BILTONG PRYSE

Post Reply
User avatar
Louw308
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Wed Apr 02, 2014 5:12 pm

BILTONG PRYSE

Post by Louw308 »

More almal,

Sal julle my asb kan help met wat die avg. prys is wat wilds biltong(Eland en Rooibok) voor verkoop word?

Ek gaan nou oor 2 weke op n uitstappie saam met een van my kliente en het die voorreg om n Eland te skiet.
Junie gaan ek rooi bokke skiet, maar die plan is om biltong te verkoop om n extra paar rand in te samel om te help betaal aan my trou dag, wat hopeloos te naby is.

Met die gese wil ek my biltong pryse aanloklik maak.

Groete

Louw
Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is die wat reeds tevore gewys
het dat hulle kan byt.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by mariusr »

Hang af waar jy koop? :o Maar die gemidelde aanvaarbare prys is so tussen R109 p/kilo tot so R165 p/kilo.Robbie op die forum sal ook beter idee kan gee.Die kettingwinkels se pryse is vir my net belaglik daar gaan dit tot R300p/kilo! :):
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by JPS »

Oom Maruis,

Waar koop oom Wildsbiltong vir R109per Kg? Self R169 Per Kg.

Groete
JP
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by TOKELOS »

AAA slaghuis Bloemfontein @ R180 P/K
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by henried »

Ons verkoop die LCA wildsbiltong R150/kg en die droëwors vir R140/kg.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by ROBBIE1 »

My normale prys is R185.00 vir biltong en R150.00 vir droewors.

Pasop net die tendens op wildsbiltong is dat te droog gemaak word, en jy dan verloor jy 65% vog. Dan moet jou somme mooi uitwerk dat jy inbetaal nie!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by 375fanatic »

hou die biltong en kanseleer die troue >:D >:D
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by BRNO (Pierre) »

375fanatic wrote:hou die biltong en kanseleer die troue >:D >:D
Pleks jy dit maar gedoen het :angel:
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by Capt. Yoda »

Kanseleer die spysenierders en gee die mense biltong om te eet op die troue
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
OMarais
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Thu Feb 20, 2014 7:16 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by OMarais »

Dit hang af waar jy is, in die karoo ens mag dit dalk bietjie goedkoper wees in Pta so R140 - R170 /kg in ander dele dalk nog meer.
Jonie
Full Member
Full Member
Posts: 229
Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by Jonie »

Oos kaap R130 tot R180 kg biltong droewors R130 kg
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by 375fanatic »

BRNO (Pierre) wrote:
375fanatic wrote:hou die biltong en kanseleer die troue >:D >:D
Pleks jy dit maar gedoen het :angel:
eish jom as die ogies sit is daar nie meer omdraai nie :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by Beretta »

Ek het laas week Vrydag R47.00 kg betaal.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by Frikkiedbr »

Beretta wrote:Ek het laas week Vrydag R47.00 kg betaal.
Seker vis biltong >:D of hoender biltong :P
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by Beretta »

Nie so maklik nie wholesale prys vir silverside klaar self gesny en gespice het al vandag begin eet aan die biltong.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by Frikkiedbr »

Beretta, is dit nie dalk Donkie vleis nie??
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by mariusr »

JPS wrote:Oom Maruis,

Waar koop oom Wildsbiltong vir R109per Kg? Self R169 Per Kg.

Groete
JP
Meat world het laasweek sat.special gehad vir R109 p/kilo! :): slaghuis in prt blou bul dink ek vra gemideld R129 p/kilo! my punt is as die kettingwinkels R260 p/kilo vra dan gaan jy as privaat persoon net mooi f@#kol verkoop teen daai prys! So vra prys wat jou kostes dek al is dit goedkoop maar jy gaan jou geld terug kry! :o 8)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by mariusr »

Frikkiedbr wrote:Beretta, is dit nie dalk Donkie vleis nie??
Hehe Frikkie dink daai is sitbok biltong!? :confused: :):
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by Beretta »

Nee vars geslagte Karan beef koop baie by hulle
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by ROBBIE1 »

Marius ekt ook een sondag daar by meat w verby gery, toe sien ek n special R99/kg! Draai toe dadelik in en wil n kilo koop. Nou begin ek soek, maar dit wat daar hang is net wind droog buite. Op die ou end is ek daar uit met 3kg lekker vet billies teen R99/kg, wat droog genoeg is na my smaak, nadat ek die bestuurder beetgehad het, fotos van die borde geneem het, en hom mooi vertel het ek gaan n klagte by die verbruikers raad le teen hulle, want toes dit skierlik net die spesefieke rak sin, wat daai sop nat goed is, wat op special is, maar die bord se niks daarvan!!!!

Weet nie hoe lyk daai R109 sin nie, maar dis my ervaring gewees, en het ek nou lekker gelag toe ek daar ry!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by JPS »

Ek het ook al die R109p/kg gesien, maar dit is altyd bees biltong. Nog nie een keer dit gesien op wilds biltong nie....

Ek sal verseker ook dann sommer paar kg koop, maar ook net as dit na my smaak is.

Groete
JP
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3614
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: BILTONG PRYSE

Post by Fanta300 »

Om my jag trippies ekonomies te motifeer werk ek op R300/Kg ++>: ++>:
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: BILTONG PRYSE

Post by mariusr »

Op die einde van die dag sal dit beter wees om die karkasse te verkoop as die biltong? Biltong hou jy vir jou self want daar gaan baie harde werk en liefde in om te maak ! He he!
Post Reply