughton Lope

Post by Danie Lombard .243 »

Hier in ons distrik boer 'n man wat jare 'n ingeneur by dennel en krygkor was. Die G5 en G6 was sy werk plek asook small arms gewere, die R4's en die goed. Ek het hom al menigte kere lastig geval met alerhande vrae. Ek dink hy kruip al vir my weg oor die baie vrae ;D

Ek wou weet watter lope en staal is nou die beste en akkuraatste. Nou kyk, hul het meer geld in hul budget gehad vir eksperimenteer en toets en speel. Ons arme oukies sal nooit kan doen en toets wat hul gedoen het nie. Sy woorde aan my is dat die graad van staal 'n foefie storie is. Ek meen die hardheid van die staal. Soos jul weet word hul gekasifiseer in vloeigaad, EN 1 B tot EN 32 B en so ens. Hul het dieselfde akkuraatheid en loop lewe uit verskeie tipes graad hardheid lope gekry.

MAAR!  wat wel verskil is die manier waarop die lope vervaard word. Die proses is die geheim. Gehamerde lope teenoor getrokke lope. Volgens hom is die gehamerde lope ligjare beter en "harder" as getrokke lope. Hoekom harder? Die staal molekules word blykbaar styf teen mekaar geslaan, gehamer tydens die maak proses. Maak sin ne? In my leuke taal, daar is geen "GAPS" tussen die staal molekules nie, hul le styf teen mekaar. Teenoor die getrokke loop waar daar geen "hammering" was nie.
Sefs het ek gesien hoe lank vat dit om 'n kamer te sny in die ou vector gehammerde lope teenoor 'n Truvelo se getrokke loop. Die Truvello loop sny sommer gou gou kamer, silencer thread ens.

My ma se broer, m.a.w. my oom ;D is 'n internaionale metallurg ghuru wat al vir verskeie internaionale maatskapye raad gegee het oor staal, SKF  GEC en Rolls Royce turbo fann, myn bedryf tools, ATLAS ns. ens. Hy stem saam en beaam die b.g. storie. Maar hy las nou weer veel meer konsepte en dinge aan wat die hele storie baie kompleks maak vir my plat kop.

Ek is dom en luister graag na slim manne wat weet van iets.
Dit wil vir my voorkom, koop vir jou 'n loop solank hy gehammer is.

Amper soos ou Henry Ford wat gese het,  You can get the model T in any coulor just aslong as it's black.

Danie
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Broughton Lope

Post by raychell »

Hi Danie
Lyk my jou Oom en Boer in jou distrik is moeg vir jou vrae en soek die maklikste uitweg.Hammer forged lope het net een voordeel en dit is die tyd wat dit vat om te maak,dit sal nooit met 'n "custom cut of butten loop " kan kompeteer met akuraatheid nie .Die graad van die staal is hoogs belangrik want dit bepaal die samestelling van die staal.Jy kan enige stuk staal in jou scraphoop vat en verhard tot die punt dat dit sal breek met 'n hammer hou, maar as die samestelling nie reg is nie sal dit ontplof as jy dit as loop materiaal gebruik.Verder is daar geen ligdeeltjies tussen die molekules wat uitgehammer kan word nie al wat jy kry is "worke hardening" van die staal en 'n helse klomp stress.Net millitere instansies gebruik hammer forged lope en hier en daar nog 'n sport geweer maker ook net vir budget lope.Bly maar weg van daai lope as jy kompeterend wil skiet
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Broughton Lope

Post by DSBW »

Danie, ek stem heeltemal saam met Raynie. As 'n ou twyfel oor wat werk in die skiet w?reld moet jy noodgedwonge na die yanks kyk, daar is geen meer kompeterende mark, met geld, tegnologie en ontwikkeling nie. Jy sal nie enige kompetisie daar sien wat met "hammer forged" lope gewen word nie, tewens, jy sal sukkel om deelnemers te sien met sulke tipe lope, daarom kry jy ook nie "custom" loopmakers wat van die metode gebruik maak nie.

Ek's nie 'n expert op metallurgie nie, wat ek wel weet is dat te hard (kamer sny moeilik hard) nie goed is nie, daar is dan onder andere te veel chrome in die samestelling. Hardheid loop nie noodwendig hand aan hand met loop leeftyd nie, en definitief ook nie akkuraatheid nie. Dis die bietjie wat ek van metaal samestelling weet.

Metodes van vervaardiging, definitief nie "hammer forged" nie, soos Raynie tereg opmerk, daar word onder andere heeltemal te veel stress op die loop geplaas om dit 'n super akkurate loop te maak. As jy gaan lees bv. oor hoeveel moeite Krieger doen met "stress relieving" in die vervaardiging, asook die ander bekende vervaardigers, sien jy dat dit een van die grootste uitdagings is om onder beheer te kry. In 'n massa vervaardiging omgewing is dit bloot nie moontlik om soveel tyd te spandeer om "stress relieving" te doen nie. "Hammer forging" is egter baie prakties en toepaslik wanneer baie lope relatief vinnig en goedkoop vervaardig moet word (lees weermag/Krygkor/wapen vervaardigers ens.)

Groete

Dawie
jmb

Re: Broughton Lope

Post by jmb »

Ouens julle oorvereenvoudig dalk so bietjie en as 'n Steyr liefhebber trap julle nou op 'n toon> :)Daar is in alle form van loop vervaardiging voordele en nadele. Dit is waar dat die "hammerforge" metode baie stress veroorsaak wat dan weer met hitte ligering(ek dink dit is die regte woord) verwyder moet word. Die voordeel van "hammerforge" is egter 'n baie harde en gladde binne kant van die loop. Aangesien die tungsten "insert" baie hard is en goed vervaardig word gee dit 'n baie mooi binne afwerking. Dit gee die lope glo 'n langer leeftyd as ander lope. Ek is onseker oor akkuraatheid maar daar is heelwat Europese vervaardigers wat "hammerforge" gebruik. Steyr se " tactical" gewere wat baie akkuraat is gebruik hierdie lope.

Hierdie is 'n lekker gesprek en 'n ou moet seker besluit wat jou behoefte is.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Broughton Lope

Post by DSBW »

Jmb

Stem heelhartig saam, "h-forged" lope is beslis nie sleg nie, en jy kry van hulle wat uiters akkuraat is. Die ding is mos maar dat aspekte soos loopleeftyd, akuraatheid ens. alles relatief is, en soos jy s?, 'n ou moet gebruik wat vir jou werk, wat dit ookal mag wees.

Dawie
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Broughton Lope

Post by raychell »

Hammered barrels have never achieved much favour in target shooting. Whilst their proponents laud the virtues of the mirror finish of the bore and its work hardened surface, which gives long life, the barrels tend to be very variable in the uniformity of their dimensions down their length. Also, because the metal is worked completely throughout the barrel there are considerable radial stresses induced which are difficult to remove completely by the usual stress relieving methods. Stainless steels tend to work harden to a much higher degree than Chrome Molybdenum steels and so do not remain malleable enough to hammer forge. Because of this, it is difficult to make stainless barrels this way. Stainless barrels are being hammer forged, but using type 410 steel which has a lower chrome content than the regular 416 steel usually used for making barrels by other methods
'n Uittreksel van German A Salazar se skrywe
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Broughton Lope

Post by Armand Steenkamp »

Iemand weet nie dalk sommer so vir intressandheid wat van die lope se pryse is nie?

Groete
Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Broughton Lope

Post by raychell »

Armand
Kyk maar op die Web en skakel lokale handelaars oorsee verskil die pryse tussen lope nie te onaardig baie nie
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Broughton Lope

Post by JACQUES BOTHA »

Rauchell.
Jy moet bietjie mmer aktief raak hier op die forum asb man, Jy het baie antwoorde op baie van ons vrae. Soos hoe kry jy n koedoe in die pad... :-X :-X :-X :-X :-X..
Dis lekker om jou insigewende opmerkings te lees.
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply