Die sneller is al 8 jaar oud en laas naweek vir die eerste keer my in die steek gelaat. Toe ek die slot van die geweer vorentoe en af druk, glip die slagpen verby, soos wanneer 'n mens die sneller druk en die slot ontspan.
Ek het eers die sneller in die ultrasoniese bad skoongemaak, maar dit het nie die fout reggestel nie.
Ek het die sneller toe oopgemaak (baie fotos geneem!) en kom toe agter dat die interne veer wat die hefbome in plek druk en die "sear" weer set, gebreek het. (Item nommer 10 in die Jewell pamflet)
Ek het dadelik 'n faks gestuur aan Jewell en hulle sommer ook gebel. Die man sê toe vir my dat die owerhede maar taamlik taai is oor enige geweer onderdele en dat pakkies wat hulle in die verlede gestuur het na RSA, summier teruggestuur is aan hulle.
Nou wonder ek of hier enigiemand op die forum is wat dalk so 'n spaar veer het wat ek kan oorkoop of gebruik totdat ek ene kan kry van die VSA deur gebruik te maak van 'n VSA burger wat die veer dan vir my kan pos?
Asseblief? Ek wil graag die geweer gebruik met 'n jag volgende maand.
Ek is sommer siek.

