Toerusting toets
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Toerusting toets
Ek wil die naweek my toerusting gaan toets op 'n nag jag nou moet die weer net saam speel en 'n bietjie droee weer sal baie waardeer word en die bakkie net sy laag camo kry dan is ek reg
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Toerusting toets
Jy sal waders vir jou bakkie moet kry. Die veld is sopnat en 'n permanente staanplek vir die aand is baie moontlik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Toerusting toets
hoop maar ons kan uitgaan ek sal maar baie mooi kyk waar ek ry
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Toerusting toets
Geniet maat Hoop alles werk mooi
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Toerusting toets
Ek het gister my toerusting gaan toets en het met gemengde resultate terug gekom . Die stoel en roeper kry 100% maar my beligting het vir 'n bol bollie gegaan die lf werk mooi maar die omhulsel wat ek voor op gesit het het nie die grade gemaak nie en het sommer vroeg aand los gekom en het veroorsaak dat ek nie mooi deur die scope kon sien nie omdat die lig te groot kol gegooi het en alles verlig het die maan was ook te helder en my bakkie het soos 'n glow in the dark uitgestaan met cammo en al die bakkie was groen gecammo maar ek sal liewer na bruin gaan volgende keer Ek het darem so 4 waaier stert meerkatte die ewigheid ingestuur die middag met afstande wat gewissel het van 3 meter tot 150 meter plus. Al was die toets nou nie soos wat ek wou gehad het nie was dit nod steeds lekker gewees in die veld .Die enigste jakkals wat ons gesien het was toe ons uit die plaas gery het hy was seker so 20 m van ons gewees maar toe was die gewere klaar gebere
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: Toerusting toets
Plak daai omhulsel om die LF met ductape vas dan kom hy nie weer maklik los nie. Ek het n rol wat permanet in my jakkals box is net vir ingeval iets verkeerd gaan.
En dis hoekom ek eers my geweer weg sit net voor ek uit die boer se grond hek ry. Al te veel sulke jakke gekry wat vir jou sit en wag dat jy ry sodat hulle weer baas van die plaas kan wees.
Ek het al so voor op die wa jakkals gekry wat vir my op so 30m gesit en kyk het terwyl ek die roeper, en toerusting reg kry om te begin roep. Weet nie wie het groter geskrik toe ek lig nie ek of die jakkals.
Ergste van als was ek het so +-10m van hom af verby gestap om die roeper uit te sit want van daar af was ek direk op die stoel en wou een keer lig net om te kyk als is reg voor ek die natuur 20min kans gee om rustig te raak.
Dis darem maar die lekker lewe van n jakkals jagter of jy dit nou voltyds doen of net n "weekend warrior" is want elke keer is dit anders.
Groete
Arno
En dis hoekom ek eers my geweer weg sit net voor ek uit die boer se grond hek ry. Al te veel sulke jakke gekry wat vir jou sit en wag dat jy ry sodat hulle weer baas van die plaas kan wees.
Ek het al so voor op die wa jakkals gekry wat vir my op so 30m gesit en kyk het terwyl ek die roeper, en toerusting reg kry om te begin roep. Weet nie wie het groter geskrik toe ek lig nie ek of die jakkals.
Dis darem maar die lekker lewe van n jakkals jagter of jy dit nou voltyds doen of net n "weekend warrior" is want elke keer is dit anders.
Groete
Arno
Gamo CFX .177
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
Glock 17 Gen4 "Tupperware"
Howa 22-250Rem "PisDruppel"
Howa 308Win "Gradeboog"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Toerusting toets
Nico,
Gaan kwekery of hardeware winkel toe en koop 'n 180mm blompot (as jy die LF170 het).
Hulle lyk so:
https://www.floristsuppliesuk.com/DocStore/Product/Large/plantpot.jpg
Sny die bodem uit en tape die pot op jou lig vas. Goedkoop (+-R10), lig en effektief.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/20131110_044949_LLS.jpg
Gaan kwekery of hardeware winkel toe en koop 'n 180mm blompot (as jy die LF170 het).
Hulle lyk so:
https://www.floristsuppliesuk.com/DocStore/Product/Large/plantpot.jpg
Sny die bodem uit en tape die pot op jou lig vas. Goedkoop (+-R10), lig en effektief.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/20131110_044949_LLS.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Toerusting toets
Ek het so pot op my soeklig gesit maar wou nie sommer 'n"pot"op die lf sit nie ek sien jou pot se bodem kant wys voorentoe sal dit 'n verskil maak as die oop kant voorentoe wys?
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Toerusting toets
Die taper na voor is juis om die gloed weg te kry en net die spot deur te laat. As hy andersom is, is daar geen punt van 'n pot op jou lig nie.
Goed, beter, 6millimeter!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Toerusting toets
ok maak sin so dis "back to the drawing board"
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Toerusting toets
Nico behalwe vir pot oor lig skuif ek n silinder oor scope( m.a.w ek verlang hom )en plek onderste helfte toe tot onder haarlyn.Help ook om weer kaatsing weg te hou.
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Toerusting toets
Saterdqag aand het ek op 'n stadium 'n paar oë opgetel wat stadig na die roeper se kant toe beweeg het elke nou en dan was die oë weg net om later weer sigbaar te wees Ek vermoed dat dit 'n rooikat kon wees maar kon nie die dier identifiseer nie wat sal julle slim manne sê.
- Abrie Smit
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am
Re: Toerusting toets
Geno, ek laaik jou bakkie. Waar kan 'n mens dit laat doen. Ek is reg as ek se dat dit geplak is.
Mooi dag
Mooi dag
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Toerusting toets
Kan ook net se die blompot werk mooi
Beretta
Beretta
