Quad-praat.
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 647
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Quad-praat.
Ek sien hierdie thread is maar baie stil. Ek het die naweek met my Swaer se Yamaha Banshee bietjie gespeel. Dis dalk 'n ou Dinosuar met Emphysema ( 2 stroke ) teenoor vandag se groot kapasiteit 4-slag enjins, maar selfs ek met my dik lyk moet vasklou as daardie bye eers begin zoom :-D. Lekker pret.
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Quad-praat.
Killzone
ja die Banshee is baie onderskat ek weet van n paar groot ouens wat met hulle ry en die goedjies gee gas.
Groette
ja die Banshee is baie onderskat ek weet van n paar groot ouens wat met hulle ry en die goedjies gee gas.
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Quad-praat.
Net n ou wat niks weet nie sal n banshee onderskat. Die banshee is n bja ou ontwerp maar sal maklik sy man staan teen vandag se quads. Die banshee het ook baie sa kampioenskappe agter sy naam! Sy grootste probleem egter is dat sy engin bietjie ver vorentoe is en dit is baie gewig op die voor wiele wat hom swaar laat hanteer. Ek het op n stadium n banshee gehaad wat 0-100km/h in 3.7 sekondes kon doen! Ek het ook verskeie raptors en yfz 450 gehaad en nie een was so vinnig soos my banshee nie. Maar soos ek genoem het maak die banshee se drywer se arms dood en as hy so warm gemaak is hou die engin skaars 100km as jy hom hard ry! n ou van SA af was die eerste quad wat die Dakar klaar gemaak het( wicus van deventer) en hy het op n banshee gery.
Groete
Nico
Groete
Nico
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Quad-praat.
In die Parys/Dakar Tydren, waarskynlik die strafste tydren ter wêreld, vaar Suid-Afrikaners soos Wikus van Deventer op sy Yamaha Banshee vierwiel-motorfiets, Alfie Cox op sy KTM 660-motorfiets van die fabriekspan en Neil Woolridge en Kenny Skjoldhammer in die Mitsubishi Pajero Evolution besonder goed, en almal het vanjaar onder die voorste jaers geëindig.
- hennie
- Newbie

- Posts: 14
- Joined: Sat Jan 19, 2013 11:22 am
Re: Quad-praat.
Wat se quad is ideaal vir plaaswerk. Ek stel nie belng in die chinese goed nie, ek oorweeg op die stadium 'n Kinquad maar sien hulle het in 'n kort tydjie baie duur geword tweedehands.
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Quad-praat.
Yamaha Grizzly,Suzuki Eiger(as jy nog kan kry),Polaris reeks het n paar wat mooi sal werk.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Quad-praat.
Wat van Can Am? Het die naweek in mosambiek met een bietjie Ponta verken en hy het my logge lyf en my seun saam baie maklik hanteer.
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Quad-praat.
Can Am is puik maar as n plaas werks fiets dalk effe duur.Ek het die Can-Am 800 in 4x4 en dit is maar n wilde perd maar ek dink dalk te overkill vir plaaswerk,ook swaarder op sous as die ander wat ek genoem het.JPS wrote:Wat van Can Am? Het die naweek in mosambiek met een bietjie Ponta verken en hy het my logge lyf en my seun saam baie maklik hanteer.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Bosvark Kzn
- Newbie

- Posts: 9
- Joined: Sat Mar 22, 2014 5:12 pm
Re: Quad-praat.
Ek het 'n Yamaha Grizzly 350 4x4 en 'n 700 Grizzly 4x4
Die 350 is bietjie lig in die broek vir die werk wat ek op die plaas doen, maar ek kan regtig die 700 aanbeveel.
As jy tweedehands wil koop, kyk ook na die 660 Grizzly, dis maar basies dieselfde as die 700.
Die 350 is bietjie lig in die broek vir die werk wat ek op die plaas doen, maar ek kan regtig die 700 aanbeveel.
As jy tweedehands wil koop, kyk ook na die 660 Grizzly, dis maar basies dieselfde as die 700.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Quad-praat.
Ek het 'n Suzuki Eiger met min myle op. Bitter lekker fiets, maar die afgelope jaar het ek hom nooit gebruik nie.
Mooi loop
Mooi loop
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Quad-praat.
Daai 400 Eiger is regtig n bul van n quad,my vrou s'n is n paar jaar oud en ek kannie aan een keer dink dat hy gesukkel het om te start nie.Met die 4x4 gaan hy ook maar oorals.Koos Barnard wrote:Ek het 'n Suzuki Eiger met min myle op. Bitter lekker fiets, maar die afgelope jaar het ek hom nooit gebruik nie.
Mooi loop
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Quad-praat.
G-Force
Ek kan maar net by jou aansluit, dis seker een van die beste kope wat ek nog gemaak het. Vir hom sal ek net verruil vir groot geld.
Ek kan maar net by jou aansluit, dis seker een van die beste kope wat ek nog gemaak het. Vir hom sal ek net verruil vir groot geld.
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Quad-praat.
Hennie
Ek sal n Linhai Rustler enige tyd aanbeveel. Ek het 2 van hulle op die plaas. Glad nie n resiesperd nie maar so getrou soos n hond. My fietse werk regtig BAIE hard en ek laai maklik 2 arbeiders en n paar sake lek op. Weet nie wat hulle nou kos nie. Ek weet Polaris versprei die fietse. Hoop jy kom reg.
Groete
Ek sal n Linhai Rustler enige tyd aanbeveel. Ek het 2 van hulle op die plaas. Glad nie n resiesperd nie maar so getrou soos n hond. My fietse werk regtig BAIE hard en ek laai maklik 2 arbeiders en n paar sake lek op. Weet nie wat hulle nou kos nie. Ek weet Polaris versprei die fietse. Hoop jy kom reg.
Groete
