308 Vir Bos jag

User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: 308 Vir Bos jag

Post by Wismit »

Fritz Hagen wrote:Kan mens nie maar net jou trompsnelheid verlaag om te kompenseer vir die feit dat dit 'n konvensionele loodpunt is nie? Ek kan byvoorbeeld nie insien hoekom 'n 180gr PMP standaard punt teen 2200-2400fps nie gebruik kan word vir onder 100m nie. As iemand my stelling verkeerd kan bewys sal ek nie stry nie. Innocent until proven guilty ;D

Eland se groot bene is miskien ruskant, sal self eerder premium gaan net vir gemoedsrus omdat ek nie die feite het nie. Ek dink die vraag is, hoe stadig moet die impaksnelheid wees om goeie gewigretensie te behou vir spesifiek daardie punt? En dan natuurlik die catch 22, want hoe stadiger die koeël, hoe swakker die penetrasievermoë. En hoe vinniger die impaksnelheid en hy opbreek of mushroom, hoe minder behou hy momentum en hoe laer word die SD en dus swakker penetrasie tot gevolg. Hierdie konsep van SD wat verander het ons so rukkie terug behandel by die 30-06 vs Eland topic.

Ek is van mening dat mens met 'n .30cal 180gr standaard PMP koeël 'n goeie en veilige balans kan vind vir algemene bosjag. Wat sê julle?
Ek stem 100% saam en doen dit ook self.

W.S
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: 308 Vir Bos jag

Post by BRNO (Pierre) »

Nie PMP nie, maar ek doen dit suksesvol met Hornady interlock round nose uit my 375. Ek skiet dit teen 2400fps, wat my steeds n lekker trajek gee, en oorgenoeg slaankrag, maar die vleisskade is min, en die koeel het 65% gewig behou uit n zebra waar hy reg deur die zebra se linker skouer is.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 308 Vir Bos jag

Post by Fritz »

tau wrote: Fritz ek skiet eerder 'n ligter better koeel as PMP teen hoer snelheid as om 'n PMP 180 gr stadig te laai om hom te bewaar.
Fair enough, niks fout uit terminale performance oogpunt. Maar onthou Tau daar is bykomende voordele om 'n swaarder punt stadiger te skiet. Sekondêre projektiele is nog altyd vir my 'n issue gewees maak nie saak wat ek skiet, Rhino, GS, Spartan. As daai bok se bene besluit hulle breek nou op en spat in alle rigtings gaan die konstruksie van jou koeël net mooi niks help nie, of praat ek bollie?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 308 Vir Bos jag

Post by tau »

Fritz Hagen wrote:
tau wrote: Fritz ek skiet eerder 'n ligter better koeel as PMP teen hoer snelheid as om 'n PMP 180 gr stadig te laai om hom te bewaar.
Fair enough, niks fout uit terminale performance oogpunt. Maar onthou Tau daar is bykomende voordele om 'n swaarder punt stadiger te skiet. Sekondêre projektiele is nog altyd vir my 'n issue gewees maak nie saak wat ek skiet, Rhino, GS, Spartan. As daai bok se bene besluit hulle breek nou op en spat in alle rigtings gaan die konstruksie van jou koeël net mooi niks help nie, of praat ek bollie?
Stem saam het die naweek sprinbok in die nek geskiet toe fragmenteer daar 'n stukkie koeel in die blad in. En dit was nie'n baie groot stuk nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 308 Vir Bos jag

Post by Fritz »

Ek gaan nou die jaar met die .308 jag, en my pa met my 30-06. Miskien moet ek 'n paar 180gr standaard PMP koeëls in die hande kry en 'n proeflopie doen. Waar sal ek van hulle in die hande kan kry?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 308 Vir Bos jag

Post by Johan Nel »

Fritz Hagen wrote:Ek gaan nou die jaar met die .308 jag, en my pa met my 30-06. Miskien moet ek 'n paar 180gr standaard PMP koeëls in die hande kry en 'n proeflopie doen. Waar sal ek van hulle in die hande kan kry?
Huntonline het Pro-Amm en gewone PMP op hul lys. Weet nie of hulle voorraad het nie.
http://www.huntonline.co.za/store/produ ... 57/Pro-Amm
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: 308 Vir Bos jag

Post by Fritz »

Dankie Johan. Sal dit probeer.
Post Reply