243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Terugvoering

Hi julle
Wel ek het toe die naweek die lading wat QL vir my voorgestel het gaan toets en hier is die teikens en my bevindinge. Net eers agtergrond. As julle na die QL voorspellings kyk wat ek uitgewerk het (kyk iewers boontoe), sal julle sien dat QL voorstel dat ek 42.1gr S365 (lot 71) of 38.97gr S365 (lot 71) met die 75gr Vmax gebruik om by my "sweetspots" uit te kom (met die inligting wat ek in program verskaf het). Die 42.1gr was vir my te warm en die voorgestelde spoed van 3372ft/s stel ek ook nie aan belang nie, en ek het dus nie hierdie lading getoets nie. Ek kon egter nie wag om die voorgestelde 38.97 te toets nie. QL het voorspel dat my spoed 3136 sou wees. Ek het 39gr en 39.1 gelaai en hier is my resultate.
Fig 1.
Teiken nr 1 op Fig. 1 was die 39gr ladings. Ek kon net een chrony lesing kry teen 3115ft/s en die groepering was 17mm. Nie te sleg nie, dink ek (en dit vanaf 'n program wat 'n voorspelling maak). Nogsteeds op Fig. 1 sal julle sien dat ek op teiken 2 nie gemaklik gevoel het met die aftrek van my skote nie en aangeskuif het na die tweede skoot na teiken 3, maar ook gevoel ek het die skoot getrek en weer oor begin by teiken 4. Ek wou akkuraat wees en akkurate inligting terug kry en daarom die rondskuiwery na 'n nuwe teiken. Ten minste kon ek spoed lees op teiken 2 en 3.
Teiken nr 4 op Fig. 1. Hierdie was die 39.1gr lading teen spoed van 3179 (gemmiddeld). Die algehele gemiddelde spoed van die 39.1gr lading was 3168 ft/s. Dit is wel so 30ft/s meer as wat QL voorspel het, maar dit werk vir my.... soos julle kan sien op die 4de teiken op Fig. 1.

Fig. 3 is wat ek toe skiet op 300m. Jammer vir net 2 skote, maar die toets ladings was op, maar ek moes net sien wat hulle op 300m maak, en ek kan nie kla nie.

Hoop dit is van nut vir die manne met die Howa's en die 75Vmaxe. Onthou net dai lot 71... sy gat is lekr warm!

Dankie ou Carel (jy is 'n yster)!!

Groete
Jacques
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by LRLaubscher »

Baie mooi Jacques!

As jy aanhou skiet het op teiken 3 was daar net een groot gat met 4 skote deur!! ;)

Ons wag vir my pa se 243 Howa lisensie.
Waneer hy kom gaan met hom ook so toor!!

Geniet dit. Dis baie lekker waneer 'n geweer so begin print!! Mens bou baie selfvertroue op!
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Dis darem so. Dis net dai ou lot 71 wat n man se bloed sommer laat kook. Maar met die kennis en raad wat n ou hier kry sorteer ons dit vinnig uit. Het die naweek Chasa skiet komp op Vredendal en kan nie wag om te sien wat die 75 Vmaxies maak nie. Selfvertroue is daar, gun is reg, ammo is reg. Wat kan fout gaan? Dai sit posisie op 100m gattie hierdie naweek weer vir my ore aansit nie!
Groete.
Jacques
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jaco123 »

Jacques/Oom Driepoot

Ek het 'n vraag. Ek het ook nou QL gekry en nou kyk ek maar na wat ander manne uit gewerk het om seker te maak ek doen dit reg.

Jacques, ek sien jy het aan die "Ratio of Specific Heat" gestel en Oom Driepoot aan die "Burning Rate Factor".

Waaraan moet ons stel? As ek die BRF stel soos Oom Driepoot sal jy Node 4 slaan met 40.4 gr en spoed 3293 f/s.
243_01042014.png
Groete.
Jaco.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by tripodmvr »

Vind 3 bladsye wat berekeninge toon. EErs kalibrasie en dan berekeninge van die 2 nodes. Jou spoed met 39,1gr was baie konstant en daaruit kan mens nou eers werklik sinvolle berekeninge doen.
Jacques Kotze Howa 243 75Vmax 39.1.JPG
Jacques Kotze Howa 243 75Vmax Node 5.JPG
Jacques Kotze Howa 243 75Vmax Node 4.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Jaco

Ek maakmaar soos wat oom Ludwig beskrywe onder "Kalibrering van QuickLoad". Gaan lees dit deur want dit gee 'n baie goeie basis om vanaf te begin.

Groete
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Louis Kriel »

Dankie Jaques. As al my komponente tot die geweer dieselfde is, kan ek mos hierdie data van jou net so gebruik?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by tripodmvr »

Jacques, jou berekeninge is foutief Jy moet slegs die BRF (burning rate factor) verander om die spoed met die hoeveeheid dryfmiddel te rekonsilieer. Geen ander waardes word verander nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Rudie »

Naand Jacques, net so paar vragies oor jou kalibrering op QL. Ek sien jy het baie verander aan jou Ratio of specific heats en dan is jou shot start pressure ook baie laag. Al die somchem kruite. se Ratio of specific heats is hier by 1.241 rond.
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Rudie »

Sorry! eers na ek my post gedoen het, het ek gesien Tripod het klaar geantwoord oor die kalibrering
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Dankie julle. Sal gaan kyk en so maak. My vraag? Oom Ludwig stel dan voor jy kan verander aan ratio of heats. Moet jy eerder bly by veranderinge aan burning rate?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by tripodmvr »

Jacques Kotze wrote:Dankie julle. Sal gaan kyk en so maak. My vraag? Oom Ludwig stel dan voor jy kan verander aan ratio of heats. Moet jy eerder bly by veranderinge aan burning rate?
Ludwig se plasing is lank gelede gedoen. Die konsensus is dat die verstelling van die BRF die enigste waarde is wat verander om die kalibrasie te doen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Sien... Dit is wat lekkker is van die manne. Mens bly net leer hierso. Thx oom Tripod. Gat nou al my goed weer dubbel check.

Beteken dit ek moet nou weer vir julle prentjies en alles weer opsit, van al my veld toetse ens.? Lol...... ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by tripodmvr »

Jacques Kotze wrote:Sien... Dit is wat lekkker is van die manne. Mens bly net leer hierso. Thx oom Tripod. Gat nou al my goed weer dubbel check.

Beteken dit ek moet nou weer vir julle prentjies en alles weer opsit, van al my veld toetse ens.? Lol...... ;D
Is die spelery dan nie lekker nie? Hier gee ek jou dan rede om meer te gaan skiet. kyk na my nuwe syfers en pas jou ladings aan. Dink die geweer gaan jou nog verbaas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Wat praat oom! Soek verskoning om te gaan skiet. Dankie vir die hulp oom Tripod.
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Oom Tripod.
By die 243... Wat mowt die weighting factor wees? .65 soos QL dit self stel of .5, soos vir bottle necks?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by tripodmvr »

Die WF moet 0,65 wees. Verminder jy hierdie getal word die druk drasties verlaag en kan dit tot 'n gevaarlike situasie lei.

Verander slegs temperatuur en die BRF om by jou omstandighede en spoed aan te pas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: 243 Howa 1500 Heavy Barrel: 75gr Hornady Vmax

Post by Jacques Kotze »

Jis oom Tripod.

Nou ja toe... hier is die nuwe data wat ek uitgewerk het soos oom voorgestel het en ek moet sê, dat oom in die kol was. Ek is net so rapsie weg van oom se berekeninge af, maar dit is omdat ek mos nou die regte looplengtes, doplengtes, ens. ingevoer het soos op my 243 van toepassing.

Ek het eers my lading van 42.6 (met gemiddelde spoed van 3409) gaan gebruik om die S365 Lot 71 te kalibreer (het darem die ander ladings se spoed ook gaan kyk om te sien of dit darem ooreenstem). Hierdie teikens is heel aan begin van post beskikbaar.

QL voorspel 37.53 vir lae "sweetspot" en 40.73 vir die hoër een.
Ek sal hulle so gou moontlik gaan toets (as ons eendag weer Hornady's in die hande kan kry) en die resultate kom wys.

NS: As ek so terug kyk na dai 42 en 42.6gr ladings wat ek gelaai het... agter ander manne se ladings aan, dan kan ek maar net beklemtoon wat daar HEELTYD gesê word... Ladings verskil van geweer tot geweer en van kruit lot nrs.

Dankie vir die goeie raad almal
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply