Tyd vir Enkeljakkalsroepe?

Post Reply
Koupjak
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Sun Dec 08, 2013 12:31 pm

Tyd vir Enkeljakkalsroepe?

Post by Koupjak »

Hallo

Dink julle dis al die tyd van die jaar om enkeljakkalsroepe te begin gebruik. Kom agter jakkalse begin hier by ons een-een loop.

Groete
User avatar
Jannie
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jan 28, 2009 5:27 pm

Re: Tyd vir Enkeljakkalsroepe?

Post by Jannie »

Ek het toevallig die week uitgegaan om ’n jakkals te “locate” wat my werkers in die vroeë oggend hoor skree het, twee keer ’n enkeljakkalsroep gegooi en ek dink nog Blackjack Fullhouse agterna en gewag, hy antwoord nie, maar 20 minute later skiet ek die jong reun 70 meter van die bakkie af.
Groete
User avatar
pam
Full Member
Full Member
Posts: 146
Joined: Sun Sep 30, 2012 9:14 pm

Re: Tyd vir Enkeljakkalsroepe?

Post by pam »

Eks nie een van die boffnes niemaar dit raak nou meer na die moeiliker tyd vir roep. Alhowel n enkel roep nog sal werk en n jak of twee sal inkom sal ek eerder nou die standard metode van roep soos deur hein verduidelik nou begin roep. MAW met kos begin en die sessie heelwat later afsluit met n jakkalsroep. Sou ook se as jy nog met jakroepe wil begin sal hierdie die laaste maan wees om dit nog te kan doen. Ek sal nou miskien swartrug2 of blackjack 7 prober. Maar enige enkel jak roep behoort vir nog soo 2 na 3 weke te werk.

Dit gese vriend het gisteraand 4 jakke lat pille eet met has op die mondroeper en jakbaklei.

Ek persoonlik begin al meer met n sappige haas en maak die jakroepe maar minder.

As ek die pot missit dan ten minste gaan ek reaksies op jou post lok :-\ :laugh:
ARMOUR!!! Because the police also needs to call someone
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Tyd vir Enkeljakkalsroepe?

Post by hebron »

Enige jak-roep werk nog hier; ekself gebruik tans baie min kosklanke (net om nuuskierigheid te prikkel) met n paar bakleie sommer gemeng werk lekker. Grotes kom maak sommer 1ste n draai en dan volg die jonges / jy ry maar nader.
Ek hou maar graag by iets wat werk, en ek glo dit sal nog vir n maand +1/2 werk. My beste klank is 15min stilte na jakroepe.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Tyd vir Enkeljakkalsroepe?

Post by cassie_calvinia »

stem saam.
jak roep werk lekker.
ek speel baklei 1 sommer vir so minuut aanmekaar,r net baie saggies, dit werk ook goed nou hier
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply