Jag plek beskikbaar Liansburg

Adverteer jagte hier gratis/ Advertise hunts here for free
Post Reply
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by william007 »

Hier is die datums wat beskikbaar is vir jag

15-18 Mei 2014
22-25 May 2014
19-22 Junie 2014
3-6 Julie 2014
24-27 Julie 2014
14-17 Aug 2014

Groep moet 10 - 14 mense wees
Plaas het 3 baie groot kampe

Baie mooi wild daar is alles van gemsbok eland ens
gee die man gerus n lui

Julle kan vir Gerrie kontak vir meer besonderhede by
0828979494
agsmith@vodamail.co.za
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by henning »

Waar de duiwel moet ek dan nou 10 tot 14 mense in die hande kry om saam met my te gaan jag?

My eerste reaksie was Lainsburg, hier is n geluk, lekker naby aan die Kaap.

Maar nou kom neuk jy met my hele kerk gemeente saam bring, en waar is jou pryse?
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by william007 »

Ha ha ha ha jammer man dis nou hoe die manne die ding wil gedoen he ,ek het net die post vir gerrie hier opgesit

hier is van die pryse wat hy deur gegee het maar julle moet hom maar kontak vir meer besonderhede

Geen springbokke
Gemsbokke R4000
Koedoe R3500
Eland R5000
en dan jag bakkie is R450 per dag vir 4 personne en dan is daar nie jag en slag dagfooi nie

Ja dis nou n jammer dat hy so baie jagters op n slag soek maar dis nou maar om die koste te dek.
User avatar
Gerrie Smith
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by Gerrie Smith »

Dag Manne. Die plaas het 3 PH's, 3 bakkies en slaap plek vir 16 mense. Die boer wil graag almal besig hou gedurende die jag seisoen. Dit 3 groepe van 4 jagters wees of 6 van 2 - maak nie saak nie. Elke groep jag op hulle eie, in hulle eie kamp en slaap op hulle eie! Enigste vereiste is 10-14 man en geen cowboys nie.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by alecjohnson »

kan mens minder wees? stel dalk belang in Augustus....

Skuus lees nou die boonste post:'(
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by william007 »

Hello Gerrie ja jy kan sommer die manne nou self verduidelik
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by henning »

Gerrie Smith wrote:Dag Manne. Die plaas het 3 PH's, 3 bakkies en slaap plek vir 16 mense. Die boer wil graag almal besig hou gedurende die jag seisoen. Dit 3 groepe van 4 jagters wees of 6 van 2 - maak nie saak nie. Elke groep jag op hulle eie, in hulle eie kamp en slaap op hulle eie! Enigste vereiste is 10-14 man en geen cowboys nie.
Verstaan ek reg dat een groep van 4 jagters kan dan bespreek vir n jag en dan kan ander vreemde jagters maar bespreek oor diesefde tydperk.

Ek wil net uitklaar of daar van my verwag word om te bespreek vir al die jagters of nie?

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by Sakkie Rust »

Hi Gerrie
Ek stel ook belang as mens 4 jagters kan bespreek vir die 24ste tot 27ste jullie , as ek reg verstaan en dat ander jagter die ander 8plekke bespreek op dieslfde datum.

Ons groep van 4 jag mos in n aparte kamp met verblyf ?

Groete Sakkie
User avatar
Gerrie Smith
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by Gerrie Smith »

Dis reg ja, ek sal probeer om die res van die plekke vol te maak of sommer self te gaan - die ideale getal is 10, maar ons maak soos ons kan - nie soos ons wil nie!
User avatar
Sakkie Rust
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Fri May 18, 2012 8:29 am

Re: Jag plek beskikbaar Liansburg

Post by Sakkie Rust »

Gerrie
Ek het vir jou n epos ook gestuur , ek stel regtig belang vir daardie nwk van die 24ste. Jy kan my epos dan kan ons verder gesels, of ons kan bymkaar uitkom en gesels sien jys ook van die Paarl.

Sakkie
Post Reply