Kalahari se Quickload vrae

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by tripodmvr »

Kalahari wrote: Spoed gemeet met lading van S335 @ 33.5gr en tpl van 61.15mm
1) 3721
2) 3714
3) 3739
4) 3730
5) 3728
Ek kry nie die foto gelaai nie, rede: "sorry, the board attachment quota has been reached" ??? .
As ek dit gelaai kry, die 2de skoot is die een wat bietjie wyer draai geloop het en dit is ook die een met die laagste spoed gemeet.
Dankie dat ek weer raad kan vra, ek belowe dit is die 2de laaste een. Amper klaar.
Beste
ns: ek gaan nog probeer met die foto.
Vir die 50gr BT - die veilige node is op 3590vps = 32gr S335. Die hoër node is by max druk en ek sal dit nie aanbeveel nie.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by Kalahari »

Dankie oom 3 poot

Ek is vrede met die laer node, sal bietjie laai vorentoe en kyk of die akkuraatheid kan verbeter.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by tripodmvr »

Het nou mooi brief geskryf en weg is hy.

Die 40gr Vmax.

Node is op 3687vps met 33,4gr S335.

Hoër node op 4034vps met berekende 37gr. Begin by 36gr en gaan in 0,5gr op en kyk wanneer jy spoed kry. Druk is 10000psi onder max. Lee gee 4090vps as max in hul boek.

Selfs S355 kan met die' klein gifpilletjie werk en gee nog 80vps meer as S335.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by Kalahari »

Aaaah , dankie oom, nou raak dit interessant 8)
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by Kalahari »

Goeiedag aan almal

Ek is soos gewoonlik weer in Maartmaand besig om ladings reg te kry vir die winter.

Die volgende is my probleem: Ek moet van lotte verander vir die 22.250 , van Lot 687 na lot 680, die lot is ouer omrede ek dit by 'n vriend gekry het wat nie meer herlaai nie.

Inligting vir 22.250 vir 50gr Nosler bt.

Tikka t3 varmint looplengte 603.61mm

Magasynkas 72mm
Loop groefdraai 1:14
Norma dop h2o vol 45.6gr
Max tpl 62.72 mm
Lot nr 680
Primer cci br2 lr
50gr Nosler bt produk kode 39522
TPL 61.05mm (Op beide ladings)
Kruit S335

Ladings geskiet:
32gr
1) 3473 fps
2) 3430
3) 3486

33.5gr
1) 3695
2) 3737
3) 3654

Die slot maak op beide ladings maklik oop en daar is nie tekens van druk op slagdoppe nie.
Ek sal dit waardeer as iemand asseblief vir my kan help met nodes op die 50gr noslers.

Ek het hierdie koeel en ladings laasjaar met oom Marius bespreek (3 poot) en daar was 'n node buite veilige druk en dan een op 32gr vir 3590 fps.
Ek het die lading van 33.5 gr met sukses geskiet met lot 687 S335, maar dit lyk nie of die lading gaan werk met die lot 680 nie. Foto van die 32gr lading aangeheg. Die groep van 33.5gr nie geneem nie, maar is seker so 20mm op 100m.
Ek sal dit waardeer as iemand my kan help asseblief, dit is my veldskiet lading en springbok skiet lading vir die winter.
Baie dankie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by Kalahari »

Hallo , weer ek ++>:

Manne hier is die volgende een: Ek het laasjaar maar eers die 40gr v-maxe weggepak, maar nou uitgehaal na Cassie se mooi skoot met die 40gr noslers op die jakkals en ek gaan volgende week so 30 000ha in die diep Namib langs die resevate vir jakkalse besoek >:+

Die gegewens vir die 22.250 is presies dieselfde soos in die vorige post, al wat verander is die lading en koeel met die spoed wat geskiet is.
DUS:

Koeel 40gr vmax met S335 en 36gr en tpl was 60mm met 'n max tpl van 61.49 in my geweer.

Lading 36gr:
1) 4166
2) 4171
3) 4182

Nou ja, ek vermoed die lading is bietjie styf, die primers het druk gewys, maar die slot nog steeds baie maklik opgemaak.
Ek hierdie lading ook met oom Marius bespreek 2013, maar weereens was dit 'n ander lot 687 gewees.
Die node hier (boonste node!!) 4034 met 37gr s335.
Ek sit met 250 van hierdie ertjiepitte wat ek graag wil op die pesdiere n' lading voor hê wat vinniger is as my 50gr noslers. Ek weet julle sal seker vir my sê van looplewe ens, ek wil nie die roer opskiet nie, maar net iets hê wat lekker plat is van 150m na 300+ (miskien 350m). Ek gebruik wel my z6 met die brh kruis en swarovski se ballistieke program om die afmik merke uit te "meet".

Aangeheg is foto van die groep en ook van die doppe sodat julle kan help kyk of druk baie hoog is.

Nogmaals dankie dat ek kan vra vir julle hulp. Waardeer dit.
Ek kan die laaste skoot (flyer) roep, het geflinch en gepluk, so dit is hoekom ek heelwat van die lading hou.

Die middelste dop is die lading van 32gr s335 wat ek met die 50gr nosler geskiet het, net om 'n vergelyking te tref tussen die ladings. Die 2 doppe weerskante is met die 36gr s335 en 40gr vmax geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by cassie_calvinia »

daai dope lyk mooi! my lading is 37.7gr.
ek het ook nou 300 v-maxe gekoop. glo my, jy gaan nie terug kyk na dit nie!!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by Kalahari »

Dankie Cassie, ek weet nou net nie volgens QL wat die druk sal wees nie. Die doppe is vir my nie so erg geslaan nie, maar ek moet ook sê ek het self nog sulke doppe gesien om te kan sê wat is te hoe druk nie.

Ek glo die koeeltjies sal lekker skiet.
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by Andrew Leigh »

Kalahari wrote:Alweer ek ::)
Terwyl ek nou met die probleem kinders besig is, kom ek sit maar nr 2 ook by.
Geweer: Zastava .223
Looplengte: 652.33mm met 1:12 twist
Magasynkas lengte: 58.25mm
Hornady dop H2O vol: 31.4gr
Kruit: S321 Lot nr 234
Primer: CCI BR4 SR
Max tpl: 57.63
Koeel: Hornady 40gr v-max (produk kode 22241

Spoed gemeet: lading 27gr S321 met tpl 57.37mm
1) 3706
2) 3713
3) 3693
4) 3737
5) 3774
Ek is nie baie mal oor die Hornady doppe nie, het hulle geweeg en die gewigte is maar redelik verspreid in die lot van 50 doppe, so ek dink die doppe speel ook groot rol in die swak resultate sover. Met 50gr Noslers is ek baie tevrede, maar ons kom nog by hulle.
Die groep:
IMG_1169.JPG
Baie dankie dat ek raad op die forum kan vra met die probleemkinders.
Ek dink dat jou "action screws" los is. Die tweede group is a 'n klassieke voorbeeld van dit of jou geweer gly sywarts op die sandsak. Die eerste group wys ook tekens van skroewe vat nie behoordlik vas is..
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Kalahari se Quickload vrae

Post by Kalahari »

Dankie Andrew, ek sal bietjie gaan kyk en seker maak.
Post Reply