Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek en my vrou was Saterdag n bietjie op die skiet baan om die gewere in te stel en seker te maak die gewere is reg vir die jag seisoen
Ek sukkel toe om my 303 se groepering beter te kry en die baan beampte kom toe nader en gee my die raad, dat ek moet my 303 laai met 308 punte en dat dit my groepering beter sal maak.
So hier is my vrae aan julle slimme manne
1. Is dit veilig?
2. Gaan dit my loop se lewe vir kort?
3. Gaan dit my groepering verbeter?
Ek en my vrou was Saterdag n bietjie op die skiet baan om die gewere in te stel en seker te maak die gewere is reg vir die jag seisoen
Ek sukkel toe om my 303 se groepering beter te kry en die baan beampte kom toe nader en gee my die raad, dat ek moet my 303 laai met 308 punte en dat dit my groepering beter sal maak.
So hier is my vrae aan julle slimme manne
1. Is dit veilig?
2. Gaan dit my loop se lewe vir kort?
3. Gaan dit my groepering verbeter?
Ek hoor graag van julle
Groete
1. Is dit veilig? JA
2. Gaan dit my loop se lewe vir kort? Heel Moontlik
3. Gaan dit my groepering verbeter? Nie sommer nie.
.303Br se loop is .311, so jy wil koeëls skiet wat 3 thou undersize is.
Ja jy kan dit doen. Veilig, en aanvaarbare groeperings kry vir jagtoestande, maar moet nie teveel verwag nie.
Ek het in my .303Br gejag met PMP 220gr punte(.308). Spoed van 2070vps gekry, en het vlakvarke, rooibok en blouwildebees gejag met goeie gevolg. Die punt waarmee hy die beste geskiet het was n 155gr PMP match(.308).
Wat jy moet doen is om die .303Br se "decapping pin", te vervang met een van .308 dia. en dan net n lading opbou.
In my geweer kan ek ook baie hoër drukvlakke hanteer as die standaard Lee Enfield, en as jy n P14 het sal jy dit ook kan doen.
Dis egter lekker om te eksperimenteer en so leer jy dalk weer iets nuut. Probeer dit as jou nuuskierigheid die oorhand kry. Miskien werk dit goed vir jou. Onthou net om aan die veilige kant te bly.
Ek het opgehou met die praktyk sonder enige rede. Hou maar kaliber by kaliber, dis net makliker.
.303Br se loop is .311, so jy wil koeëls skiet wat 3 thou undersize is.
Geno dit was my punt ook maar wou net seker gemaak het.
Ferdi Hou maar kaliber by kaliber, dis net makliker.
Ek dink ek gaan hom maar net so los en hom geniet soos al die jare hy het my nog nooit in die steek gelaat nie.
Ek mag my feite vreeslik deurmekaar hê, maar ek verbeel my dat James Wilson vertel het van 'n omie wat 308 koeels in sy 303 geskiet het en baie goeie resultate gekry het....
Miskien kan James kom vertel as ek die pot mis sit!
Anton laat meet jou loop se binnekant.
My 303 het 'n 308 loop op hy meet 0.299"
So ek gebruik net 308 punte sonder probleme.
My 303 Remington doppe het nou al 6 keer geherlaai sonder probleme.
Kan iemand my asb die logika van die proses verduidelik? Deur 'n kleiner kaliber koeel te gebruik gaan die koeel mos "bietjie los" deur die loop gaan - hoe verbeter dit akkuraatheid? Ek sou eerder dink dat akkuraatheid sal verbeter deur 'n effens groter koeel deur 'n loop te skiet wat al bietjie uitgewerk is.
Wat ek wel waargeneem het met my pistool is dat effense undersize koeels tumble en ook dat die spoed laer is, waarskynlik agv lae druk omdat dit makliker deur die loop gaan.
Jammer vir die laat reaksie maar ek hoop die .303 manne sal dit probeer as hulle sukkel met groepering.
Doen al die normale dinge eerste soos seker te maak dat jou scope reg en vas is, dat jou loop vry is van enige aanraking aan die hout en dat sneller aksie nie die oorsaak is nie.
Kom dan by die patroon uit waar ek na baie toetse en teleurstellings met verskillende punte geleer het dat jy n langer punt moet gebruik wat stadiger deur die loop gaan. Kyk ook na jou lading of jy nie n ander kruit kan gebruik as die normale 335.
My beste groepering van 18mm kry ek tans met die 200gr Claw met n lading van 38g 355. PMP doppe.
Persoonlik het ek nog nie met die 200gr gejag nie. Het verlede jaar met die 180gr gejag. Het varke en rooibokke gekry. Kon nie een van die punte herwin. Die een rooibok ram het ek van skuins agter, agter die rib in en voor teen die borsbeen uit geskiet. Volle penetrasie met min vleisskade. Daar is ook tekens gevind dat die patroon moes mushroom want die wondkanaal verskil beslis van vorigge wondkanale wat ek ondervind het toe ek nog met die Gameranger van Frontier gejag het.
Dit sou n baie lekker jagpunt vir my wees maar ek het gesukkel met groepering. Beste was 8cm op 100meter. Ek het toe op aanbeveling Andre die Claw die 200gr gekoop en my lading met n ,2gr opgewerk van 36gr 355. Dit was n duidelikke prentjie hoe die groepering kleiner word hoe nader ek aan 38gr gekom het en daarna het die groepering weer oopgemaak. Totale patroon lengte was 78mm.
Dit werk in my .303 maar soos ons almal weet moet elke persoon maar speel tot hy die regte patroon en regte lading kry wat goeie groepring in sy geweer kan gee. Die totale prentjie van slegs goeie resultate met die 180gr Claw's met die verbeterde groepering gee vir my n wen situasie. Dit kom alles neer op beter skootplasing en dus meer vertroue in jou skote. Die diens (aflewering), advies en koste van Claw kan net aanbeveel word. (Nee ek werk nie vir Claw en het geen verbintenis met Andre)
Ek jag ook net in die bosveld en skiet maksimum 150meter skote.